Grayston-brug: Nuwe inspekteur vir ondersoek

Foto: Netcare 911

Tibor Szana, hoofinspekteur van die departement van arbeid, het Donderdag aangekondig dat Phumudzo Maphaha as die nuwe toesighoudende inspekteur aangestel is vir die ondersoek oor die ineenstorting van die Grayston- voetganger en fietsrybrug.

Maphaha neem die leisels oor by Lennie Samuel, wat die ondersoek tot dusver gelei het. Szana het gesê Samuel het ongelukkig gesondheidsprobleme en sal nie verder die ondersoek kan lei nie.

“Ek het gevolglik mnr. PO Maphaha aangestel as die toesighoudende inspekteur,” het Szana gesê.

Maphaha was verantwoordelik vir die ondersoek oor die strukturele ineenstorting by Tongaat-winkelsentrum en die strukturele ineenstorting in Meyersdal.

Die ondersoek oor die Grayston-brug is in 2015 deur die departement van arbeid aangekondig. Die artikel 32-verhoor sou enige nalatigheid ondersoek wat moontlik tot die beserings en sterftes gelei het toe die brug ineengestort het. Die brug op die M1-snelweg het op 14 Oktober 2015 ineengestort terwyl dit nog onder konstruksie was. Twee persone is dood en 19 ander beseer.

Die ondersoek het sy eerste sitting in Februarie 2016 gehou en die laaste sitting op 27 September 2017. Die ondersoek is uitgestel tot Julie 2018.

Lees alle vorige berigte oor die Grayston-brug op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pik ·

Gaan kyk hoe was die kontrak toegeken erger as die gupta sage

cor ·

Die saak sloer nou al so lank en as daar ooit eendag tot n bevinding kom is die skuldiges lankal nie meer met ons nie. Die betrokke maatskappy moontlik ontbind met nuwe naam, nuwe ou bestuur en nuwe kontrakte vir onveilige en onbekwame werksaamhede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.