Gratis inentings vir hondsdolheid in Boksburg

Argieffoto

Argieffoto

Die Ekurhuleni-metro het Vrydag gesê alle inwoners van Boksburg kan hul troeteldiere gratis teen hondsdolheid inent nadat gevalle van hondsdolheid in die gebied geïdentifiseer is.

“Hondsdolheid is ʼn ernstige openbare gesondheidsrisiko en ons doen ʼn ernstige beroep op inwoners om hul troeteldiere so gou moontlik daarteen te laat inent. Dit sluit diere in wat al in vorige jare ingeënt is,” het Themba Gadebe, woordvoerder van die metro, gesê.

Die aansteeklike en virale siekte is tot dusver in Parkrand, Cinderella, Libradene, Farrarpark, Parkdene en Boksburg se sentrale sakegebied geïdentifiseer.

ʼn Staatsveearts sal op 12 Augustus van 13:30 tot 17:30 inentings by die Boksburg-stadion toedien. Vir meer inligting, skakel 011 821 7709.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KarooKlong ·

Baie ernstige siekte met nagevolge. My hond het dit ook gekry, nou stem hy anc.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.