Gratis regshulp gebied vir eerste grondonteiening-slagoffer

Maite Nkoana-Mashabane. Foto: Flickr/GovernmentZA

AfriSake het Woensdag aangekondig dat die organisasie gratis regsaksie sal instel namens sy eerste lid wat ’n slagoffer word van onteiening sonder vergoeding weens ’n wysiging van die eiendomsklousule in die grondwet.

Luidens ʼn verklaring van dié sakeregtewaghond sal alle lede van AfriSake, individue sowel as maatskappye, hierdie beskerming geniet.

Dit kom nadat Maite Nkoana-Mashabane, die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Dinsdag tydens die Nasionale Forum vir Dialoog in Johannesburg, waar die regering se planne vir grondonteiening sonder vergoeding bespreek word, gesê het haar departement het reeds ʼn toetssaak vir grondonteiening sonder vergoeding geïdentifiseer en berei nou voor hiervoor.

News24 berig Nkoana-Mashabane het gesê daar kan nie op die parlement gewag word om te kyk of en hoe die grondwet gewysig moet word nie. “As ons nodig het om jou grond te onteien, gaan ons dit doen, want dit is in die grondwet. Daar is elemente wat sê, as jy in Brussel woon en jy gebruik die grond wat my kinders moet voed om mee te spekuleer, dan sal ons dit doen,” het sy gesê.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, het Woensdag gesê AfriSake sal nie huiwer om regsaksie in hierdie verband in te stel nie. “Ons is gereed om regsaksie namens die eerste AfriSake-lid in te stel wie se eiendom ingevolge ’n wysiging van die eiendomsklousule in die grondwet sonder vergoeding onteien word en sal die regskoste daarvoor dra.”

Le Roux sê verder dat AfriSake nie by só ’n onreg sal berus net omdat dit in die grondwet ingeskryf word nie. “Onteiening sonder vergoeding is diefstal, of dit grondwetlik gemaak word of nie.”

“Boonop sal die verwatering van eiendomsreg in Suid-Afrika tot ernstige ekonomiese skade en maatskaplike ontwrigting lei – dit sal glad nie in openbare belang wees nie. Dit sal die vordering met grondrestitusie sedert 1994 omkeer, en die enigste twee bronne van suksesvolle grondhervorming – welwillendheid en die vryemark – belemmer, en laat Suid-Afrika dan met slegs regeringsgrondhervorming,” het hy gesê.

“En om skande by skade te voeg, wys alle aanduidings dat die ANC en EFF van plan is om die staat die kurator of eienaar van grond te maak, wat sal lei tot selfs minder swart, bruin en Indiër-eienaars as wat tans bestaan. Enige ondermyning van die eiendomsreg van wit grondeienaars sal ook ten koste van die eiendomsreg van alle rassegroepe in Suid-Afrika geskied.”

Benewens die voorbereiding aan ’n regsaak werk AfriSake ook aan ’n omvattende plan vir die beskerming van eiendomsreg. Hierdie plan sal in die besonder fokus op die voorgestelde wysiging van artikel 25 van die grondwet, maar ook op die beskerming van eiendomsregte in die algemeen.

Le Roux het gesê meer hieroor sal eersdaags bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

GM ·

Kan die wat onteien word maar die ministers en kie. se plekke vir hulself gaan opeis? Hul salarisse kon gebruik geword het om duisende kinders te voed.

Eish ·

Liggewig minister wat geen konstruktiewe bydrae tot buitelandse sake kon lewer nie en Albashir by die agterdeur laat uitglip het toe niemand kyk nie.
Ons gaan in n kopstampsituasie wees met die meerderheidsregering tot die einde. Goed gedoen Afrisake.

Theresa ·

Ai jai jai jai jai. Yes, we will do what we want to. Duidelik die afgrond in.

marous ·

Dagvaar elke opsweper oor grondbesetting in persoonlike hoedanigheid sonder om vergoeding van te vra. As daar miljoene sake op die hof rolle is , gaan hulle verseker probeer om hulle af te vee maar dit gaan nie werk nie. Stuur vir elke eienaar van eiendom oorsee kennis van die vrou se uitlatings en versoek hulle vir fondse om hierdie drakoniese wetgewing te beveg. Moenie wag vir toets sake nie .

Pa, oupa en amper oupagrootjie Vlakvark ·

GEEN mens se lewe kan in Rand bereken word nie.
GEEN mens of groepe mense het die voorreg of reg of regverdiging om enige menselewe te neem nie.
GEEN oorlog kan geregverdig word nie.
GEEN mens kan ‘n enkele haar van ‘n mens maak nie, nog minder sy lewe.
GEEN oorlog was ooit die moeite werd nie.
GEEN verdere oorlogspraatjies nie, asseblief !!!!!!!
Laat ons gesien word die sout en die lig in hierdie deurmekaar wêreld te wees wat staan vir die uitbreiding van reg en geregtigheid.

Hennie ·

Estelle, noem een saak wat GN al gewen het ivm menseregte, hy is maar net daar vir “show” en ‘n salaris Afriforum net blaf gen byt.

Reguit ·

Wat dink die wittes wag op hulle? Daardie sogenaamde ‘groot vrede en voorspoed’?

Nita ·

Ja Mnr Ramaphosa, jy met jou mooi troospraatjies oor hoe onteiening sal plaasvind. Die volk wys nou hulle sal doen wat hulle wil, wanneer hulle wil. Geen grondwet gaan hulle keer nie.

Oom Kalahari ·

Begin by King Zweletini se 3 miljoen ha en dan Nkandla, ongerepte staande villages, die regerings gronde ens. Die biere hwt hard geswoeg en sweet vir hul grond deur generasies heen.

Rynhardt ·

Minister Mashabane,ek is wit en het nog nooit n stuk grond gehad waar ek my eie ou nessie kan oprig nie.Agbare minister sal u asseblief sorg dat my saak voorkeur geniet,want ek wil ook skatryk word.????????????????????????????????????????????????????????????????☕☕?????

PvZ ·

So snaaks dat die twee artikels, Vici Momberg se dubbele standaarde artikel, en hierdie een so onder mekaar is. Wat gaan gebeur as julle die “hofsaak” wen? Vir wie werk die polisie, of selfs die majoor wat nie omgee om wit menses se oë uit te steek nie? Hoop daar is ‘n plan B,C of D. En hopelik is Plan G,H en I, nie nogsteeds die hoop die regstelsel of selfs buitelandse regstelsel ons gaan help nie.

M Pienaar ·

Oorsese lande moet sg. “foreign aid” betalings aan SA regering terughou en onteiende boere daaruit vergoed. Dit wat oorbly elke jaar kan hulle dan aan die SA regering betaal wat dit dan kan vermors op groot salarisse, tog net nie skole daarmee opbou nie… Blykbaar gee die VSA $300miljoen per jaar!!!! Weet nie hoe leef ‘n Amerikaanse burger daarmee saam dat hardverdiende belastinggeld so vermors word op regerings wat nie die vrye wêreld se ekonomiese en regsbeginsels respekteer nie.

Rynhardt ·

M Pienaar,die Trump -administrasie het verlede jaar $350miljoen geskenk aan Anc wat talle mense(wat weet waaronder die boere gebuk gaan in SA),woedend gemaak het.Nou kan SAKP en Anc lekker lewe terwyl hul daardie gelde kon gebruik het om hul eie ondersteuners te vestig op grond,maar dit is te lekker om te vat van die wat grond het!??????

Christa ·

En onse vriend met sy rooi pakkie aan her klaarblyklik sy ogies op n wynplaas in die Wes-Kaap. Is dit hoekom hy vir die Khoisan dame gesê het hulle is “the same” – want hy wil sekerlik nie in Limpopo grond hê nie, nee Wes-Kaap soveel beter vir onse kameraad.

Genieve ·

Estelle…Gerrie Nel was gister hier in die suid-kaap Riversdal is die dorp se naam met die gemeenskap kom gesels…oor plaasmoorde en jou reg op jou eiendom.

Rynhardt ·

Minister Mashabane,ek het nog nooit n stukkie grond gehad en huisie gehad nie.Sal my aansoek voorkeur geniet,want ek wil ryk word en lekker lewe????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????

TLC ·

Afriforum werf julle nog kliente want tel op julle hande met hvl sake het jul as n wenner uit die hof gestap en van watter Gerrie Nel word daar so gepraat wie was hy nou weer. Regtig hier is net nog n eff sleepsel wat in sagter woorde sê ons maak wat ons wil en CR beteken boggerol

Yandri ·

Beste Maroela, ek wil graag uitwys dat dit “individue” is en nie “indiwidue” nie…

Cyril Blackburn ·

Dagsê Yandri
O, aarde – ons vra om verskoning vir die growwe oorsig! Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

RN ·

Is reg. Julle sal sien hoe vinnig word sanksies ingestel. Onteien en kyk hoe vêr kom julle.

Fanie kemp ·

Ai mense! Kan julle nie asseblief hierdie nydigheid, verdagmakery en afbrekende kommentaar teenoor Solidariteit, Afri Forum en hul aksies wat hulle elke liewe dag op talle terreine namens en in belang van ons en ons kinders se toekoms doen mee end kry nie.

Estelle, TLC en ander, vind uit hoe werk Privaat Vervolging en waar pas Adv.Gerrie Nel in die prentjie. Miskien moet Afri Forum maar weer verduidelik.

Terloops, Afri Sake is die Sakeregtewaghond en ook deel van die oorkoepelende Solidariteit Beweging. Hulle het juis in die berig hierbo aangedui hulle is reg om slagoffers van onteiening sonder vergoeding, te help.

Ek wonder soms of hierdie persone wat so snedig en nydig is teenoor ons organisasies, nie geplant is om sodoende die goeie werk te probeer saboteur.

Andrea ·

Ek glo nie hul is geplant nie. Dis egter sulke mense wat veroorsaak dat ons Afrikaners nog altyd in skaakmat posisies was, is, en sal wees. Pleks van om saam met n groep mense te werk, saam met die groep te beweeg wat ten minste iets doen en nie net sit en kla en gal braak nie, rem hul enige vooruitgang deur die leiers van die groep en ander lede verdag te maak.
Afriforum en Solidariteit doen BAIE vir hul lede. Op die heel minste voel ek nie heeltemal soos n wit padda wat stadig gaarkook in CR se pot nie.

Opbouend Oupa Erdvark van Toekomsplaas ·

Fanie, ek stem volhartig saam. Die lewe is só kortstondig en die tyd só min om self ‘n beskeie bydrae te maak om Suid-Afrika te verbeter vir ‘n vredevolle voorspoedige regverdige toekoms vir ons nageslagte. Laat ons nie ons kosbare lewenstyd mors op snert soos afbrekende kritiek en die slinger van verwyte en modder nie. Daar is net één hemel in die hiernamaals. Wees sout en ‘n lig in hierdie deurmekaar wêreld.

Antoinette Burger ·

Hopelik sal dit deel van die die president se ou grondjie wees wat in die toetssaak onteien sal word. Hy moet mos ‘n voorbeeld vir die ganse nasie wees.

Afrikaanse Knaap ·

Die EFF en ANC gaan ons in ‘n sosialistiese kommunistiese staat in bewimpel.

Rooikop ·

Stem saam met Antoinette. Pres Ramaphosa het n plaas by Bela Bela en Badplaas

Groot stuk aarde vir baie sinkhuisies ……………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.