Grensposte gereed vir feesseisoen

Foto: www.african-bulletin.com

Foto: www.african-bulletin.com

Die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe het hul diens aansienlik opgeskerp te midde van 17 000 meer reisigers as gewoonlik wat vandeesweek daagliks deur die grens gaan.

Só het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) Dinsdag in ʼn verklaring gesê. Volgens die SAID kan reisigers wat tussen die twee lande reis, verseker wees van “vinnige en effektiewe diens” by die grenspos.

“Daar is daagliks 31 000 mense wat  gedurende die feesseisoen van die grenspos gebruik maak en alhoewel dit ʼn moeisame en tydrowende proses is, kan ons steeds effektiewe diens lewer.”

Die verklaring het gesê die eenheid vir grensposdoeane het stelsels en strukture gereed om veral die diens vir bejaardes, swanger vroue en kinders te bespoedig.

“Ongeveer 200 personeellede is by verskeie grensposte soos Beitbrug en Lebombo (tussen Suid-Afrika en Mosambiek) ontplooi om die druk te verminder en die wagtydperk vir reisigers te verkort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elsie ·

Die syfers gee mens net ‘n idee van hoeveel hier in SA is van buite wat ander se werk vat, wat steel en moor en dan oor die grens vlug en wat sekerlik hulle kruisie langs die ANC trek want dis hulle wat hulle so verwelkom in die land! Skokkend!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.