Greenpeace die joos in vir SA oor plastiek

(Argieffoto: Pixabay.com)

Greenpeace is woedend nadat ’n gelekte dokument glo onthul het dat die Suid-Afrikaanse regering ’n nuwe voorgestelde wêreldwye ooreenkoms ten opsigte van plastiek gaan verwerp.

“Plastiekondersteuners probeer om antiplastiek-ooreenkomste te ondermyn en Afrika-lande met plastiekafval te oorstroom,” het dié omgewingsgroep Dinsdag gesê.

Luidens dié dokument, wat deur Mail & Guardian gelek is, is die departement van omgewingsake, bosbou en visserye bang dat ’n plastiekverbod dit onder meer vir Suid-Afrika moeilik sal maak om op die handel van plastiekafval te kapitaliseer.

“Dít ondanks die feit dat Suid-Afrika die derde grootste oortreder in Afrika is, wat betref plastiekafval wat op land gestort word en in die see inloop, en 11de in die wêreld,” het Angelo Louw, hoof van Greenpeace Afrika se Pan-Africa Project Plastic, gesê.

“Afrika se riviere, die see en gemeenskappe is vol plastiekafval en storting is aan die toeneem. Suid-Afrika se versuim om leiding te neem ten opsigte van die plastiekkwessie moet egter nie ’n presedent skep nie en Afrika-regerings moet die ondertekening van dié beleid prioritiseer om die plastiekkrisis op te vasteland op te los.”

Louw sê dat Suid-Afrika hom doof hou vir die land se behoefte aan ’n veilige, gesonde en plastiekvrye omgewing.

“Dit is skrikwekkend dat die regering oorweeg om plastiekafval in te voer ondanks ’n wêreldwye verset teen die gebruik van ander lande as stortingsterreine. Verskeie lande in Asië het reeds opgehou om plastiekafval te aanvaar weens die omgewingsimpak daarvan op minderbevoorregte gemeenskappe.

“Die dokument bevestig weer eens dat Suid-Afrika se departement van omgewingsake gekaap is deur korporatiewe belange wanneer dit by die plastiekkwessie in die land kom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Genis ·

Dink hulle regtig “our people” glo in omgewings sake? Hulle dink aan hulle eike sake, en sakke….

Anton ·

Lol, ons regering is gekaap deur korporatiewe belange :-)
Nee, skattie…diewe en onbeholpenheid

Anoniem ·

Hou net eenvoudig op om plastiek sakkies te vervaardig en daar sal gou ander plan gemaak word om dit te vervang met lapsakke en ander tipes houers. Die landsburgers is mos nie geleer jy gooi afval, vullis weg in houers nie. Nee, die vlaktes en paaie is oop vir vullis. Plastieksakkies by winkels kos al so duur wat versonderstel was om plastiek te beperk het nou in’n traak my nie agtige handel ontaard. eers was die sakkies ‘n paar sente maar nou kos die meeste al oor ‘n Rand. As jy al die rande bymekaar tel in ‘n maand wat ‘n persoon spandeer kon dit ‘n ekstra brood of liter melk betaal het, indien nie meer nie. En ons dorpies en paaie kon skoon gewees het as daar opleiding saam met elke sakkie verkoop word. Weereens nog ‘n projek deur die Regering wat misluk het.

E ·

Ons almal het geweet hoe dit gaan eindig. Nou het Suid-Afrika se regering en ondernemings weer verseker dat : “We come out on top”. Ja ons le altyd bo in al die negatiewe metings.

Plaaskind ·

Ons mooi land het in een groot vullisterrein ontaard, dis ‘n jammerte en ‘n skande.

Francois Le Cochon ·

Elinette, mens noem dit ‘n “verklarende vraag”, waar jy ‘n vraag vra, maar terselfde tyd ‘n stelling maak.

RS ·

As jy sien hoe daar in die straat geloop word en n papier word sommer net neer gegooi is dit geen wonder dit gaan so in SA nie.

Phillip ·

Dis ons Land se mooiste blom dan groei tot aan bome en aan draade en dit vrae geen water nie . vertoon mooi by die nuwe sink dorpe

Manda ·

Die land hou hom doof…. nou ja toe, ek sou sê dit is ops normal op enige dag in SA…

Misky ·

Daai ingevoerde plastiekafval kom seker met so geldjie onderdeur die tafel…… hoekom sal enige regdenkende land afval “invoer”?

Ben ·

“Our people” hou daarvan. Nou hoef hulle nie tuin te maak nie. Het al die kleure sommer so om hulle.
Ai!!!!! Waar gaan die werêld heen. Solank die “people”se sakke vol geld is, kan die werêld maar vergaan.

Nie Verbaas ·

Ons land is orals bevuil met plastiek omdat sekere mense net rommel by vensters uitgooi en nie skoonmaak waar hulle eet en drink nie. Nou wil hulle nog invoer? ANC, julle is regtig die kersie op die domkoek.

Kokerboom ·

Wat werk ooit in die nasionale regering? Die Dept van Minerale Sake en Dept van Omgewingsake praat nooit met mekaar gevolg is sinnelose mynboulisensies sonder staatsteenkanting en so kan ek aangaan.
Die SA regering maak my naar!! As hul wel iets doen is dit deurspek van bedrog

Elinette ·

Ek hoor vanoggend oor RSG van die miljoene dosisse entstof wat aan “Afrika” beskikbaar gestel word deur die VSA (USAid-program) en ook dat SA gekies is om ‘n laboratorium tot stand te bring vir plaaslike vervaardiging van ‘n entstof. Onmiddellik wonder ek: hoeveel gaan die kaders weer skep hieruit? Daar was klaarblyklik iets soos 50 ‘tenders’ wat ontvang is hiervoor – maar ons hoor nou eers die eerste woord daarvan?

Bessie ·

Green piece South Africa Skakel my asseblief. Dringend. Op Facebook Messenger. Dankie

Jakes ·

As SA ondeskeidelik derde en elfde in die wereld is sal Ramaphosa met sy people moet praat want ons moet gaan vir eerste spot op land en see.

Marius ·

Ek het nog altyd gese , om arm te wees is nie n rede om vuil te leef en te wees in die lewe nie . Dit is ook nie asof daar te min asblikke is nie . Dit begin en eindig by die tipe opvoeding wat n mens kry .

Sarel ·

Korreksie nie SA nie maar die Regering…van hulle het seker belzng daarby

Surfer ·

Dink jy hulle sal worry oor dit, lagwekkend. Iemand sal in elk geval nou MILJOENE maak om dit kamstig op te tel en oor n week lyk dit erger.

Belinda ·

ja wat kan mens se van die nuwe suid afrika. alles is besig om tot niet te gaan. ons het n pragtige land GE-had… baie sad actually. Die mense in die land gee niks meer om nie.

Rian ·

Greenpeace, welkom in die rioolpit van Afrika, en die wêreld.

Sêmanet ·

Hoekom kan plastiek nie gesmelt word en goed soos naamborde (vir strate) gemaak word nie?

Misky ·

Goeie plan en dit word so gereeld verander deesdae, dat dit nie lank hoef te hou en duursaam wees nie. Hoor juis vanmore Kaapstad universiteit se koshuis name word verander…… eindelose put van vermorsing

Klipkop ·

Sekere volke hou van vullis en riool. Moet asseblief net nie teen mense se smaak diskrimineer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.