Grensposte gesluit weens vloede

Argieffoto van Platjan-brug (Foto: 4x4 Community)

Argieffoto van Platjan-brug (Junie 2011) (Foto: Dawie Joubert, 4×4 Community) (Word met vergunning op Maroela Media gepubliseer)

Die departement van binnelandse sake het Vrydag bevestig dat drie grensposte in Limpopo gesluit is weens vloede in die gebied.

Die Zanzibar-, Platjan- en Pontdriftgrensposte tussen Botswana en Suid-Afrika is gesluit, het Thabo Mokgola, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê.

Reisigers kan reeds vanaf 24 Februarie weens die watervlakke nie die Platjangrens oorsteek nie.

By Zanzibar is die rivier al sedert 16 Januarie in vloed en reisigers kan nie die grens oorsteek nie.

Alhoewel die watervlak reeds by Pontdrift gesak het, kan reisigers steeds nie die grenspos oorsteek nie.

“Reisigers wat van dié drie grensposte gebruik wou maak, word aangeraai om die Groblersbrug-grenspos te gebruik,” het Mokgola bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dawie ·

My foto daardie, gepost op 4x4community, winter 2011 geneem by Platjan, terug in ZA in met ‘n vol tenk goedkoop diesel.

Sune van Heerden ·

Dagsê Dawie,

Kontak ons gerus by [email protected] – ons wil graag vir jou behoorlike krediet gee vir die gebruik van die foto.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.