Gratis universiteitstudie: Kommissie aangewys

Argieffoto: Twitter

Argieffoto: Twitter

ʼn Kommissie van ondersoek is deur pres. Jacob Zuma aangewys om die befondsing van universiteite, asook moontlike gratis tersiêre onderwys, te ondersoek.

Suid-Afrika is in 2015 geruk deur studentebetogings wat verskeie universiteite tot stilstand gedwing het. Studente het betoog teen onder meer klasgelde. Zuma het verlede jaar ʼn 0%-styging in klasgelde vir die huidige akademiese jaar aangekondig.

Die regering en universiteite het ná ʼn vergadering tussen die presidensie en visekanseliers van die universiteite, onderneem om gesamentlik vir die tekort wat die 0%-verhoging op die universiteite se lopende rekenings veroorsaak, pa te staan.

Die kommissie sal gelei word deur regter Jonathan Arthur Heher, wat bygestaan sal word deur adv. Gregory Ally en Leah Thabisile. Volgens die presidensie moet die kommissie “die moontlikheid van gratis universiteitsonderrig vir studente ondersoek en aanbevelings aan die president maak”.

Die kommissie moet hul verslag en aanbevelings binne agt maande voltooi en hul finale verslag binne tien maande gereed hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Onrus ·

‘n Verdere 10 maande van onrus, betogings en geen studies ni. Zuma is uitgeslape met sy vooraf aankondiging van geen klasgelde ni. So wen hy duisende stemme.

DPJ ·

Die sal seker net gesellekteerde kaders wees en nie vir almal nie.

StopTheMadness ·

Hoe kan iemand met n gr 2 kwalifikasie besluite neem oor die toekoms van universiteite. Ons almal weet wat die uiteinde van die saak gaan wees; Histories het ons universiteite grad kurusse aangebied teen n koste en dit was internasionaal aanvaar. In die toekoms sal ons afgewaterde grade aanbied met beperkte begrotings wat nie internasionaal aanvaar sal word nie. Die regering se posisie is om liewer n swakker kwalifikasie aan die massas te gee as om n goeie kwalifikasie te gee aan die wat dit kan bekostig. Dit sal nie stop by klasgelde nie, volgende is verblyf, dan voedsel, dan vervoer en dan moet die regering hulle nog werk gee daarna ook. Stop This Madness!!

Leutha ·

Soos my huiswerker my nou die dag vra: “hulle wil alles verniet hê maar, wanneer hulle klaar graad kry en begin werk, gaan hulle, hulle dienste ook gratis aanbied?” Alles moet dan mos verniet wees.

Annoniem ·

So, wie gaan die klasse aanbied teen geen vergoeding nie? Hoekom sal enige persoon ‘n universiteits lektor wil word of in die akademie bly teen minimale, staats vergoeding as hulle vir ‘n baie goeie salaris elders in privaat sektor of oorsee kan werk?

mdondo wami ·

What the fudge??? En hoe in hades gaan hulle die begunstigdes laat slaag?
Ek moes R350,000.00 vir my jongste se studies betaal (5 jaar, regte). Bloedgeld. Ek het moes oortyd werk en kon nie luukses soos bv tamatiesous of ‘n biertjie of 2 bekostig nie. Nou het hy sy graad, maar BEE verhoed dat hy in sy regte hoedanigheid aangestel word eh hy werk huidiglik vir R5,000 per maand as ‘n kantoor assistent.

Daar is geen regverdigheid in hierdie fattap land van ons nie…

Berhalet Beukes ·

Al hulle universiteitsopleiding gratis wil verskaf sal hulle maar almal wat gestudeer het moet terug betaal! Dit sou mos net reg wees! Belaglike spulletjie hierdie!

Tommie ·

Studente wat gratis opleiding sou ontvang het die volgende implikasie. Meeste van die studente gaan nie hulle studies voltooi nie aangesien hul niks het om te verloor nie aangesien geen finansiele bydrae(commitment) gemaak is nie.

Francois ·

Tommie, jy is 100% reg. Die aantal studente wat tans hul grade of diploma’s binne die voorgeskrewe minimum-tyd voltooi, is reeds kommerwekkend min, terwyl die uitvalkoers (studente wat hul studies staak) asook die aantal studente wat veel langer as die minimum-tyd neem om hul grade of diploma’s te verkry, besonder hoog is. En dít terwyl dié studente vir hul studies moet betaal. Kan jy jou voorstel hoe hierdie tendense gaan vereger indien studente geen finansiële verpligtinge ten opsigte van hul studies het nie? Gratis tersiêre onderrig sal ‘n bodemlose put word waarin die regering miljarde Rande sal stort, sonder om enige wins op dié ‘belegging’ te toon.

Gessie ·

Aitsa nou wat van gratis onderig in laer e hoerskole,ons betaal net so baie in dood gewone skole ,wat vir een geld geld vir almal .

Wonder ook maar net ·

Gessie ek sal ook graag wil weet. Die op universiteit is daar omdat hulle daar wil wees, of dit is te studeer of om met getalle die blankes wil uithou. Maar skoolgaande kinders word deur die regering verplig om daar te wees, hoekom moet die ouers, wit, swart of bruin, wat dit NIE kan bekostig nie, verplig word om skoolgeld te betaal. Sal daar n #skoolfondsmoetval ongehoorsaamgheid begin word ?

Marie ·

Amerika is n ryk land en daar word nie eers gratis universiteitsonderrig aangebied nie. Wie gaan daarvoor betaal?Wat n gekkespul!!

HEVW ·

Beslis, vir baie word op hierdie wyse n heerlike gratis vakansieoord geskep waar aanspreeklikheid nie geduld sal word nie. Die heerlike studentelewe waaraan n bepaalde status kleef.

Vixie ·

Ek het net ‘n vraag en hoop iemand kan antwoord. Dit het nou nie regtig iets met gratis onderrig te doen nie, maar kom myns insiens half op dieselfde ding neer. Wat goed is vir een moet mos dan vir die ander een ook geld? Wat het geword van die storie dat die mense in Soweto ‘n “flat rate” vir elektrisiteit wou betaal? Het dit toe gebeur?

Doeeif ·

Vixie, nee. Soweto residente betaal eenvoudig nie vir elektrisiteit nie. Nie eers ‘n flat rate nie.

Knersus D ·

Net een woord: Entitlement. Hulle kan net demand, maar wil niks terug gee nie. En wil alles vernietig – infrastrukture wat hulle kan bevoordeel word afgebrand of gesteel

doeffie ·

Entitlement – wil alles he maar wil niks terug gee nie.

pretee ·

En dan die liewe I-Pads en tablets wat net eenvoudig verdwyn. Gaan dit ook gratis voorsien word? Ek het reeds 3 in minder as ‘n jaar “geskenk” vir die comrade-students.

alida ·

Joleen, wonder ek ook. Is witmense dan ook kwytgeskeld ?. Hoop so want my kleinkinders gaan nou Universiteit toe !!! Die verskil is net hulle wil STUDEER en later iets van hul lewens maak en ‘n toekoms bou.

Bach ·

Blykbaar is die voorsitter van Z se kommissie ‘n blanke. Waarom? Net dat hy later as ‘n rassis beskou kan word as hy nie lekker saamspeel nie. Daar is mos genoeg swart regters wat ook die taak kan doen of wat praat ek alles?

Fanie ·

Kan daardie GEK nie uitgeskop word uit die parlement nie. Hy dryf ons net meer in die afgrond in!! Weg met Zuma!! Weg met die vryheidsmanifes!!

Henri ·

Mense, Dink ons moet ophou kerm en met ‘n plan kom wat sal werk. Dink amper ek het een……..
Alle studente wat gratis oderrig verlang, moet eers een vak (Gratis vir die eerste 3 maande) slaag. Die vak is Ekonomie Prakies 101 ff so iets. Dit behels basies slegs een taak. Maak jou eerste miljoen. Gegewe die beoogde mark is 40 mil. verbruikers, die produk word daagliks verbruik, daar is geen vasgestelde wins-grens nie. Die student mag enige vorm van bemarking en verkoop gebruik betaalbaar deur die student self. Daar is geen beperking op die aantal helpers wat hy gebruik nie. Die student moet brood verkoop, verkry Gratis van enige bakkery, tuisnyerheid ens. O, en hy/sy mag invoer en uitvoer ook.
Sodra hy/sy ‘n miljoen rekenig of kontant kan bewys, kan hy enige vakke wat hy dalk nog wil he bekostig, Wie dink dit kan werk????

Sarie ·

Is die ANC regtig so bang vir die studente om net eenvoudig op te staan en te erken die land kan eenvoudig nie gratis universiteitsonderrig vir al die massas bekostig nie. Ek wonder maar net waar al die geld vandaan moet kom? Nou word ‘n kommissie van ondersoek aangestel wat maande gaan duur en miljoene indien nie miljarde rande gaan kos nie. Stort dan liewer daai geld in die studentefonds. Ai daar is darem regtig nie pille vir onnoselgeit nie

Riette ·

Dis nou absoluut belaglik om dit te verwag, dan moet als gratis wees, dan hoef ons ook nie huur of water en ligte of skoolfonds vir ons kinder te betaal nie, waar gaan die land dan opeindig. Regtig man word wakker !!! Als kan nie verniet wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.