‘Gratis data vir SA’, sê minister

Minister van kommunikasie en tegnologie, Khumbudzo Ntshavheni. (Foto: GCIS)

Suid-Afrikaanse huisgesinne kan dalk binnekort ʼn maandelikse databundel van 10 GB deur die regering toegestaan word in ʼn poging om tegnologiese vooruitgang te bevorder.

Só het die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Khumbudzo Ntshavheni, Dinsdag in haar toespraak tydens die debat oor die staatsrede onderneem.

Ntshavheni het gesê alle burgers sal toegang tot die internet verkry omdat dit deesdae as ʼn kernbehoefte beskou word.

Vooruitgang in tegnologie soos 5G en die beplande vrystelling van waardevolle dataspektrum sal daartoe lei dat die regering “voorgeskrewe minimum data” aan huishoudings kan bied.

“Data het ʼn nuwe nuttigheid soos water en elektrisiteit geword,” het sy gesê.

“Die een of ander tyd sal ʼn Suid-Afrikaanse huishouding, of hulle ryk of arm, werkloos of werkend is, toegang tot 10 GB data per maand gegee word, want dit is wat die regering sal lewer.”

Ntshavheni het bygevoeg dat die departement, in samewerking met die onafhanklike kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Icasa), gaan toesien dat ʼn aantal skole en gesondheidsentrums ook internetverbindings ontvang.

“Ons het saam met Icasa maatskaplike diensverpligtinge gestel om binne 36 maande nadat die lisensiëring van die spektrum afgehandel is internetverbindings aan al ons openbare skole te gee. Ons wil dit ook aan openbare gesondheidsfasiliteite wat klinieke en hospitale insluit, asook die kantore van tradisionele leiers en owerhede verskaf.”

Altesaam 18 520 openbare skole sal dié gratis internetverbinding ontvang, terwyl 5 731 gesondheidsfasiliteite en 8 241 kantore van tradisionele leiers en owerhede dit beloof is.

Die departement van openbare werke en infrastruktuur het glo verlede jaar reeds in sy nasionale infrastruktuurplan onderneem om gratis data aan lae-inkomste-huishoudings te verskaf, berig Business Tech.

Die plan bepaal ook dat hoëspoed-breëband (fibre) teen 2023-’24 in elke gemeenskap beskikbaar sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Adriaan ·

Niks is “gratis” nie. “Gratis” beteken iemand anders betaal daarvoor.

Jaco ·

Natuurlik gaan daar een of ander tender opduik en iemand wat weer lekker die laaste bietjie aangebrande pap uit die pot gaan skep…

Johann ·

En so maak jy die massas ongeskoolde honger “people” afhanklik van n Tshirt, n grant, n handvol pap en data! Volgende is n Tablit, n PC, n Laptop en n paar Slim fone per “gesin”.

Wondermaarnet ·

Net vir sekere gesinne. Johann ek en jy kwalifiseer seker nie daarvoor nie.

annie ·

… kan dalk… Die prez wil so graag hê ons moet hom weer ‘n kans gee… maar eerlikwaar, kyk wie stel hy aan as ministers. Hulle praat twak, mors geld en het nie ‘n benul van wat hul taak is nie en doen soos hul wil. Ek sal… Ons gaan… Ek is die minister… Cyril hou van sulke mense want hy stel hulle aan. Zuma is skynbaar sy troetel oud-leuenaar want dié gaan glo die hele jaar sy verjaarsdag buite die tronk vier…

Hennie ·

Regtig? Gratis se gat! Belastingbetalers sal dit moet befonds! Nog ‘n straf omdat JY, JA JY, ‘n werk het. How dare you!

Jacques ·

En intussen val die infrastruktuur oral uitmekaar.
Maar niemand gaan die gebrek aan water, krag en ander noodsaaklike dienste agterkom, as hulle vasgenael sit op hulle fone nie.

Briljante strategie.

Gert ·

As die regering die woord “sal” gebruik, skrik ek. Vir 25 jaar sal hulle en daarvan kom niks.
Hoëspoed breëband is nog skaars beskikbaar en daar is klaar probleme.
“Elke huoshouding”?

Frederik C ·

Free Zuma, free data, free electricity, free water, free schooling, free potholes…….

Jr ·

Ooh hel, hierdie is n klein funny kreatuur. Dis hoe Bennie boekwurm sou lyk as hy n vrou was

Frikkels ·

Hierdie is die grootste verkiesings foefie in aanloop tot 2024 se verkiesing!

Charles ·

Definisie van n “Suid-Afrikaans” Huisgesinne gaan n kopseer wees.

Perdeby ·

Wat sy vergeet het om te noem , is dat dit vir net sekere woongebiede sal wees, want vir die wittes sal daar nie sulke luukshede wees nie.

Casper ·

Dit is slegs bedoel vir lae inkomste groepe,m a w fellow Soth Africans.Dit is nie ons “ryk” mense beskore nie want sien daar is mos nie arm blanke huishoudings nie.

AndrewL ·

Gratis internet, gratis medies, gratis toelae en wat nog?

Iemand moet betaal. Jy kan net iets weggee as jy genoeg het. Daar is nie eers geld om ons paaie instand te hou nie, wat nog van dinge en dienste weggee.

Hierdie is net nog ‘n slenter om beheer te kry oor die mense in Suid-Afrika.

Die belofte is nou gemaak. Die volgende is optogte en onluste ondat die diens nie gelewer word nie, te min is of nie standvastig genoeg is nie. O ja, moenie vergeet nie. Die mensies het almal gratis skootrekenaars nodig om die diens te kan gebruik.

VaalDonkie ·

Dis ‘n wonderlike idee. Net jammer die regering wil in beheer daarvan wees.

Debbie ·

Ons staat het darem maar baie geld ne?
En is dit nou vir ALLE huis gesinne of is dit BEE data?

Di ·

ALLES in die land is gratis veral vir sekere rasse! Gee, gee en gee nog en so hou dit aan, intussen is ons land een “sewer dump” en BANKKROT. Duidelik kan die ANC kaders nie somme maak nie

Perdeby ·

Wat van gratis brandstof of ten minste 50% af. Soos ‘n klient met my geargumenteer het verlede week sy motorfiets het soveel gekos 4 jaar terug en hoekom moet hy nou so duur vir ‘n nuwe battery betaal??? Wil jy ry of wil jy loop baie eenvoudig, dan loop jy maar. Niks is gratis in die land nie

Gerra ·

En more monitor hulle alles wat jy met “hulle” “gratis” data doen

Andries ·

En die belastingbetaler moet dit seker betaal?? Gratis data se voet.

Amanda ·

Haai nooit, wie sou kon raai ons gaan so “bevoorreg” wees? Ons het natuurlik almal reeds die nodige slimfoon of tablet of rekenaar om die data te kan benut? Of gaan dit n “bundle deal” wees, hier is vir jou n foontjie EN data? Iemand rook pyp!

Nie Verbaas ·

En waar gaan befondsing vandaan kom? Regering is bankrot.

Johann ·

Niks is gratis nie Klink soos stemme werf praatjies Sal graag wil sien hoe hulle vir miljene fone 10g per maand gee

Suzette ·

Julle kan nie eens die “nuttigheid” van water en krag volhou nie – niks wat die regering “lewer” was tot dusver nog suksesvol nie – wat ‘n grap. Net vir die huidige regering om hul stemvee in plek te hou – want kyk dan nou net wat kan hulle alles “bied”….

Jacobus ·

Dit sal weer net aan ” our people ” wees gesubsidieer deur ons mense.

Chris dupreez ·

As die regering dit gaan lewer sal dit seker 10GB vir die hele Suid Afrika wees , en nie per huishouding nie. Ons weet die regering kan niks doen nie, behalwe alles vernietig

Misky ·

Hierdie artikel moes onder “vermaak” geklassifiseer gewees het. Absoluut lagwekkend!!!

Skappie ·

As ons gesin dit sal kry, wil ek nog sien. Maklik om beloftes te maak, maar moeilik om dit te laat gebeur.

JohanR ·

Die een is soe useless, sy besef nie eers dan sy useless is nie!

Sandra ·

Ek wil nou nie negatief klink nie maar ek hou nie my asem op nie, want ek kan dalk uitpass teen die tyd dat dit by ons huis aankom

Hennie ·

“Gratis”….die regering het nie n sent nie – hulle spandeer net belastingbetalers se geld….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.