Gratis onderrig: Tesourie ondersoek moontlikhede

Studentebetogings in Oktober 2016 Foto: ANA

Nadat pres. Jacob Zuma Saterdag wyd reaksie ontlok het met sy aankondiging dat die regering gratis hoër onderrig vir arm en werkersklasstudente sal subsidieer, het die nasionale tesourie gesê hy het kennis geneem van dié aankondiging en sal moontlike finansieringsopsies ondersoek.

“Die voorstel sal ook oorweeg word deur die ministerskomitee oor die begroting en die presidensiële fiskale komitee. Enige wysigings aan bestaande bestedings- en belastingvoorstelle sal saam met die 2018-begroting aangekondig word,” het die tesourie in ʼn kort verklaring gesê.

Die presidensie het Saterdag in ʼn verklaring gesê die regering sal oor die volgende vyf jaar subsidies aan universiteite van 0,68% tot 1% van bruto binnelandse produk (BBP) vermeerder soos deur die Heher-kommissie van ondersoek na hoër onderwys en onderrig voorgestel is.

Rondom openbare universiteite het die presidensie gesê as gevolg van die aansienlike toename in subsidies aan universiteite, sal daar vir die 2018- akademiese jaar geen studiegeldverhoging wees vir studente uit huishoudings wat minder as R600 000 per jaar verdien nie.

Daar is ook besluit dat gratis hoër onderrig deur die regering verskaf sal word aan arm en werkersklasstudente wat uit Suid-Afrikaanse huishoudings met ʼn gesamentlike jaarlikse inkomste van minder as R350 000 per jaar kom. Studente wat in hierdie kategorie val, sal dus befonds word deur regeringstoelae en nie deur lenings nie.

Pakkette binne die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) wat reeds aan NSFAS- studente in hul vorige jare van studie toegeken is, sal van lenings na 100%-toelae omgeskakel word met onmiddellike effek, het die presidensie gesê.

Belinda Bozzoli, woordvoerder van die DA, het in reaksie op dié aankondiging die presidensie se verklaring as ʼn kombinasie van “populistiese politiekery, bedrieglike taalgebruik en voorstelle sonder kosteberaming” bestempel.

Sy het daarop gewys dat Zuma se beloftes sonder enige werklike kostes en bedrae weergegee is, dat die NSFAS-begroting na alle waarskynlikheid sal moet verdubbel om hierdie beloftes te laat realiseer en dat die plan nie finansieel haalbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter Truter ·

Zuma se belofte van gratis onderwys sal probleme skep vir sy opvolger. n Opvolger wat goed vaar sal Zuma net slegter laat vertoon. So hoekom dit maklik
maak vir die nuwe president

KH ·

Sal dit ook op blanke studente van toepassing wees….wonder ek nou…

Smet ·

Ek twyfel dit baie sterk, Unisa het “oopboek eksamens” vir “selected students” nie een wit nie, blankes moet ook hoër en beter presteer om te slaag.

Marianne ·

Wie kry sulke enorme salarisse? Beslis nie ons nie! Gaan skoolfondse ook gesubsideer word??? Oops Ja!… maar ons kwalifisseer nie by die skool nie, ons is verwys na ‘n ander skool in ‘n ander bebied…
ALLES WIL VERNIET GEHê WORD. MENEER ZUMA SE LEGACY. ….. JA…..

humor ·

mense z is reg, As hy en sy pelle en die guptas nie meer daar is nie gaan daar sekerlik genoeg wees om te help.

John ·

NSFAS nog ‘n semi-staatsinstelling wat gou leeg gaan loop soos die res. Daar gaan soveel misdrywe plaasvind… wat Sassa soos ‘n vrome kerkgroep gaan laat lyk. Wie sal die boeke nagaan en ook toesien dat sekere rykes nie ook ‘n hand in die groot pot goud steek nie. Uiteindelik sit ons met bankkrot land en miljoene rypgedrukte bedorwe gegradueerdes wat wag op die volgende meevaller na jare van lekker-bederf. Wat gaan die ANC met hierdie gegriefdes doen? Dadelik weer Sassa + die ekstras wat hulle nou gewoond is.

Marius ·

Die gehalte wat universiteite nog probeer handhaaf het gaan geheel en al in duie stort. Dis onafwendbaar dat privaat universiteite al is wat nog gehalte sal kan verseker. Geen betaal skole is ‘n voorbeeld hiervan. Almal sal met nuttelose universiteitsgrade sit. Ek voorspel hierdie ten spyte daarvan dat ek ‘n baie optimistiese persoon is!

Fourie ·

Dommerik! Hoe doen ‘n regdenkende mens so ‘n aankondiging sonder finansiële beplanning in plek! Niks anders as ‘n voor-verkiesing foefie. Met die verdere tragedie dat studente daarvoor val!

Sarie ·

R300 000 per jaar per huishouding dit gee jou R25 000 per maand. Hel ons om met minder as dit ‘n maand uit en ons betaal nog huisverband en aan die einde van die maand het ons nog ged oor. Maar R600 000 per huishouding per jaar dit is R50 000 per maand en tog kan die studente gratis studeer!!! Hulle moet onthou om na matriek verder te studeer is ‘n voorreg nie jou reg nie en nie almal beskik oor die verstandelike vermoe om universiteit toe te gaan nie. Wat ons nodig het is goed opgeleide ambagsmanne en -vroue. Toe my kind op unversiteit was was ek ‘n enkelouer wat R120 000 ‘n jaar verdien het en ek het haar sonder staatshulp vir se jaar op universiteit gehou en glo my ons het nie doodgegaan van honger nie! Inteendeel in daai tyd het ons nog oorsee gaan vakansie hou. Dink ‘n slag aan die pensioenarisse wat ‘n skamele iets soos R1 500 per maand kry en hule het hul lewe lank belasting betaa (ek praat nou van die wat wel betaal het). Kyk ‘n slag daarna om vir hulle ‘n goeie verhoging te gee, nie R10 ‘n maand nie, verdubbel hul pensioen. Studente kan nog ekskra werk doen, die bejaardes kan nie. Ek hoop die nuwe president kry sy prioriteite reg. Wie ookal wen, bring terug vir Pravin Gordhan as minister van finansie!!!

G ·

Sarie, ek haal my hoed af vir mammas/ouers soos jy!
Ongelukkig wil die meerderheid deesdae net als verniet hê, en nie die opofferings maak nie. Dit maak my naar om te weet dat baie van ons vir jare geswoeg het om studielenings terug te betaal, en hier kom die ‘minderbevoorregtes’ en kry net als verniet. Almal wil universiteit toe gaan, maar hoeveel kan nie eers hul skoolvakke deurkom nie. Een van die dae is die slaagsyfer op universiteit seker 20 persent.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.