Gratis onderwys: SA in die middel van groot veranderinge

Prof. Ahmed Bawa, uitvoerende hoof van Universiteite Suid-Afrika (Foto: ANA)

Die hoof van die organisasie wat Suid-Afrikaanse universiteite verteenwoordig, het gesê die land is in die middel van groot maatskaplike veranderinge in die manier hoe onderwys benader en gefinansier word.

Prof. Ahmed Bawa, uitvoerende hoof van Universiteite Suid-Afrika, het Vrydag in Durban met African News Agency (ANA) by die Diakonia-sentrum in Durban gesels, waar hy kerkleiers en kerkgebaseerde aktiviste sou toespreek oor die rol van die kerk en burgerlike organisasies oor opleidingsake.

“Ek dink ons moet die aanname maak dat ons in die middel is van ʼn groot maatskaplike veranderinge wat betref die skoolfinansieringsmodel, en wat dit beteken is dat daar ʼn groter deelname moet wees van burgerlike organisasiegroepe om dié nuwe stelsel te implementeer,” het Bawa gesê.

Pres. Jacob Zuma het op 16 Desember verlede jaar die opleidingsektor verras deur gratis onderrig te beloof vir tersiêre studente wat uit arm en werkersklas huishoudings kom.

Die aankondiging kom terwyl Suid-Afrika se finansiële uitsig grootliks as onstabiel beskou word en besware aan die lig gekom het dat die land eenvoudig nie die geld het om die inisiatief te finansier nie.

Bawa het egter aan ANA gesê die nuwe model is nie gratis nie, maar eerder ʼn uitbreiding van die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS).

“Ek dink ons moet begin deur te verstaan dat hierdie nie ʼn gratisonderrigstelsel is nie. Dis eerder ʼn uitbreiding van die nuwe NSFAS-beursstelsel wat ingestel is, en dit is ʼn belangrike verskil, want dit beteken dat studente kan nie net outomaties aanvaar dat hulle toegang tot beurse het nie,” het Bawa verduidelik.

“ʼn Beurs kom met ʼn stel voorwaardes waaraan studente moet voldoen, wat die NSFAS-voorwaardes insluit, maar ook voorwaardes wat betref toelating tot universiteit,” het hy gesê. “Ek wil nie die belangrikheid van hierdie nuwe stelsel vir die meerderheid van Suid-Afrikaners onderspeel nie. Ek dink dis ʼn groot vordering van dit wat ons op die oomblik het en ek dink die belangrike ding is nou om te begin verstaan hoe om ʼn behoorlike registrasieperiode in te stel met ʼn behoorlike aanvang van die akademiese jaar en om te probeer seker maak dat ons nie nóg ʼn jaar van onstabiliteit het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dollar as kop-af ·

Uhmmm…so wat is nuut? Rykes betaal vir wat armes “verniet” kry. Daar is net een groot verskil in die “nuwe Suid Afrika”. In die “ou dae” het rykes die armes gehelp wat dit verdien…en dit beurse genoem. Maar niks was “gratis” nie. Jy moes jou beurs “terug werk” vir ‘n tydperk, dus het die “helper” jou arbeid en kennis terug gekry vir sy “hulp”. In die nuwe bedeling MOET die rykes die armes help, die armes “demand” dit as ‘n REG, en weier om enigens ‘n teenprestasie te lewer indien hulle suksesvol is……..want die lewe “skuld” hulle omdat hulle swart en agtergeblewe is……..en vir altyd blykbaar sal wees. Everything For Free……het nog nooit nêrens gewerk nie.

zoom zoom ·

Gratis onderwys moet vir almal wees Gr R tot Gr12 en dan vir studente op univetsiteite of tegnikon. Dan is dit regverdig

Mike ·

Nee Zoom zoom. Die belastingbetaler sal nog meer moet opdok.
Standaarde sal verlaag word. Hordes sal toesak op instellings.
Nog meer mense sal nie die mees basiese woorde kan regspel nie.

zoom zoom ·

Mike.
As die staat ontslae raak van die SAUK SAA ESKOM EN OOK VAN TRANSNET kan gratis onderwys vir almal beskikbaar wees. Plus al dir wat op verpligtr verlof sit by hulle huise en geld ontvang omdat dit solank neem om hulle te vervolg

Jandre Kroeze ·

Gratis onderwys bied geen kwaliteits onderwys nie. Buitendien hoe leer jy die onleerbares?

snoefie ·

ek dink die anc beplan om nkandla en al die paddaman se myne te verpand vir hierdie kolonialisiese droom.

Waardeer ·

As armes dit sou waardeer . En as hul op goeie punte universities toe Kan gaan en ons nie meer belasting betaal nie. Enige tyd. Daar moet dan ook n Klein gedeelte na studies terug betaal word as die persoon n werk het.studente het in die ou dae swaar Gekry en Altyd ekstra werk gedoen Vir verder studie en af betaling.
Ek voel ook ons moenie investors do uit jaag met rasism E nie. Ongelukkig gebeur dit nou deur Mnr Malema, Zuma en ook Cyril, dis stupid en hou op met dit! Jul volk swart wit en ge kleure des lei onder jul uitlatings en aksies.
Dis verkeerd Ek bid dat jul Sal verstaan jul rasism E is verkeerd teen oor ons Almal !!!
Jul Bly in die jaar 2018 en hou julle Mense Se intellectually terug ons moet met Almal Kan saamwerk wit en swart Wat ookal sodat die wereld Kan sien hulle Kan bele in n land van vrede en groei.

Wet en orde ·

Is mense opleibaar wat plunder en afbreek? Hoe kan belasting belasting betaler hierdie las dra. Baie van hierdie aansoekers is deur gesit omdat hul punte jaar na jaar gekook word want hul mag nie druip nie. Gaan hul dit by Univ. ook eis, ons grade en matiekuitslae gaan nog minder in die buite wereld tel. Geen wonder met emmigrante aansoeke vra hul of jy voor of na1994 gematrikuleer of graad gevang het.

Dinarie ·

Die enigste ding in die lewe wat werklik gratis is, is dat die som elke dag opkom.

Alles ander moet op eem of ander manier verdien word (lees ook: voor gewerk word).

Het iemand al ernstig oor die volle implikasies van “grats onderwys” vir armes nagedink.
Kan julle nie insien dat as die rykes uitgesluit word van gratis onderwys hulle in wese tweemaal betaal vir die ” voorreg” om verder te kan studeer. Die eerste KERE deur belasting te betaal om vir die armes “gratis” opleiding te gee en daarna om as ingeskrewe student te mag studeer.

Daan ·

Dit wys jou nou jy hoef nie slim te wees om n professor te wees nie net baie naïef.

John ·

Staatskaping is groter en dalk reeds verder gevoer as wat die meeste mense wil besef… Uitlanders beheer die koppe van die regering met beloftes van wonderlike vooruitgang as hulle idees toegepas word en toegelaat word om die voortou neem. Sake, onderwys, sport, gesondheid… Afrika moet glo hulle word gehelp om beheer te neem… maar dit gaan nooit gebeur nie… Kyk maar. Dis ook hoekom Engels ingevoer word… om hierdie mense en hul landsgenote wat in strome die land inkom, te pas. Ons geagte glo nuwe landshoof het reeds in die slagyster getrap…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.