Gratis onderrig vir arm en werkersklasstudente

studentebetogings 2015 feesmustfall fees must fall

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Die presidensie het Saterdag aangekondig dat die regering gratis hoër onderrig vir arm en werkersklasstudente sal subsidieer.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê die regering sal oor die volgende vyf jaar subsidies aan universiteite van 0,68% na 1% van bruto binnelandse produk (BBP) vermeerder soos deur die Heher-kommissie van ondersoek na hoër onderwys en onderrig voorgestel is.

Dit is ook in lyn met vergelykbare ekonomieë en sal gedoen word om growwe onderbefondsing in die sektor aan te spreek. Volgens die presidensie is dit die afskop van ʼn “vaardighede-rewolusie” in die strewe na ʼn radikale sosio-ekonomiese transformasieprogram, soos in die 2017-staatsrede uiteengesit.

Rondom openbare universiteite het die presidensie gesê as gevolg van die aansienlike toename in subsidie aan universiteite, sal daar vir die 2018- akademiese jaar geen studiegeldverhoging wees vir studente uit huishoudings wat minder as R600 000 per jaar verdien nie.

“In ag genome ons land se skrikwekkende vlakke van inkomste-ongelykheid en gegewe dat die definisie van arm en werkersklasstudente stagneer het en verouderd geraak het ondanks die stygende lewens- en studiekostes, sal die definisie van arm en werkersklasstudente nou verwys na studente wat tans by TVET-kolleges of universiteite ingeskryf is en kom uit Suid-Afrikaanse huishoudings met ʼn gesamentlike jaarlikse inkomste van minder as R350 000 per jaar,” lui die verklaring.

“Die minister van hoër onderwys en onderrig sal hierdie bedrag van tyd tot tyd in oorleg met die minister van finansies hersien.”

Nou dat die definisie van arm en werkersklasstudente aangepas is, sal die regering ten volle gesubsidieerde gratis hoër onderwys en onderrig vir die arm en werkersklas- Suid-Afrikaanse voorgraadse student bied. Dit sal in 2018 begin met studente in hul eerstejaar by openbare universiteite.

Studente wat onder die nuwe definisie as arm en werkersklas gekategoriseer is, sal deur regeringstoelae en nie deur lenings nie, befonds word.

Die voorsiening van ten volle gesubsidieerde gratis onderrig en opleiding sal ook uitgebrei word tot alle huidige en toekomstige arm en werkersklas- Suid-Afrikaanse studente by alle tegniese en beroepsgerigte opleidingskolleges (TVET). Dit sal in 2018 begin en oor ʼn tydperk van vyf jaar infaseer word.

“Alle arm en werkersklas- Suid-Afrikaanse studente wat by openbare TVET-kolleges studeer, sal deur toelae en nie deur lenings nie befonds word. Vir TVET-kollegas sal die volle koste van studies die onderrigfooie, voorgeskrewe studiemateriaal, etes, akkommodasie en/of vervoer insluit.”

Volgens die presidensie sal die regering ook belê in die opleiding en ontwikkeling van bestaande TVET-personeel en die werwing van addisionele gekwalifiseerde personeel om die gehalte van onderrig by TVET-kolleges te verbeter. Daar sal ook fondse beskikbaar gestel word vir die verbetering van infrastruktuur in die TVET-sektor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Spelling ·

Dink Heher-kommissie is verkeerd gespel in die berig. Nie “Heher”-kommise nie.

johannes ·

Ek kry die universiteite en Kolleges jammer want hulle gaan nooit geld kry van die bankrot staat nie—————————————.Wat n gemors….

Adam ·

Ek stem saam, maar veel erger is die feit dat daar vandag studente op universiteit toegelaat word, wat nie naastenby oor die intellektuele kapasiteit beskik om ‘n graad te verwerf nie.

Geenmanier ·

As dosent aan een van hierdie tersiêre instellings, voorsien ek geen eerlike en opregte manier dat hierdie gaan werk nie. Soos dit is kry ons geen meer addisionele voordele soos ‘prestasie-bonusse’ (die hele proses van toekenning was in geheel onbeheersd en onregverdig) en ons voorgestelde verhogings is belaglik. Zuma gryp nou na stem-strooihalms, en die arme eerlikes wat wel nog belasting betaal, gaan vir hierdie gelag betaal. Geensins hy en sy gravy-trein kaders nie. Ek stel voor Afriforum en Solidariteit spring nou maar in, en help eers ons eie. Ek is keelvol.

Eish ·

Afrikaansprekende Kaukasiërs wat nie blêr en brand nie ook?
Kan jy Akademia toe gaan op n Zupta beurs?
Gratis, dus geen terugbetaling nie. Lekker man! Wat van die 40 jariges wat sedert die eerste multilaterale verkiesing drup?
Dis nou radikaal ekonomies vir onse armes man!

Student ·

Teen die tempo wat Unisa by dubbel charge vir Modules is ek reeds besig om ‘n arm student te subsidieër! Ek het nou genoeg gehad! Jan 2018 sit ek Afri~Forum & Solidariteit op hulle!

Basson ·

So die gesin wat R610k verdien, met 2 kinders op universiteit, moet aanhou om befondsing vir R200k/j te kry. (50k vir studies en 50k vir verblyf, x2)

Dit sal so persoon baat om te vra dat sy salaris met 2% verminder word eerder, sodat hy onder die drempel inkom.

John ·

Dis ‘n spul los-en-vas-pratery… g’n mens kan agterkom wue en gaan baat nie. Miskien is dit die plan en so kan gunsgenote baat. Bewerings dat oupa Mogabe sy drukpers aan sy nefie geskenk het vir Kersfees. Mens kry respek vir Gigaba vir sy totale eerlikheid soos op ann7 tydens sy ontbyttoespraak met: a) We want to ‘descent’ on a new road. b) Our biggest task is to ‘fire’ the economy.

John ·

Dis ‘n spul los-en-vas-pratery… g’n mens kan agterkom wie gaan baat nie. Miskien is dit die plan en so kan gunsgenote inglip. Bewerings lui dat oupa Mogabe sy drukpers aan sy nefie geskenk het vir Kersfees. Mens kry respek vir Gigaba vir sy totale eerlikheid soos op ann7 tydens sy ontbyttoespraak met: a) We want to ‘descent’ on a new road. b) Our biggest task is to ‘fire’ the economy.

Johan ·

Wie gaan vir die betaal? Zuma jou….net voor jy uitgaan ……nou gaan die implimentering en bevondsing……vir die nuwe ou drommel oorgelaat word….kwalifiseer my kind ook al is hy wit?

Ella ·

Sy tydsberekening vir die afkondiging is bedenklik. Ek het 22 jaar vir plaaslike regering gewerk en nooit R600 000 gesien nie maar ek het twee kinders deur technikon “gesit” sonder enige hulp van die regering of enige ander mens. Hoeveel ” studente” voltooi hul kursusse? Geld in die water gegooi.

Lynette ·

Wat is dit nou? R600 ,000 of R350,000. Albei bedrae word genoem en se vir my nou net mooi niks.

Frans C ·

Van ‘n ander man (belastingbetalers)se vel kan jy breë rieme sny.

Jef ·

Dus dit kom hier op neer dat mense wat geen kinders het nie saam betaal aan die onderrig van ander mense se kinders wat dit self nie kan bekostig nie.
Hoekom n gesin begin as jy vantevore weet dat jy dit alles nie kan bekostig nie en ander met jou probleem opsaal.
Dis dieselfde as my buurman koop n kar en hy kom na my toe en vra of ek elke keer vir die brandstof betaal wat hy nie kan bekostig nie.

Speedguard ·

@Jef………..jy borg reeds ‘n ontsaglike lot, selfs die etes by NASREC, of jy nou bydrae by die studente of vir enige bedrogspul werk maar soos wat jy spaar op die “Darts” verloor jy op die “Swings” hulle sal jou nie bedank nie want dit is hul reg om net te vat ek derhalwe se dankie byvoorbaat vir jou bydrae!

Marius ·

So n subsidie sal lei tot astronomiese skuld vir die staat. Australie het n soorgelyke stelsel waar studente eers hul studieskuld terugbetaal sodra hul n sekere salaris verdien. Selfs die stelsel het oor die jare gelei tot miljarde se skuld wat moeilik verhaal word wat verdere opwaartse druk sal plaas op studiegelde. Die stelsel Kan werk indien studente hul studiegeld Kan terugbetaal, 1% van totale salaris per jaar.

Jean ·

Hul verstaan nie skuld nie en vat ok nie verantwoordelikheid daarvoor nie!Hul zumpies en kie verstaan nie die skade wat dit aan die land sal doen nie! N geval vir hul van daar is nie genoeg geld nie maar moet nie worry nie ons druk sommer gou n paar miljard en siedaar probleem opgelos! Maar iets se vir my hul sal dit probeer by die witman probeer uitkry aangesien daar die groot ongelyke is!
Nog n ding Australia n eerste wereld land het so om en by 25 miljoen mense waar die werk koers stabiel genoeg is en Suid Afrika n derde wereld land met n rommelstatus met omtrent dubbel die populasie van bogenoemde met n negatiewe werkers groei koers! Hoe doen die man sy somme dat hy dink dit sal werk??? Daar is nie medisyne vir dom nie!

Spyker ·

My ouers het hard gewerk en gespaar om my deur university te sit.Hoekom alles nou “mahala” te gee aan almal wat 10 teen 1 te lui of dom is om te slaag en of te wardeer wat hulle kry….aaaarrrrgggg!!!

Blondie ·

Stem 100% saam met jou Spyker! Die lewe is NIE ‘n free ride nie ! Se g@t!!!

Hanna ·

Niks is verniet nie, iemand betaal daarvoor (en gewoonlik teen hul sin). Gratis water, gratis elektrisiteit, gratis gesondheidsorg… Glo my, iewers dok iemand op. Maar nou ja, dis mos weer amper verkiesingstyd.

mmc ·

Hou kan Zuma so iets kwyt raak….dit behoort ook verwerp te word. Hy het geen se meer nie. Laat net sy opvolger met n warm patat.

HPV ·

Hy het ‘n gewoonte gemaak om dom dinge te doen en sê. Dit was eie aan sy bestuurstyl. Hy was letterlik die domste president in die wêreld.

Max ·

Dalk het Zumpie se koeel nou in sy eie voetjie vasgeslaan. Hy besef seker nie dat die groep “welgestelde” witmense wat hy probeer uitsny deur sy klassifikasie van “armes en werkersklas” juis hulle gaan bevoordeel nie. Want baie van hulle haal nie R350 000 per jaar nie. Wat ‘n gekkespul!

Stephen Namibia ·

Toppunt van chaos? Wag tot Universiteite in Januarie heropen.! Wie betaal en wie nie? Hoe wil hulle dit kontroleer?
Ek sien n reuse protes wat weer hieruit voortvloei. Hou hierdie spasie dop!

bgj van der westhuizen ·

el ek wil weet wat dink hy verdien die gewone weker in die land dink die man ons verdein almal die loon wat hy kry hier kom n gemors soos min

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.