Gratis dienste én ekstra personeel vir ministers

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Sonder belastingbetalers óf die parlement se medewete, skep pres. Cyril Ramaphosa se stille wysiging aan die ministeriële handboek aansienlik bykomende ruimte vir die indiensneming van ANC-personeellede in ministeriële kantore – wat belastingbetalers minstens R87 miljoen meer per jaar kos, sê dr. Leon Schreiber, die DA se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie.

Die DA het verlede week aangedui hy gaan ʼn klagte by die Openbare Beskermer (OB) indien sodat daar heeltemal met die ministeriële handboek weggedoen kan word.

Die party gaan ook Maandag ʼn ultimatum aan die president gee oor sy “misbruik” van die ministeriële handboek.

Maroela Media het vroeër berig dat wysigings aan die ministeriële handboek dit vir ministers en hul adjunkte moontlik maak om ʼn onbeperkte bedrag – waarvoor belastingbetalers opdok – vir hul water-en-ligte-rekeninge te gebruik.

Volgens Schreiber is die handboek nou só gewysig dat die getal personeellede wat in ministers se private kantore in diens geneem mag word, van 11 tot 15 verhoog. Vier nuwe poste in elk van die 28 ministeriële kantore is geskep. Die posbeskrywings hiervoor is bestuurder of boodskapper, voedselhulpdienste, portefeuljekoördineerder en registrasieklerk.

Die aantal werknemers in die kantore van adjunkministers is ook van sewe tot tien verhoog deur drie nuwe poste vir elk van die 35 adjunkministers te skep. Daarbenewens het die president die salarisvlakke van die personeellede wat as “administratiewe steunpersoneel” in ministeriële kantore aangestel is, dramaties verhoog; dit styg van R850 000 tot R1,15 miljoen per jaar.

“Hierdie wysiging in die handboek blyk ʼn poging van Ramaphosa te wees om die slinkse plan – wat vroeër vanjaar deur ANC-woordvoerder Pule Mabe aangekondig is – in werking te stel sodat belastingbetalers vir die salarisse van ANC-personeellede opdok.

“Mabe se voorstel was dat die ANC, wat te bankrot is om die salarisse van sy eie werkers te betaal, maniere moet vind om belastingbetalers te laat opdok terwyl hulle eintlik vir Luthuli-huis werk,” sê Schreiber.

Volgens hom het Ramaphosa ook ʼn skuiwergat geskep waarmee die bepalings heeltemal omseil kan word. Onder “buitengewone omstandighede” en waar ʼn minister bykomende take of projekte moet hanteer, kan die minister van staatsdiens en administrasie toestemming gevra word vir selfs nóg aanstellings.

“Hierdie klousule bemagtig die ANC-kader en minister van staatsdiens en administrasie, Thulas Nxesi, om die aanstelling van ʼn onbeperkte getal ANC-kaders op versoek van sy mede-ANC-kaders in die kabinet goed te keur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Di ·

Korrupte SKELMS – sal die laaste sente uit belasting betalers uitwurg vir hulle kaders. Hoop iemand doen iets daadwerklik om hierdie malligheid te STOP

David ·

As jy mooi luister dan hoor jy die getik-tak van die wiele op die spore van die soustrein!

Althes ·

Hy ontspoor – SAL. Ons wag in spanning vir die Poskantoor en Eskom se wiele om af te val.

Henry ·

Dit gaan te lekker. Dalk kan die regering vir elke huis in die rsa n tuinwerker en huishulp aanstel wat hulle betaal. Dit sal die werkloosheid laat afneem.

Moedeloos ·

Lekker man lekker. Die ander sit nogsteeds niks en doen nie terwyl daar werk geskep word om die wat niks doen nie net nog verder niks te laat doen nie. Dit terwyl die ander inwoners van die land kripeer van ellende

gatgogga ·

Ja, hulle het hulp nodig om niks te doen nie. Daar is so baie niksdoen , dat hulle nie kan klaarkry nie.

Kobus ·

Liewe genade, verstaan die ou nie wat in die land aangaan nie? Dan beweer baie mense hy is ‘n ” Ekonoom” Wat jy waar kry? Hy het nog geen besigheid op die been gebring nie, alles gekry agv EE. Wat ‘n teleurstelling. Hy is ‘n ramp.

domheks ·

Balastings moet geweier word! Kom slim mense – bedink iets om die cANCer regering ‘n punt te wys.
Wonder of ons een van die dae hulle hand moet vashou om die toilet te besoek?

Piet parys ·

Moenie wins maak in jou besigheid nie . Blaas jou wins en betaal nie belasting nie tot die regering sy waansin los en verdwyn van die aardbol af .

Althes ·

Genoeg is genoeg. Ons sit reeds met recycled ministers wat van die een portefeulje spring na die ander sonder dat hulle bevoeg, bekwaam of die kwalifikasies het.
Daarby misluk hul klaaglik in hul portefeuljes, nou kry hul ekstra personeel, om wat te doen.
Sies!

Papsak ·

Nog steeds skep die klomp koruptes lekker ne tyd om op te staan regtig

Koos 100 ·

Ek wag nog op kommentaar/reaksie van die staatsvakbonde. Vir 3 jaar moet hulle hoor die staat is bankrot, en nou die spandabelrigheid.
Die ergste is dat, al stel jy ‘n 1000 mense in die kantore van ministers aan, sal hulle nog steeds nie bevoeg wees om hulle werk te doen nie! “Quantity do not guarantee quality!”

Republikein in die Wes Kaap ·

Met Zuma het jy geweet waar jy staan, maar met hierdie perd weet jy nie.

SjN ·

Klomp kader is almal dieselfde, verryk hulself en voel niks vir die op voetsoolvlak.

Marina ·

Die ANC kiesers is ook maar redelik onnosel… En die speknekke weet dit! Ons kan maar stof opskop soveel ons wil, met die volgende verkiesing word gratis t-hempies weer fluks uitgedeel en die res is geskiedenis.

Owlie ·

In n tyd waar ons land op sy kniee gedwing is weens 28 jaar se korrupsie, covid lockdown korrupsie en verdere handboek korrupsies hoort die grondwet hier teen sulke korrupsie te staan Op jy nou n minister, koning, president of wat ookal is as jy nie self die werk kan doen, dink skryf, praat nie is jy bedlis nie reg vir due pos nue Waarvoor dan n klomp miere aanstel om jou werk te doen Hou op geld mors – werk skepping kan op baie ander wyses plaasvind

Daniel ·

Die soustrein kry al meer pasassiers, in die eerste plek is daar hopeloos te veel ministers, nou nog helpers ook, ek kan my voorstel dat daar nepotisme betrokke gaan wees met die aanstellings!

Heidi ·

Hierdie soustrein is besig om die hele land se Wiele te laat afval!! ????

Renier ·

ons wiele is klaar af,die belastingbetalers is besig om te stoot op die as

fs ·

hy koop stemme met al die byvoordele… hoe gaan hul nou die hand byt wat al die lekkernye so vrylik uitdeel

Danie ·

As die kalf in die put le dan gaan hou ons vakansie.Maak ons paaie,hospitale,polisie en ander staatsdept reg.Hou op nog mense aanstel.Daar is nie meer spene vir hulle ook nie.

Antoinette ·

Dis kwaliteit wat tel in enige werksituasie, nie kwantiteit nie. Wanneer gaan die spul wat ons ‘regeer’ dit eendag besef.

Nico ·

Die president is besig om die land te vertrap met sy aanhangsels, kom sal hy kla, is mos ‘n miljoener.

Piet parys ·

Cyril verseker met die voordele dat hy weer verkies word as president met die belastingbetalers se geld. Het goed geleer by Robert Mugabe enige iemand het n prys .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.