Grayston-brug: Ondersoek wéér uitgestel

Foto: Netcare 911

Die ondersoek na die oorsaak van die ineenstorting van die tydelike brugstruktuur by die Grayston-afrit op die M1 in Johannesburg is na volgende jaar uitgestel.

Dit volg ná ʼn twee dae lange sitting van die kommissie van ondersoek by die departement van arbeid se kantore in Pretoria.

Die artikel 32- kommissie van ondersoek is deur die departement van arbeid begin nadat die brugstruktuur op 15 Oktober 2016 ineengestort het. Twee mense is in die voorval dood en 19 mense beseer.

Die ondersoek is deur die departement ingestel kragtens die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid om te bepaal of daar enige nalatigheid of nienakoming van wetgewing was.

Lennie Samuel, voorsitter van die kommissie, het besluit om die saak uit te stel nadat hy nuwe getuienis van Garry Farrow, ʼn meganiese ingenieur, aangehoor het. “Die getuie het die kommissie onkant betrap nadat hy ʼn verslag ingedien het wat nog nie deur die kommissaris of Murray & Roberts (die hoofboumaatskappy) gesien is nie,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Foto: Netcare 911

“Die kommissaris het saam met die regsverteenwoordigers van al die belanghebbendes besluit dat, in die belang daarvan dat die verhoor sonder onnodige vertraging voortgaan, verdere voortsetting met deskundige getuies die verhoor onmoontlik kan maak,” lui die verklaring.

“Die kommissaris het besluit die bewyse wat hy tot dusver bekom het, is voldoende sonder om kenners verder te kruisondervra en daarom is die voorstel [van uitstel] van die regsverteenwoordigers aanvaar.”

Samuel het gesê indien dit nodig sal wees om kennergetuies weer voor die kommissie in te roep, sal dit gedoen word tesame met die ander ongeveer 20 getuies wat nog moet getuig.

Die departement het gesê ʼn tydperk van Julie tot September 2018 is vasgestel om die saak af te handel. “Dit is die enigste datums wanneer al die regsverteenwoordigers beskikbaar is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eish ·

SAICE, die instituut van siviele ingenieurs, gee ons infrastruktuur tans n D gradering. Dit is maw n kommerwekkende toestand en dui op verval. Pas is ons 14 posisies afgegradeer tov mededingendheid internasionaal. Die redes daarvoor is ons almal bewus van.

Dit is baie duidelik dat diegene wat die Westerse waardestelsel aanhang, aspekte soos uitnemendheid, goeie bestuur, eerlikheid en integriteit, beplanning, professionaliteit, doelmatigheid, instandhouding, Christelike waardes en vele meer, ernstige sielswroeging tans moet ondergaan deur die verrotting op alle vlakke van die samelewing.

Afrika-intellektuele tradisie.

Die vraag kom onwillekeurig by n mens op of hierdie situasie tiperend van Afrika demokrasie is. Wees die oordonderende hoeveelheid getuienis wat strook hiermee, blyk dit tog n korrekte afleiding te wees.

Wat ons bring by die punt dat diegene wat genoemde Westerse waardes aanhang, hul in die wildernis bevind. Die situasie impliseer verdere verrotting van so n omvang dat geeneen ongeskonde gaan bly nie.

Nou, meer as ooit tevore, sal ons maar ons gewig agter Burgerregte organisasies moet ingooi.

Hendrik van George ·

Vertraag, uitstel, verleng, af water – dit is n kenmerk van SA se regstelsel. Moenie iets gou verwag nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.