Gratis onderwys: SA in die middel van groot veranderinge

Prof. Ahmed Bawa, uitvoerende hoof van Universiteite Suid-Afrika (Foto: ANA)

Die hoof van die organisasie wat Suid-Afrikaanse universiteite verteenwoordig, het gesê die land is in die middel van groot maatskaplike veranderinge in die manier hoe onderwys benader en gefinansier word.

Prof. Ahmed Bawa, uitvoerende hoof van Universiteite Suid-Afrika, het Vrydag in Durban met African News Agency (ANA) by die Diakonia-sentrum in Durban gesels, waar hy kerkleiers en kerkgebaseerde aktiviste sou toespreek oor die rol van die kerk en burgerlike organisasies oor opleidingsake.

“Ek dink ons moet die aanname maak dat ons in die middel is van ʼn groot maatskaplike veranderinge wat betref die skoolfinansieringsmodel, en wat dit beteken is dat daar ʼn groter deelname moet wees van burgerlike organisasiegroepe om dié nuwe stelsel te implementeer,” het Bawa gesê.

Pres. Jacob Zuma het op 16 Desember verlede jaar die opleidingsektor verras deur gratis onderrig te beloof vir tersiêre studente wat uit arm en werkersklas huishoudings kom.

Die aankondiging kom terwyl Suid-Afrika se finansiële uitsig grootliks as onstabiel beskou word en besware aan die lig gekom het dat die land eenvoudig nie die geld het om die inisiatief te finansier nie.

Bawa het egter aan ANA gesê die nuwe model is nie gratis nie, maar eerder ʼn uitbreiding van die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS).

“Ek dink ons moet begin deur te verstaan dat hierdie nie ʼn gratisonderrigstelsel is nie. Dis eerder ʼn uitbreiding van die nuwe NSFAS-beursstelsel wat ingestel is, en dit is ʼn belangrike verskil, want dit beteken dat studente kan nie net outomaties aanvaar dat hulle toegang tot beurse het nie,” het Bawa verduidelik.

“ʼn Beurs kom met ʼn stel voorwaardes waaraan studente moet voldoen, wat die NSFAS-voorwaardes insluit, maar ook voorwaardes wat betref toelating tot universiteit,” het hy gesê. “Ek wil nie die belangrikheid van hierdie nuwe stelsel vir die meerderheid van Suid-Afrikaners onderspeel nie. Ek dink dis ʼn groot vordering van dit wat ons op die oomblik het en ek dink die belangrike ding is nou om te begin verstaan hoe om ʼn behoorlike registrasieperiode in te stel met ʼn behoorlike aanvang van die akademiese jaar en om te probeer seker maak dat ons nie nóg ʼn jaar van onstabiliteit het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dollar as kop-af

Uhmmm…so wat is nuut? Rykes betaal vir wat armes “verniet” kry. Daar is net een groot verskil in die “nuwe Suid Afrika”. In die “ou dae” het rykes die armes gehelp wat dit verdien…en dit beurse genoem. Maar niks was “gratis” nie. Jy moes jou beurs “terug werk” vir ‘n tydperk, dus het die “helper” jou arbeid en kennis terug gekry vir sy “hulp”. In die nuwe bedeling MOET die rykes die armes help, die armes “demand” dit as ‘n REG, en weier om enigens ‘n teenprestasie te lewer indien hulle suksesvol is……..want die lewe “skuld” hulle omdat hulle swart… Lees meer »

zoom zoom

Gratis onderwys moet vir almal wees Gr R tot Gr12 en dan vir studente op univetsiteite of tegnikon. Dan is dit regverdig

Mike

Nee Zoom zoom. Die belastingbetaler sal nog meer moet opdok.
Standaarde sal verlaag word. Hordes sal toesak op instellings.
Nog meer mense sal nie die mees basiese woorde kan regspel nie.

Jandre Kroeze

Gratis onderwys bied geen kwaliteits onderwys nie. Buitendien hoe leer jy die onleerbares?

snoefie

ek dink die anc beplan om nkandla en al die paddaman se myne te verpand vir hierdie kolonialisiese droom.