Gratis opleiding vir onnies se kinders; ontbind Gems, vra Natu

skool-21.jpeg

Argieffoto

Die National Teacher’s Union (Natu) het versoek dat opleiding vir onderwysers se kinders gratis moet wees en dat die staatsdiens mediese fonds Gems (Government Employees Medical Scheme) ontbind moet word.

Staatsdiensamptenare, veral onderwysers, word onregverdig deur die regering behandel, het Allen Thompson, adjunkpresident en woordvoerder van die vakbond, Sondag in ʼn verklaring gesê.

Vrae word gevra waarom soveel onderwysers bedank, het hy bygevoeg.

“Hulle bedank omdat hulle nie hul kinders universiteit toe kan stuur nie, want opleiding is duur. Hulle laat hulle pensioengeld uitbetaal om vir opleiding te betaal, omdat hulle nie een kind het nie, maar twee of drie. Daar is ʼn versoek uit alle oorde om gratis opleiding te verskaf en ons weet dat staatsamptenare se kinders nie sal kwalifiseer nie, want die beskouing is dat hulle genoeg verdien. Dit is nie die geval nie, en ons wil nie onder die “vermiste middel”-kategorie in die nasionale finansiëlehulpskema vir studente (NSFAS) kwalifiseer nie, ons wil gratis opleiding hê.”

Hy versoek die “gelykstelling van opleiding omdat universiteitdosente baie verdien” en hul kinders vrygestel word om universiteitsgelde te betaal.

“Hoekom kan ons nie dieselfde stelsel hê nie, want ons staan in diens van dieselfde regering? Hoekom word dosente kwytgeskel van studentegelde, want hulle verdien genoeg – om die waarheid te sê, hulle verdien meer as onderwysers en hulle kinders studeer verniet?”

Thompson het gesê selfs onderwysers van die departement van basiese onderwys is nie kwytgeskel van skoolfonds nie.

Hy het die regering ook versoek om Gems te ontbind. “Gems stort in duie. Die solvensiekoers is nou 9,6%. Dit beteken as jy in Maart na ʼn dokter toe gegaan het, is jou spaargeld nou uitgeput. Gems versuim om sy werknemers te betaal. Hulle het ook wagperiodes ingestel vir lede wat uit die skema bedank en weer aangesluit het. Van volgende maand af is dit ʼn wagperiode van drie maande en 12 maande vir afhanklikes,” het Thompson bygevoeg.

Natu het met ʼn hofsaak begin en ʼn dispuut in die arbeidshof ingedien weens die ondoeltreffendheid van Gems. “Ons wil hê almal wat ʼn beswaar het oor die skema moet hul besonderhede vir ons stuur, sodat ons dit kan saamvat hof toe. Ons wil hê alle lede van Gems moet hul lidmaatskap kan kanselleer sonder om enige voordele te verloor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Elizabeth ·

En wat van ons wat die veiligheid vd land verseker en lang ure werk, ons lewe soms op die spel plaas en helfte minder as n onderwyser verdien met n swakker mediese skema en geen voordele van vakansies ens en laat staan nog ons 1 kind of 3 te laat leer by enige instansie…wat sal ons nou eerlikwaar hierop antwoord u edelagbare???

Marianne ·

Is julle mal??????
Die Onderwysers en nee wag! Staats Amptenare kry baie goeie salarisse en byvoordele!!!
GEMS se laagste twee skale Berryl en Rudy is basies onbruikbaar, God dank ‘n bietjie medies is beter as geen medies nie!
As iemand wil kyk Na waar voordele getrek word kyk Na die SAPS en Polmed!
Moenie kla as jy meer as die minderheid het nie!

M A ·

Mense wat vloere was in Staatshospitale is ook Staatsamptenare. Ek is seker hulle verdien nie sakke vol geld nie. My beswaar is teen mense wat alewig sê Staatsamptenare kry goeie salarisse. Wat is julle definisie van n Staatsamptenaar?

Amanda ·

Hoop dit geld vir alle onnies. Nie net die wat vir staatskole werk nie. Ek spaar my dood sodat my kinders eendag universiteit toe kan gaan.

Platsak ·

Amanda ek is op ongeskiktheid pesioen, my inkomste is te min om belasting te betaal maar die NSFAS se my inkomste is te groot vir n beurs.
75% van my inkomste gaan elke maand net so vir my kind se studies.
Beurse is nie meer vir ons nie ook nie die van Solidarieteit want ek vas nooit n lid nie soos ek verstaan.
Ek kan jou belowe, dit is hel om uit n rolstoel te probeer planne maak maar ons cope, en dan is daar nog mense wat net wil he met sakke vol geld.

Penellope Jones ·

Hulle weet nou nie meer WAT om te doen om aandag te trek nie.
Nou raak hulle maar die kluts geduldig, gedienstig en gedwee kwyt.
Red nou ‘n nasie (land) met sulke denkwyses!
Geen wonder die land is waar hy is nie – plat op sy kniee in die dryfsand.

johann brits ·

Ek verstaan nie hoekom Gems in die spervuur is nie-ja sekere fondse word gou opgebruik maar as ‘n geheel kry ons uitstekende diens ?

Maryna ·

Ek werk met die hartlongmasjien tydens opehart prosedures en wag al langer as 3 maande vir uitstaande gelde. Ons word uit die pasiente se dag tot dag betaal, want volgens GEMS vind hierdie prosedures nie binne die hospitaal plaas nie. Kan iemand net aan hulle verduidelik hartoperasies vind net binne ‘n teater binne ‘n hospitaal plaas. Ons is al moedeloos om dit te verduidelik.

bompie ·

Hulle kan gerus gems ontbind. My moeder is by gems op emerald plan. Haar dag tot dag limiete is baie min. Gaan net 3 of 4 keer dokter toe en dus uitgeput. Sy is al 75. Gee eerder haar subsidie en laat sy kan kies watter medies sy by wil wees. Want as sy gems nou bedank verval haar subsidie ook dus hoekom sy moet bly waar sy is.

Lance ·

Natu moet eintlik vra dat die regering ontbind want hulle help niks of niemand nie anders as GEMS wat nog hier en daar probeer help.

Santjie stoof ·

Toemaar mense
Hierdie is net die begin van die Staatsamptenare Tydperk. Eers Onnies dan Polusie en dan die res van Staatsamptenare gratis onderwys.
Maar moenie jul bollas in n tizz kry nie. Daar is darem deesdae n paar Wyse Manne / vroue wat sekerlik / hopelik dit sal teestaan.
Dit is duur om jou kinders op skool te hou wat nog van Universiteite. Ek haal my hoed af vir mense wat goed en bloed gee om self vir hul kinders se onderwys betaal met trots.

tinah ·

jissssssssss, ek hoop daardie wyse manne kan die gekheid stop!

Paula ·

Behalwe vir onderwysers, het staatsamptenare die heerlikste werk. Oral is daar 6 mense om die werk van 2 te doen. Geen haas met niks, more is nog n dag! En doen bietjie navorsing al die mediese fondse het wagtye vir nuwe lede en by almal moet jy bybetalings maak en raak jou fonds gou uitgeput vir doktersbesoeke en akuute medisyne. Wees net dankbaar julle het nog n mediese fonds.

Columbiana ·

Volgende ding gaan seker wees dat ouens wat vir SARS werk nie belasting moet betaal nie

Koos1 ·

Ja Nee. Onderwysers se kinder nie skool geld betaal nie.
Ek het gister ‘n artiekel gelees. Die regering gee sowat net 10% van alle subsidie gelde terug aan die skole, wat in reg beteken dat die oorblywende betalende ouers dat die wat nie betaal nie, moet subsidieer. So ek betaal inwerklikheid vir 3 kinders skool geld, al het ek net 2 op skool.
Klink die nie vir julle soos ‘n sosalistiese staat nie? dis mos wat ons regering wil he!
O ja en ek betaal belasting ook en ek werk vir die staat en dit net op middel vlak.

Zumie ·

Almal storm vir die soustrein so hard hulle kan maar eish die trein is vol en die brandstof klaar en die wiele gesteel….

Rian ·

Ek is nogal verstom om te lees dat Paula dink “Behalwe vir Onderwysers, het staatsdiensamptenare die heerlikste werk. Die staatsdiens het begin met ‘n vermindering van poste. Dit word gedoen deur natuurlike bedankings, pensioeneerings en die wat afsterwe. Die poste bly vakant en word nie gevul nie. Probeer bietjie die wet en orde handhaaf as daar nie genoeg Polisiemanne en vroue is nie. Kyk bietjie na die verhouding van Polisie tot Burgerlike in Suid Afrika en vergelyk dit met internasionale standaarde. Kyk bietjie na die Polisie se werks omstandighede en salaris en dan praat ons weer oor “die heerlikste werk” Watter goeie salarisse en byvoordele kry die staats amptenare? Kan mens byvoordele eet? Jou kinders daarmee universiteit toe stuur?
Wat GEMS aan betref: ek het verskeie personeel wat in my afdeling werk wat lede van GEMS is. Ek kan net vir julle meedeel dat GEMS stink. Iets is fout met die wyse waarop die lede se geld gemors word en hulle net nooit fondse het nie. Dit is altyd “UITGEPUT.” As ek POLMED met GEMS vergelyk en ek kyk na wat dieselfde posvlakke betaal vir hul onderskeie mediese fondse, dan is GEMS regtig aan die verloor kant. En die personeel wat verplig word om aan GEMS te behoort is die personeel wat op die laer salaris skale is. Ek wil net weet: hoekom word staatsdiens amptenare verplig om aan GEMS te behoort. Is dit nie inbreuk op hul grondwetlike reg op vryheid van assosiasie nie?

Trudi ·

Is op die oomblik besig met n authorisation vir n eenvoudige prosedure deur n uroloog. Hull wil dit nie goedkeur nie. Gems is defnitief in groot moeilikheid!

Dick ·

Die ou MHVS het Na GEMS verander. Vir ‘n geruime tyd kon afgetrede Starts Amptenare wat net op die basiese lewe Na enige ander Mediese Fonds toe gaan. Tog is hulle onbekostiglik duur! En jou mediese subsidies van die Staat val WEG. Met GEMS word mens darem nog gesubsideer en kan jy as jy op ‘n hoer skaal is en dit kan bekostig Na ‘n privaat hospitaal gaan – laer sale soos Berryl en Ruby het geen voordele nie en moet na Staats hospitale toe gaan. EK STEL VOOR NATU ONTBIND EN OP HOU INMENG!

Jean ·

Wat se twak is dit? AS jy onderwyser is kan jou kind verniet gaan studeer, as jy ‘n gewone kantoorwerker is mag jou kind nie gaan studeer tensy jy die volle fooie betaal nie? As julle nou brandende bande en standbeelde wil sien, moet julle daardie een in werking stel. Ons almal weet dat dosente se kinders goedkoper studeer, maar GRATIS? Nonsens en as die onderwyser bedank, gaan sy kind dan aan, of moet hy dan soos gewone mense begin betaal? Onderwysers loop omdat die toestande by skole daagliks verswak agv die REGERING en MINISTERS se inmenging niks met hulle kinders te doen wat nie kan gaan studeer nie.

Scalla ·

wagperiodes en laataansluitings boetes is daar gestel deur die raad op mediese skemas en is op almal van toepassing, wat maak n onderwyser dan so spesiaal?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.