Grasietydperk vir rybewyse wéér verleng

(Foto: Maroela Media)

Die grasietydperk om rybewyse te hernu binne 30 dae ná die einde van die ramptoestand, is weer verleng. Dit beteken dat die betrokke motoriste tot 5 Mei 2022 het om hul rybewyse te hernu.

Maroela Media het vroeër berig die rede vir die verlenging van die sperdatum is omdat amper die helfte van rybewyse wat verval, weens vertragings by lisensiekantore nog nie weer hernu is nie.

Alle leerlinglisensies, rybewyse, tydelike rybewyse en professionele bestuurspermitte wat tussen 26 Maart 2020 en 31 Augustus 2021 verstryk het, is dus nog tot 5 Mei 2022 geldig.

Die aankondiging deur Fikile Mbalula, minister van vervoer, is Dinsdag op Twitter en tydens die bekendstelling van die Paastyd-veiligheidsprogram bekendgemaak. “Ons maan die betrokke persone om hul rybewyse te hernu. Die einde van die ramptoestand beteken dat ons nie meer kennisgewings kan uitreik om die grasietydperk verder te verleng nie.”

Dit volg ná hy aan die begin van Maart duidelik gestel het dat hy nie weer die sperdatum gaan verleng nie.

Mbalula het vroeër sy kommer uitgespreek oor die spoed waarteen die lisensies hernu word. Volgens Mbalula is sowat 1,4 miljoen uit 2,8 miljoen rybewyse wat verval het, nog nie hernu nie. Teen Augustus het dié getal op 1,2 miljoen gestaan.

Mbalula het vroeër ook aangedui dat die departement navorsing wil doen om die huidige hernuwingstydperk van vyf jaar dalk te hersien.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het vroeër ʼn beroep op die minister gedoen om ’n langtermynoplossing vir die bestuurslisensieprobleme te kry. Wayne Duvenage, hoof van Outa, meen die uitstel is nie genoeg nie en dat Mbalula dié tydperk moet gebruik om regulasies te wysig om dit moontlik te maak dat bestuurslisensies eers na 10 jaar verstryk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SjN ·

Nog n bewys van vervalling soos tans in Alle departmente, kundigheid ontbreek, stel mense aan wat die werk kan en wil doen.

Blikkies ·

Dit is waar wat jy sê, maar dit gaan nooit in my leeftyd in hierdie land gebeur nie, en ek is nie oud nie.

Bart-Man ·

Ek sal daarvan hou as ek glad nie weer hoef te hernu nie.

Jacobus ·

As die minister net EEN goeie rede verskaf, hoekom jy jou bestuurderslisensiekaart elke 5 jaar moet hernu, dan sal meer mense dit geredelik doen. Dit bly slegs ‘n geldmaak foefie van die ANC regering en dit bereik andersins niks. Onwettige lisensies bestaan voort, padveiligheid stort in duie. Bestee eerder die tyd en geld om mense basiese padreëls te leer. Die beamptes wat nou sit en oë toets, kan aangewend word om onpadwaardige vooertuie van die pad te haal.

ES ·

Julle kan ons maan tot julle blou in die gesig is – dit verander nie die feit dat daar geen datums beskikbaar is op die NATIS sisteem vir die hernuwing van lisensies nie. Komplimente van cANCer.

domheks ·

en ek dog die agbare minister het gese dit is die LAASTE verlenging! Kry eers die sisteme in plek voor jy begin groot praat! P A T E T I E S E anc regering!

Maya ·

Dit sal ook n nogal help om te probeer hernu as die stelsel nie aanhoudend af is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.