Grensposte nie geraak deur SAID-staking

SAID-werkers van die vakbonde Nehawu en PSA staak sedert 28 Maart 2019 oor ʼn loondispuut (Foto: Leon Lestrade/African News Agency/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Vrydag gesê daar is geen ontwrigtings by doeanebedrywighede by die land se grensposte nie terwyl ʼn staking van sy werknemers voortduur.

“Alle doeanes is steeds operasioneel met gebeurlikheidsplanne wat in plek gestel is,” het die SAID in ʼn verklaring gesê. “Wetstoepassers, spesifiek die Suid-Afrikaanse Polisiediens, lewer ook bystand en dit beteken die invloed van die staking word tot die minimum beperk.”

Die SAID het gesê mediaberigte van opeenhopings by grensposte is die gevolg van voertuigverkeer en nie die staking nie.

Minstens een SAID-beampte is by Lebombo-grenspos in hegtenis geneem wat die bedrywighede wou ontwrig, lui die verklaring. “Daar was geïsoleerde pogings om personeellede te intimideer en verkeersvloei te ontwrig, maar die SAPD het vinnig reageer.”

Meeste SAID-takke bly gesluit en slegs 20 takke is oop met kernpersoneel.

Vakbondlede van die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA) en die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) staak sedert Donderdag en eis, onder andere, ʼn verhoging van 11,4%. Die SAID bied 7% aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Diana ·

Nou moet ons seker vreeslik dankbaar wees?
Beeindig al die stakers se dienste! As hulle te ly of slegs is om te werk nadat hulle ‘n 8% verhoging aan gebied is, moet hulle maar by die huis gaan sit en kripeer!!
Hier is genoeg mense in SA wat bereid is om te werk.
Tipiese monayne mentaliteit terwyl SA sink!

Alida ·

Van watter grensbeheer praat hulle? Daar is nie so-iets nie.

Annie Webb ·

Die Derde Wêreld se totale gebrek aan werksetiek en onvermoë om enigsins vooruit te dink, is die rede hoekom die Derde Wêreld in millennia nog nooit gevorder het nie. Inflasie was onder 5% en hulle eis wat? Geen benul hoe Westerse ekonomieë werk nie, en hulle “werk” konsuis vir SAID?! Sal, soos alle sosialiste, aanhou eis tot “ander mense” (belastingbetalers) niks meer het om te “gee” nie. En as die Derde Wêreld snuifgetrap het waar hulle is, swerm hulle net na die naaste suksesvolle Westerse ekonomie toe en eis verder. Soos tans in die VSA en Europa. Om nie te praat van SA wat reeds die helfte van Zim kosgee nie. Nugter weet hoeveel nou weer ná die sikloon noord van ons gaan instroom, asof hier nog iets te aas is. En die stokdom “bleeding heart liberals” dink dis maar OK. Solank ons almal gelyk doodgaan. Jeez.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.