Gratis krag, ander hulp vir Jhb se kwesbares

Herman Mashaba en Mary Melane. Foto: ANA.

Die Stad Johannesburg het Dinsdag behoeftige inwoners van Slovo Park in Soweto aangemoedig om te registreer vir gratis elektrisiteit.

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Dinsdag tydens ʼn amptelike geleentheid buite die huis van Mary Melane (68), een van die inwoners, gesê dat dié stap deel is van die stad se program om arm gemeenskappe wat hulself nie kan help nie by te staan.

Mashaba het gesê die stad wil waardigheid aan sy mense bring en hulle ontmoedig om tot onwettige aksies soos onwettige elektrisiteitsverbindings oor te gaan aangesien daardie verbindings al talle brande veroorsaak het wat tot lewensverlies gelei het.

Volgens hom het die stad ook ʼn bewusmakingsveldtog gedoen om die gemeenskap van Slovo Park in te lig oor die belangrikheid daarvan om eienaarskap van die elektrisiteitsnetwerk te neem, oor die gevare van onwettige verbindings, elektrisiteitsbesparing en die belangrikheid daarvan om te betaal vir dienste wat deur die Stad Johannesburg gelewer word.

Mashaba het verder gesê dat die stad ook ʼn Expanded Social Package (ESP)- bewusmakingsveldtog sal lei in Slovo Park wat inwoners aanmoedig om te registreer op sy lys van kwesbares om toegang te kry tot elektrisiteit- en waterkorting en ander vorms van maatskaplike ondersteuning.

“Ons het dit ons missie gemaak om die gemeenskappe wat eens vergete was nou eerste te plaas,” het Mashaba gesê.

Die ESP-veldtog teiken kwesbare inwoners soos werkloses, die jeug, mense met gebreke, ontworteldes asook bejaardes.

Melane het gesê sy is tevrede en het hulde gebring aan haar oorlede seun, Mohau. Toe hy die voorsitter van die Slovo Park-gemeenskapsontwikkelingsforum was, het hy en ander onverpoosd gewerk om elektrisiteit aan armes te voorsien.

“Hulle het sy hulpkrete gehoor,” het Melane gesê. “Hy het die mense van Slovo Park belowe dat ons regering elektrisiteit na hul huise sal bring. Ek is trots dat die Stad vandag daardie belofte kon nakom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Ella ·

Ek is bly vir jou Mary Melane.
Nou mnr die Burgemeester ek hoop julle besef dat ander net so swaar kry. En eintlik: niks is verniet iemand betaal wel vir alles wat so mildelik uitgedeel word
Skep werk vir die wat wil werk, dit is menswaardigheid terugbring nie om alles verniet te kry.

jankoos ·

Ek stem Ella gee n man n vis en hy het kos vir een dag ,leer hom om vis te vang en hy sorg vir homself ,die alewige bakhand staan vir alles en verniet vir sommige is die groot probleem in Sa

Gee my krag ·

So die Jhb- Burgemeester reken in hul poging om iemand te ontmoedig om onwettige elektrisiteits-verbindings te maak is om dit “gratis” te verskaf?
Vir sekeres…
Hoe gaan dit geïmplimenteer en gemonitor word?
Klink my na “enabling” in die hoogste graad.
More is daar nóg duisend wat onwettige verbindings maak…want dis mos
VERNIET!

Eerbaar, u Agbare ·

Ja,ek is ook kwesbaar, onse Burgemeester. Ek is wit…
Ek sukkel óók om my kragrekening te betaal. Kwalifiseer ek took vir gratis krag?
Wat is jul kriteria vir gratis elektrisiteit?
‘n Paar onwettige verbindings?

Kobus ·

U het ń selfoon, toegang tot die internet en selfs die geletterdheid om nuusberigte te volg en kommentaar te lewer, so u sal kan begryp dat daar werklik arm mense is wat nie eers kan droom om eendag ń voertuig te besit nie.

Snowball ·

Just give me bread and water, put a guitar in my hand, cause all I need is M’shaba and his free electric plan….ta da da da dum da ti di dum and free electric plan. ⚡

jankoos ·

Weer n bewys van hoeveel mense vir die verkeerde party stem die klomp in blou dink dieselfde as die in groen en geel

Koos de Meyer. ·

Maar weereens ons blankes wat gaan betaal. Dis mos al waarvoor ons goed is. As hulle die botter van die brood afhaal deur grond ont eiening gaan hulle nie net droë brood eet nie. Hulle gaan gee brood hê nie.

Andre ·

Gaan die blanke plakkerskampe in Johannesburg ook gratis krag kry?

Foxi ·

Dis nou regtig baie, baie onregverdig! Hoeveel wit behoefdiges leef in armoede……honderde! Gaan hulle dit ook gratis kry? Dit is n gedwonge feit dat duisende plakkers glad nie vir water of krag betaal nie en my huishulp is een van hulle.
Waarom nie bejaardes en pensioen trekkers ook in ag neem nie. Hierdie land is besig om in n welsynstaat te verander……maar net vir sekere behoefdiges. Ja nee….stemtyd kom nader.

Vermeendes ·

Hel man, nou aangesien die burgermeester so spogerig is kan hy nie ook reel vir krag en water punte in JHB se wit plakkerskampe nie, die mense sal vir hulle krag betaal.

WH van der Merwe ·

Verkiesing tyd kom nader en baie beloftes word nou weer gemaak,daai gratis elektrieseteit gaan baie verwarmers 24 uur laat brand dit mos verniet..Dit is ook nie gratis nie, iemand gaan daar voor moet betaal,wonder net wie.

Nikita ·

Jip…die verkiesing kom mos nader. Lekker man….en hier sit ons al 2 jaar sonder straatligte. Hulle leer mooi by die EFF (Everything For Free). Donker Afrika!!

Geliefd ·

Ek dink dit is wonderlik dat daar na die mense gekyk word…..ons Suid-Afrikaners benodig meer begrip en deernis met mekaar. Ek is self blank, maar voel eerlikwaar ons wit mense kan nie ons swaarkry met hierdie mense vergelyk nie. Die speelveld was nooit gelyk nie. Waar is julle verstand en goeie oordeel? ‘n Mens kan op die foto sien dit is wonderlike en sagte mense. Hou op om so bitter en kleinlik te wees. Alles is nie die ANC se skuld nie..

Danie ·

Dit is darem lekker om alles so verniet te kry. Verniet skole. Verniet medies. Verniet universiteite. Een van die dae kry ons verniet geld.

Koos ·

Die DA soek stemme. Dis reg, gee alles verniet weg. Kom ons almal hou op werk en bedel.

JM ·

SASSA is mos verniet geld en ek hoop die burgermeester van JHB betaal die helfte van sy salaris aan die krag voorsiener vir die gratis krag wat hy nou uit deel.

GM ·

Ongeag hoe goed dit bedoel word (en of dit nou is om stemme te werf) mens kan nie net vir een groep gee en gee en wegkyk vir ‘n ander groep se swaarkry nie. En dan ook – Die belastingbetalers begin al hoe meer swaarkry want oral gaan als op vir hul omdat ‘hulle mos die geld het om vir dit te betaal’. Die werklose persoon gaan meer besit as die werkende een. So wie gaan dan nog wil werk net om vir die behoeftige een te help sorg, en dit terwyl jyself skaars kop-bo-water hou? Dit stuur af op ‘n ramp. Beter grensbeheer en so ook geboortebeperkings sou die land baie kon gehelp het, maar nou is dit ongelukkig te laat.

Nettie ·

Ja-nee, hier kom die stem-kopery al klaar aan! Ek wil net weet: ek is ook arm (verdien maar ‘n ou klein salarissie, bly in ‘n skamele huurhuisie saam met my ma omdat ek nie my eie huurplek alleen kan bekostig nie, ry maar met ‘n ou skamele Taiwannese karretjie wat al 5 jaar oud is en ek steeds afbetaal) …… KWALIFISEER EK OOK VIR GRATIS KRAG, agbare Burgemeester?

Ek bly nou wel nie in Johannesburg nie, maar in Worcester – en laasgenoemde is ook (vir die oomblik nog) ‘n DA-munisipaliteit. Ek wonder net: sal die DA-munisipaliteit my ook help met gratis krag? Of wat van ‘n bekostigbare huurhuisie? Of dalk ‘n kospakkie elke maand? Of …. of …. of …. of ………………..

RH ·

Dis presies wat die anc in 1993 beplan het. Om hul eie mense te help en die minderheid te maak betaal daarvoor! Dit gaan nog baie erger en swaarder word vir die minderheid! Aanvaar dit of staan saam om stemme te maak tel!!!

Hanna ·

Hoekom gee die DA vir ñ vrou met ñ ANC kopdoek gratis krag.
O, en net vir die wat wonder… dis gin niks gratis nie – ander dra wel die koste daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.