Grahamstad se naam verander ondanks besware

Nathi Mthethwa. Foto: Facebook

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het aangekondig dat die naamsverandering van Grahamstad in die Oos-Kaap sal voortgaan ondanks die besware wat teen dié verandering ontvang is.

Mthethwa het in ʼn verklaring gesê dat hy finaal besluit het om Grahamstad se naam na Makhanda te verander. Die minister het einde Junie die nuwe naam in die Staatskoerant gepubliseer waarna hy 332 briewe ontvang het van persone wat teen die naamsverandering gekant is.

Mthethwa het destyds gesê meeste van die besware was oor ʼn “gebrek aan konsultasie”, “koste-implikasies” en “historiese sentimente”.

Die minister het die besware na die Suid-Afrikaanse Geografiese Naamraad (SAGNC) verwys. Volgens Mthethwa het hy egter ʼn finale besluit geneem om die naam na Makhanda te verander nadat hy die besware in ag geneem, advies van die SAGNC gekry en daaroor besin het.

“Daar is ag gegee aan die historiese sentimente en argumente rondom erfeniswaardes. Hoewel dit inderdaad die departement se mandaat is om ons erfenis te bevorder en te bewaar, kan ons nie toelaat dat hierdie sentimente die regering se transformasie-agenda oor die land se erfenislandskap ondermyn nie.

“Standaardisering van geografiese name vorm deel van ʼn breër regeringstransformasieprogram om aandag te gee aan die wanbalanse van die verlede. Dit vorm deel van die simboliese herstelwerk soos deur die Waarheids-en-versoeningskommissie aanbeveel,” het Mthethwa gesê.

Grahamstad is vernoem na lt.kol. John Graham wat volgens Mthethwa ʼn naam is wat “ondenkbare pyn oproep”.

Makhanda was ʼn Xhosa-kryger, filosoof en profeet. Hy het ook as Nxele bekendgestaan. Volgens Mthethwa was Nxele op Robbeneiland in die tronk en het op 25 Desember 1820 verdrink toe hy probeer ontsnap het.

“Die naamsverandering van Grahamstad na Makhanda sal verseker dat die herinnering aan Nxele verewig word, en regtens so,” het Mthethwa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Johann ·

Ten spyte van logika en feite, ten koste van… terwille van n ANC LEGACY van absurde geldmors verkiesings propaganda!

Bernard Hellberg ·

Onlangs daar verby; nou vuil en agterlik genoeg vir ‘n toepaslike naam?

Wakanda_haha ·

Die ou het (black panther) so baie gelike hy moes net die naam iewers gebruik ;)

Die waarheid ·

Die bus sonder remme en bestuurder is besig om spoed op te tel teen die afdraende af. Dit wil lyk asof dit ook reeds te laat is om uit te spring.

Fortis ·

Ek stem, Bernard – ek was in 2012 laas in Grahamstad en dit was toe al ‘n nes van agterlikheid en verrotting. Ek reken dus die naamsverandering is gepas om dié ‘status’ van die dorp te weerspieël.

Annie ·

Ja nee en daar betaal die belastingbetaler weer vir die nuwe gier van die ANC… totale geld vermorsing…

Onnodig ·

Historiese sentimente? Wat anders as historiese sentimente is julle beweegrede?

Elmer Swanepoel ·

Die ander naam word al lankal deur SABC2 in die weerverslag gebruik.
Snaaks dat ons Grahamstown verafrikaans het maar nooit King Williamstown nie.

Geronimo ·

‘n Koekkoek voël bou nie sy eie nes nie – hy gryp bloot die nes van ‘n ander. Kan hierdie mense nie self iets skep of bou en dit na hulle “helde” vernoem nie?

Boerseun ·

Is dit die eerste engelse dorpsnaam wat verander word? Kan dit nie glo nie! Dog die Xhosa’s se haat vir die Boere is groter as vir die Rooies. Seker omdat die Engelse destyds die ANC-terroriste in London soos goud opgepas en ondersteun het.

Cherokee ·

John Graham was ‘n Britse soldaat wat teen die boere was, alhoewel hy het tog met ‘n Afrikaanse vrou getrou. Nou is dit weer verander na die naam van ‘n ander wat ook teen die boere geveg het. Interessant dat die Afrikaanse gemeenskap nie so opgeskeep was met name en naamsveranderinge nie. Ek hoop Durban bly Durban.

Hoc est bellum ·

Die omliggende dorpe is seker volgende: Somerset-Oos, Cradock, Bedford, Adelaide … Ironies word die koloniale taal van Engels orals in jou keel afgedruk. Hoekom? Die Afrikatale het nie genoegsame woordeskat van hul eie nie. Hemp in Xhosa is ihempe, broek is ibhulukwe, tafel is itafile, ens. Interessante tye!

Anoniem ·

Die ANC doen Suid-Afrika onddenkbare pyn aan met hul geploeter.

Andre ·

Dom as jy die see wil aandurf vanaf Robben eiland as jy nie kan swem of n boot het nie.

Elsa ·

Nog nooit van die ou gehoor nie…. Waar grawe hul al die stories uit?
If you keep looking back to the past, you will never see the future

Gollie ·

Nee dan moet jy versuip,waar kom hy nou in die prentjie.ANC is ‘n sirkus op sy eie.

Jacques ·

Wat n geld mors stap . Plaas word daai geld gebruik om die skole , hospitale , regering geboue ens op te knap . Nou word dit op iets gebruik omdat hulle nogsteeds vasklou aan die verlede . Siestog , word groot en kom oor dit .

tamboti ·

Dit is hartseer maar ek is lankreeds oortuig dat ons voormalige mooi dorpe en stede nie meer die mooi/gewone name werd is nie. Ashoop Riooldam Scrapyard Gutters Sodom Gomorra Wastelands $@$huis Schaktown Swaapstad en ja name van tronkvoels en terroriste is nou meer gepas vir die ANC ontspoorde land en statte waarin ons woon.

Ekke ·

Al genoegdoening wat die ANC kry, is om in die verlede te leef. Hulle weet nie van vorentoe kyk en positief aanbeweeg nie. Siek spul!

Koos de Meyer. ·

Hulle maak wat hulle wil e n so grawe hulle ‘n gat vir hulle self. Pateties.

Mors van Geld ·

Ai maar ons ANC Regering weet presies hoe om geld te mors met sulke onnodighede. Plaas hulle na die mense kyk wat geen dienste het in die area nou spandeer hulle.

Stuiwer ·

Hoewel ‘n plek se naam kan verander, kan die erfenis nooit verander word nie. As die regering se beleid van gelykheid ernstig opgeneem moet word, moet ALLE belangegroepe in ag geneem word. ‘n Mens gaan nooit almal tevrede stel nie. Deur Grahamstad se naam te verander, gaan daar nou weer ontevredenheid wees by sommige mense. My voorstel aan die regering is om alle name neutraal te hou. Sodoende word geen groep bo ‘n ander bevoordeel nie.

Celtis Africana ·

“… kan ons nie toelaat dat hierdie sentimente die regering se transformasie agenda oor die land se erfenislandskap ondermyn nie.”
Daarin lê die wese van die aangeleentheid. Die oppergesag van die transformasie agenda wat alles uit sy pad stoomroller.
Binne die volgende kwarteeu is alle getuienis van van historiese blanke teenwoordigheid uitgewis deur n doelbewuste program van gedwonge vernietiging.
Dít, laat mens onwillekeurig met die vraag hoe ons as minderheidsgroep die volgende kwarteeu gaan oorleef?
Menslik gesproke is die aanslag teen die taal, kultuur en opgeboude bates net te groot en die balans van mag, oorweldigend!
Dit laat die gedagtes onwillekeurig teruggaan na die 16 de Desember 1838, toe n groepie trekkers beslissend gestaan het voor totale vernietiging…

Stuiwer ·

‘n Mens kan nie aanbeweeg sonder vergifnis en aanvaarding nie. Sonder dit, lewe ‘n mens ‘n bitter lewe vol haat. Dit het nog nooit vooruitgang teweeggebring nie. Ek wens die regering wil dit besef.

Ray ·

Interessant hoe die WVK nou opgebring word. Sjoe die skip draai stadig en net wanneer dit die ANC pas. Seker nie genoeg stemme in daai area gekry met die laaste verkiesing nie.

Stuiwer ·

Snaaks, hy is in Uitenhage in die Oos-Kaap gebore. Waarom dan Grahamstad na hom vernoem.

Di ·

Laat hulle al wat ‘n plek en straat naam verander ek is min gepla. Hulle mors net die geld op onbenullighede! Dit sal in elk geval NIKS help om hierdie land te red van totale ondergang nie.

Ondenkbare PYN ·

Dit gee my weer ‘n ONDENKBARE pyn. Snaaks dat mense wat nie eers weet na wie die dorpe vernoem is nie, skielik ONDENKBARE pyn beleef. So word Tzaneen se naam verander, sonder dat iemand eers weet wie of waar of wat dit was .. Dit gaan NIE oor inklusiwiteit of oor PYN NIe, dit gaan oor UITSLUITING en VERNIETIGING Van alles wat blank was … ons is nie so stupid om te dink dit is nou meer INKLUSIEF Nie . watter wit persoon word by die naam ingesluit???

liefie ·

Ek sien Willian Nichol-laan in Sandton-omgewing
se naam word ook verander. Hopelik word die pad herstel ook sodat ons kan sien waar ons ry.

Stuiwer ·

Dis lekker om bietjie humor ook hier raak te lees. Goeie een!

AnnaD ·

Al noem ‘n mens die Hel eerder die Paradys, dit bly nog steeds ‘n warm en ongewensde plek …

Penellope Jones ·

“”Spiteful” en ‘n afwesigheid van logika en respek.

Van ·

Ek het al die kommentaar hierbo gelees en stem saam. Na 1994 is ons op een groot afdraende pad! Die toekoms lyk duister. Tog dink ek nie ons moet op moedverlore se vlakte gaan sit nie. Nee, Een is in beheer naamlik ons drie eenige God. Ja, Hy bring swaarkry oor ons maar ons weet dat Hy met die beproewing ook krag gee en ons als ten beste beskik! Tegelykertyd roep Hy ons op om nie op moedverlore se vlakte te gaan sit nie en ook nie ‘n volstruis politiek toe te pas nie. Nee, ons moet iets doen! Maar wat? Eerstens om ons naaste lief te hê soos onself. Ja, self ons vyande lief te hê. Sal ek ooit Jukius Malema kan liefhê? Nie vanuit myself nie. Nee, ek wil hom haat net soos hy my haat! Maar dan vergeld ek kwaad met kwaad! Nee, ek moet my ingsteldheid verander. Prakties en opsommend sal ek my houding teenoor die swartmense en ons regering moet verander. Prakties omdat God dit van ons vra en tweedens omdat dit die enigste oplossing is. Dit gaan moeilik wees ja, maar watter alternatief is daar? Kom elkeen van ons probeer dit doen en saam as reenboog nasie mekaar help. Nie net om saam te werk vir ons eie gerief en geluk nie maar saamwerk in die geloof. Dan sal ons onsself moet bekeeren God dien soos Hy dit van ons vra en so ook die evangelie uitdra na ons swart naaste!

Casper ·

Reënboog nasie? Ek het die reënboog al baie gesien, maar nog nooit die swart in hom gesien nie.

Stuiwer ·

Suid-Afrikaners moet meer verdraagsaam wees teenoor mekaar. Kulture verskil, en ons moet dit erken. Selfs Christene se standpunte verskil, dis hoe moeilik dit is om mense te verenig. Die hoop beskaam egter nie. Dit help nie om kwaad met kwaad te vergeld nie, maar dit help ook nie om net die hele tyd die ander wang te draai nie. Mense moet verantwoordelik gehou word vir hul verkeerde optrede.

Johan ·

Eerstens Makhanda herroep ook vir my “ondenkbare pyn van die verlede” presies soos Graham vir sekere ander mense pyn bring.

Tweedens is daar fout in die proses as die finale besluit by ‘n INDIVIDU is. Net soos die Minister van Justise finale besluitnemingsmagte het oor parool. Geen individu mag sulke magte kry nie. “Finish en klaar”.

Schalk ·

Janee…. Kom ons vernoem alles na kriminele. Dis mos die tiepe mense waarna die nuwe regering leiers opkyk! Kyk wie kan die skelmste wees en wie was die langste toegesluit….. Dan vernoem ons dorpe en stede na hulle! OF MAAK HULLE SOMMER PRESIDENT

Afrikaanse Knaap ·

Ek sal graag wil weet aan wie die ondekbare pyn toegedien is?

GM ·

Dit ‘roep ondenkbare pyn op’ as ek dink aan al die belastinggeld wat op onnodige goed vermors word. Werkskepping, opvoeding, en geboortebeperking-inisiatiewe is baie meer nodig.

humor ·

Die waarheid ek stem saam. Die bus sonder remme spoed voort. n Mens wens soms alles wil nou verby gaan en tog klaarkry. Hierdie stryd van magsoorwig sal voortgaan tot die laaste dag al is daar nog net een Blanke Afrikaner siel oor. As die vorige onderhandelaars tog net na vore wil tree en aan ons wil se in watter boek kry ons daardie magte en teenwigte.

Jan Maritz ·

Weet niks ! Kan nie sinvol regeer nie !
Kan nie beplan vir die toekoms !
Het die mag om ‘n naam te verander
Dra niks by om sake vir mense te verbeter nie ! Tragies

ne ·

Alle name wat verander word begin met ‘n “m” 0f ‘n “e-m”
Babelse verwarring om te weet waar jy moet uitkom. Onthou tog om die volgende dorp na Mbeki of Zuma te vernoem. Daar is nou vir jou ondenkbare pyn….

Oom Kalahari ·

Verander alles want kwansuis gee alles jul ‘n pyn en herinneringe van verdrukking. Die ou Mthetwa is so ‘n blanke hater en ongeag of enige petisies ingedien word maak hul ANC mos soos hul wil. Wie is die Nxele kwansuis, nooit van gehoor nie. Waarom word plekke en strate nie na die Khoi en San gemeenskappe vernoem wat die regmatige en oorspronklike inwoners van hierdie land is nie.
Nog nooit kon die ANC ooit iets ontwikkel vir hulself al het hul eie grond gebiede gehad om hul eie standbeelde, Universiteite, Kolleges, hospitale ens te ontwikkel nie. Daarom is daar in die wereld verskeie kuluur groepe waar jy Nasies het en dan ook Stamme en Faksies kry. Laat die aasvoels oral hul verorberinge geniet, want die karkas moet klaar en opgedroog raak. Mtethwa, noem sommer Durban as Dingaanstad of Shaka Zulu Town. Grahamstad is al lankal verander soos die weer op SABC2 toon as Mkanda. Wat van noem dit Nkandla soos per ons eervolle President en Ikoon wat ons gehad het. Hierdie naamsveranderinge het nou ook vir my al 24 jr van verdrukking baie hartseer en pyn gebring en sal dit nou verander asb,

rene ·

ANC leef net vir hulself en in die verlede.
Kan net geld mors.

Emma ·

ANC wil he ons moet kwaad word sodat daar gese word sien, hulle is rassisties. Daar is n gesegde in Engels. Small things amuses small minds. So change the names all you like as the towns and cities are already looking atrociously dilapidated. Nothing to be proud of.

fryingfrog ·

Sal graag wil weet van watter “ondenkbare pyn” van die swartmense hier sprake is. Volgens my was Graham daai Engelse lat wat ‘n spoedrekord met ‘n perd aangeteken het om ‘n verslag oor/teen die Boere by die Britte af te lewer!!

Re ·

“Wanbalanse van die verlede”, my hel, gaan hulle ooit daaroor kom? Gooi net weer, soos altyd, geld weg (kan jy sê ‘belastingbetaler’?) op sinnelose naamsveranderings om sogenaamde “wanbalanse” (wat ‘n eufemisme vir die uitwissing van wit geskiedenis) van die verlede te herstel. Ek is so bly ek het na Duitsland emigreer en hoef nie langer in ‘n land te lewe wat tot in die afgrond in regeer word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.