Gratis regshulp vir ANC-LP’s wat teen Zuma stem

Pres. Jacob Zuma (31 Mei 2017) Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Die South Africa First Forum het Sondag gratis regshulp belowe aan enige ANC-LP teen wie daar stappe gedoen sou word indien hy of sy Dinsdag ten gunste van ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma stem.

SA First Forum se adv. Rod Solomons het Sondag in ʼn ope brief aan ANC-LP’s gesê die forum is bewus daarvan dat ANC-LP’s moet besluit of hulle met hul gewete gaan stem, terwyl hulle bekommerd is oor die implikasies indien hulle die opposisieparty se mosie ondersteun.

“Baie van julle en jul families is afhanklik van jul parlementêre salaris vir jul lewensbestaan. Sou julle uit die parlement herroep word, hou dit ernstige gevolge vir julle in,” het Solomons gesê.

“Die #SA1st Forum onderneem hiermee dat ons op ʼn pro bono-basis vir jou regshulp sal bied indien jy deur die ANC voor ʼn dissiplinêre komitee gedaag word omdat jy met jou gewete gestem en die mosie ondersteun het. Sterkte vir Dinsdag. Namens ons almal by SA First Forum.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Alida ·

Jinne maar die ANC is bang. Toe hulle Thabo Mbebi uitgeskop het het geen haan daarna gekraai nie. Help my ek verstaan nie.

MissDemeanor ·

Ek het noudidag daaroor gedink Alida. Elke politieke party kan hul eie kanidaat herroep. So wat in Mbeki se geval gebeur het, die ANC het hom ge fire tydens ‘n ANC vergadering, so dit was nie in parliment nie. Hul jet hom ge fire as ANC leier, en dus was hy outomaties ook nie meer president nie. Want die party se leier is outomaties president. Maar Zuma het soveel ondersteuners, dus word hy nie ge fire by die ANC meeting nie. Die mosie van wantroue is iets wat gebeur in die parliment self. Die ANC MPs is bang, want hul interne reels se dat hul besluite in lyn moet wees met wat die party se bestuur besluite. So as hul vote om hom te fire dan kan hul self ge fire word. Ek hoop hul vat die kans en raak ontslae van hom. Hy is 785 keer meer korrup as Mbeki. Maar Mbeki het nie soveel ondersteuners in ANC gehad as wat Zuma het nie.

Adam ·

Miss Demeanor, die ANC Leiersberaad wat twee jaar voor die verkiesing gehou word en waar oa die NUK verkies word, beteken nie dat die nuwe ANC- President dadelik die rol van Suid-Afrika se Preseident oorneem nie. Dit kan slegs gebeur indien die ANC dan die SA President herroep soos wat met Mbeki gebeur het. Zuma kan dus tot die volgende algemene verkiesing in die stoel wees ten spyte daarvan dat die ANC ‘n nuwe (party)-President het, tensy hy formeel herroep word. Die DA word heel korrek deur Cherokee as ‘n “swart” party gesien en glo my, hulle sal nooit enigiets anders as ‘n geheime stemming hou nie, vandaar my verbasing oor die gekef van sommige opposissie-partye. Trouens, om af te wyk van ‘n geheime stemming sou afbreek doen aan demokrasie. Hoe dit ook al sy, Zuma is so’n korrupte pateet dat alles en almal na strooihalms gryp om van hom ontslae te raak en met reg ook. Die verskil tussen die Mbeki en Zuma se posisies is eenvoudig. Mbeki is deur sy eie party na ‘n interne besluit herroep, terwyl in Zuma se geval van die Parlementere proses gebruik gemaak word via ‘n mosie van wantroue wat deur die opposissie geloods word.

Jack Daniels ·

Goei gebaar. Dis wys hul staan nie alleen as hul teen hom stem nie. Aan moediging.

Gerrit ·

Alida, weet jy nie wat die ANC in Angola in diwe geheim gedoen het nie? Selfs hier by ons is mense dood gemartel.

Anoniem ·

Klink of hulle ook gratis sekuriteitswagte gaan nodig kry….

Al ·

Wanneer jy jou eie kruis het om te dra en jy weet dis net Christus wat jou kan help, begin mens n nuwe les leer.
Ons vrees en is negatief oor hierdie regering en die probleme en resessie wat dit veroorsaak. Die onregverdigheid.
Bietjie vir bietjie leer ons om van daardie vrees en negatiwiteit ontslae te raak. Want ons weet dat God is in beheer en Hy sien die groter prentjie.
Arrogante en selfbehepte mense is net ñ stofkorreltjie wat die Here fyntrap soos stof.
Ons sal nie vrees nie. God is in beheer. Ons moet ons dae eerder slyt in vreugde en geloof.

Hou Zuma ... ·

Die mosie teen Zuma moet nie slaag nie. Hoe langer Zuma bly, hoe meer binnegevegte is daar in die ANC. Die ANC gaan homself verwoes, en Zuma doen goeie werk om dit te bewerkstellig.

Veritas ·

Zuma is my held. Hy het manalleen reggekry wat geeneen van die opposisiepartye tot dusver kon nie. Die ANC is tans só gefragmenteer dat dit net swakker en swakker gaan word. Zuma het lankal die besluit geneem om die ANC saam met hom te laat val. Vandaar die gerugte van burgerskap in die VAE. Waar ‘n rokie trek, is daar ‘n vuurtjie.

Andre ·

Hou dop!

Zuma gaan geweld “stage” sodat hy ‘n rede het om ‘n NOODTOESTAND af te kondig.

Onder noodtoestand wetgewing kan hy die ANC Konferensie in Desember 2017 onbepaald uitstel sodat die ANC nie ‘n nuwe leier kan aanwys nie.

Zuma kan ook die 2019 VERKIESING onbepaald uitstel … en aanhou regeer “tot in lengte van dae…!

John ·

Die ANC was nog nooit van plan om ‘n party te word nie. Waar staan dit? Die manier hoe hulle die land bekom het, bewys dit met “Sorry. Hier’s dit op ‘n goue skinkbord. Dis mos eintlik julle s’n.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.