Gramadoelas-gasteboeke aan museum verkoop

Gramadoelas-gasteboeke. Foto: Stephan Welz & Kie afslaers

Gramadoelas-gasteboeke. Foto: Stephan Welz & Kie afslaers

Die gasteboeke van die Gramadoelas-restaurant in Johannesburg is vir R200 000 aan ‘n museum verkoop.

“Dit is aan die Peacemakers-museum op die Nelson Mandela-plein verkoop, so dit sal in ‘n stadium beskikbaar gemaak word om deur die publiek besigtig te word,” het Savo Tufegdzic van die afslaer Stephan Welz & Kie gesê. “Ek is baie gelukkig hieroor want as ‘n private versamelaar dit gekoop het, het ons dit dalk nooit weer gesien nie.”

Die gasteboeke bevat opmerkings en handtekeninge van plaaslike en internasionale akteurs, politici, musikante en koninklikes. Tufegdzic sê mense skryf sedert die opening van die restaurant in 1967 in die gasteboeke. “Sommige mense het dit geteken, ander het prentjies geteken en ander het gedigte geskryf. Dit is iets wat jy vir jouself moet sien. Dit kan nie verduidelik word nie.”

Oudpresidente Nelson Mandela en FW de Klerk, Walter Sisulu, sir Richard Branson, oud Amerikaanse president Bill Clinton, Denzel Washington, Will Smith, Charlize Theron, Lucky Dube, Brenda Fassie, Stevie Wonder en koningin Elizabeth II is van die bekendes wat se handtekeninge in die gasteboeke verskyn.

Gramadoelas-restaurant het in 1967 deur Brian Shalkoff en sy lewensmaat Eduan Naude begin. Die restaurant het egter verlede jaar sy deure gesluit nadat Shalkoff erg aangerand is tydens ‘n huisbraak en later oorlede is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.