Gratis hoër onderrig sal ingestel word, sê Mantashe

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC en Zizi Kodwa,
woordvoerder van die ANC (Foto: Getrude Makhafola/ANA)

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Maandag gesê die party het beslis dat gratis hoër onderrig volgende jaar ingestel sal word.

Die party het se nasionale uitvoerende komitee het oor die naweek vergader.

“In die lig dat die Heher-kommissie tot 31 Augustus 2017 het om sy verslag in te dien oor die lewensvatbaarheid van gratis hoër onderwys, het die NUK besluit om die volgende maatreëls in te stel wat geïntegreer moet word in die finale verslag van die kommissie,” het Mantashe aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

“Die voorstel moet oor ʼn tydperk geïmplementeer word, maar reeds vanaf die Januarie 2018-studente-inname in werking tree. Die rede vir die infasering is om die regering tyd en ruimte te gun om die begroting oor die lang termyn voor te berei.”

ʼn Kombinasie van toelaes sal die plan ʼn hupstoot gee met finansiële bystand van tot R150 000 wat in ʼn toelaag omskep word.

“Ten volle gesubsidieerde toelaes moet verskaf word aan behoeftige studente wat akademies kwalifiseer. Behoeftige studente is persone wat uit families kom wat ʼn bruto jaarlikse inkomste van minder as R150 000 verdien. Hulle moet toelaes ontvang en bekostigbare lenings, met die families wat ʼn huishoudelike bydrae lewer proporsioneel tot hul vermoë om te kan betaal,” het hy gesê.

In reaksie op ʼn vraag of die besluit geneem is om nog #FeesMustFall-betogings by universiteite te verhoed, het Mantashe gesê die ANC het by sy vorige verkiesingskonferensies besluit om gratis hoër onderrig te verskaf aan behoeftige studente.

“Die doel is om gratis onderrig te verskaf op ʼn volhoubare manier aan kinders uit behoeftige gesinne. Die besluit is al lankal geneem. Ons neem nou ʼn stap vorentoe en sal dit vanaf 2018 instel.”

Verskeie kampusse landswyd het sedert 2015 gebuk gegaan onder geweld en onrus toe studente betoog en gratis tersiêre onderrig geëis het.

Die betogings het geëskaleer toe Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, in September verlede jaar aangekondig het dat universiteite self ʼn besluit kan neem oor studentegeldeverhogings vir die 2017 akademiese jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Erick ·

Sluit dit nou blanke kinders in uit behoeftige gesinne ‘comrade’?

Riaan ·

Nee Erick. Ontou. Ons skuld hulle. Blankes is mos almal stinkryk

Nico ·

Eise comrade nou gaan n paar mense moet minder vat van die staatkas ons kan mos nie minder pay nie

Sarel Strydom ·

Desperaten Politieke beloftes wat net gemik is op stemme en niks van gaan kom nie behalwe betogings en geweld van voor af.

Boela ·

Nie met my geld nie! Ek dring aan op ‘n belastingboikot indien gratis hoër onderwys vir nikswerd studente wat alles afbrand, afbreek en afskeep ooit sou realiseer.

LOL ·

Die studente sal net nog ‘n rede kry om te betoog bv. kleretoelaag, selfoon/datatoelaag, ens. Opmerklik dat die betogings altyd om eksamentyd plaasvind waneer hulle besef hulle moet ‘n rede verskaf vir swak resultate.

Rentia ·

Waarom word daar nie gefokus daarop om almal net eers ordentlik geskool te kry nie? Ag genade tog. Kinders kan skaars lees!! Hoe lank gaan studente gratis kan leer voordat hulle opskop!! Almal gaan wil leer en nie werk nie. Hoop van harte daar word streng voorwaardes toegepas. n Ouderdomsbeperking byvoorbeeld. O en dan sal ras seker die eerste boksie wees wat n aansoeker moet invul!!!

REAList ·

En kon ons nie die nuus vanaf die regering van die dag hoor nie?
Mantasha se woord beteken niks nie en hy is niks van die regering nie.
Of is dit weereens die bewys waar die klugspul se toutjies getrek word.

Tersia ·

Arm mense wat n salaris tot en met R600000 n jaar verdien??? Dit is n movies salaris wat nie baie wit mense eers verdien nie!!!!!!!

popeye ·

3 opmerkings: how te heck can we believe you, how the heck can we belive you, how the heck can we believe you…..mnr. U wat afstam van die grootste liegmeesters, korrupste instansie in S.A. Tans…? You lie you lie you lie! Ns. Nog ‘n manier om fondse van ons te steel?

Vryheid ·

Die verkiesing begin nader daar moet lee beloftes gemaak word met die minderheid se belasting geld. RSA DIE WELSYN STAAT.

Basson ·

Mense – ons praat van omtrent R100k per jaar vir klas en koshuis, dus is daar is ‘n behoefte aan so skema en hopelik word dit regverdig toegepas.
(Ek dink nie julle besef dat daar IS die wat wil studeer, wie regtig groot uitdagings te bowe kom en nog steeds hulle bes doen op universiteit. Hulle het my respek.)

Tashie ·

Tuks, B.Ed (4 jaar)
Klasgelde vir 2017: R 35 000.
Boeke: +/- R3 000.
Skryfbehoeftekaart gelaai met R3 000.
Fundsa Lushaka beurs: R89 000.
Gemiddeld R6 000 aan student vir lewenskoste.
Moet teruggewerk word deur student by ‘n publieke skool – ‘n jaar werk vir elke jaar wat jy beurs gekry het.
Koshuis-inwoners kry meer en ook ete-geld.

Raymond ·

Sjoe. Die gemoedere loop hoog. Wel hier is my 5c. Hoewel ek glo student het nodig om ook vir hulleself ‘n deel te betaal dink ek ons het uiteindelik iets aan die gang om potensiaal onderrig te lig in die land. En op R 150 000. 00 per jaar is dit nie regtig moontlik om vir daai onderrig te betaal nie. Ek voel net dat studente het nodig om geleer te word om nie skade aan te rig aan die fantastiese instansies in die land nie en hoë kwaliteit onderrig kan ons land net lig. My grootste bekommernis is die kwalifisering van studente wat regtig op universiteit moet wees, want nie almal hoort daar nie. Daar is besigheidseienaars, Ingeneurs Prokureurs ens. En dan is daar werkers. Studente MOET gekwalifiseer word anders mors hulle geld. Em studente is nie veronderstel om die reg te he om te betoog nie. Did ‘n klap in die gesig van die onderwys stelsel.
Ons almal moes gaan leer om iets te bereik. So gun hulle die kans, maar hulle (studente) het nie noodwendig genoeg ondervinding om te besluit oor die land se toekoms nie.

Tammy ·

Basson, ja die groep waarvan jy hier praat is werklik min, Die wat opoffer om te presteer en ek voel ook hulle verdien om gehelp te word, Onthou dit is Suid Afrika, hier werk alles anders,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.