Gratis internettoegang vir studente

Argieffoto: Vodacom

Vodacom het aangekondig hy gaan gratis internettoegang aan universiteite verskaf vir studente en personeel wat Vodacom-gebruikers is.

Vodacom het Woensdag in ʼn verklaring gesê dié stap is ʼn poging om die uitdagings aan te spreek wat verband hou met die hoë kostes van onderwysinhoud en afstandsonderrig.

“Die koste om in Suid-Afrika te kommunikeer was die afgelope tyd ʼn warm onderwerp. Dít gegewe die uitwerking wat die verswakte ekonomie op die verbruiker het en wêreldwye prysneigings van datakostes,” lui die verklaring.

In reaksie hierop het die operateur gesê hy het oor die afgelope vier jaar ʼn verlaging in die prys van data en oproepe met onderskeidelik 60 % en 57 % bewerkstellig.

“Vodacom erken dat meer gedoen moet word om Suid-Afrikaners in staat te stel om die sosiale voordele van internetverbinding en die kostes daarvan te geniet. Ons bly verbind daartoe om datakostes aan te spreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hans ·

Pensioenarisse moet ook kan voordeel trek uit die toegewing.

Boet Fasie ·

Stem 100% saam, hoekom word die oumense altyd afgeskeep , ons is al baie, baie jare getroue verbruikers, glo ons verdien ook om voordeel op ons oudag te kry vir ons bydrae. Komaan Vodacom en MTN

KFN ·

Selfoon maatskappye voel vêre vir jou. Hierdie is net ‘n foefie om in die korrupte regering se goeie boekies te kom.

tiger ·

daar gaan hulle die kliente wat nie student en nie werknemer te verhaal om daai koste wat student en staff te dek

Kla ma ·

SA het van die duurste internetkostes in die wêreld. Hulle kort nog ekstra geld van julle af nie, In lande soos belgieë, nederland en frankryk kry studente klaar gratis internet al is die gewone internet kostes goedkoper as ons sin.

Stoffel ·

Haha o nee julle mense kan altyd my laat lag met jul kommetare… pornografie haha.. ja nee ek sal dit ook glo, altans die manlike studente, vroumense le weer op facebook en twitter, twyfel sterk of 10% van studente dit gaan gebruik vir navorsingsdoeleindes, en buitendien, die meerderheid pleeg plagiaat dat die spoeg spat. Daar is klaar gratis internet beskikbaar vir studente in biblioteke, so waarvoor die data gaan gebruik word, sal ons maar sien, maar sal tien teen een vir musiek, tv reekse en soos bogenoemde porno gaan, mits Vodacom n oordentlike “firewall” kry om dit te blok

SARIE VAN HEERDEN ·

Alles maklik en gratis. Wie onthou nog hoe ons arm studente nie moes geld leen om te studeer en moes tevrede wees met boeke en biblioteke om te studeer. En heel tevrede met hul lot!
Studentedames moes regkom sonder pruike, reguit gestrykte hare, vals naels en wie weet nog wat alles. Ek het ook kleinkinders op universiteit en ek weet hoe hul moet werk om ‘n paar rand in die hande te kry vir noodsaaklikhede. Laat die studente maar self betaal. Kweek selfrespek.

Jadajadjada ·

Eerstens, al daai inligting wat jy in die bib kon opspoor is nou irrelevant. Ons moet na joernale en boeke van wetenskaplikes reg rondtom die wêreld verwys. Tweedens, ons het nie keuring gekry net omdat ons wit is nie so die staat betaal niks van ons nie. Ons profies laai gereeld videos op oor werk wat ons nie in die klas kon bykom nie. As jou ouers kon sou hulle ook vir jou studies betaal het. Ons sit dalk nie in dieselfde finansiele krisis nie maar ons moet kompeteer teen groepe wat deur die wet vereis word om daar te moet wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.