Grey-beheerliggaam kry pak slae oor Scheepers-besluit

Deon Scheepers, hoof van Grey Kollege Sekondêre Skool in Bloemfontein. Foto: Facebook

Die beheerliggaam van Grey Kollege Sekondêre Skool in Bloemfontein het Donderdag ʼn bloedneus in die hof gekry in die voortslepende drama tussen die beheerliggaam en Deon Scheepers, die skoolhoof.

In die uitspraak wat Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein deur waarnemende regterpresident Cagney Musi en regter Corné van Zyl gelewer is, is die besluit van dié spogskool se beheerliggaam op 15 Mei vanjaar om Scheepers van sy beheerliggaampligte te onthef, nietig verklaar.

Hannes Peyper van Peyper Prokureurs, Scheepers se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media gesê hulle is baie bly oor die uitspraak.

“Ons argument het op twee pilare gerus: Eerstens dat die beheerliggaam nie ʼn billike arbeidsregtelike proses gevolg het nie; en tweedens, selfs al hét hulle die regte prosedure gevolg, hulle steeds nie daardie besluit kan neem nie,” het Peyper gesê.

Die hof het Peyper op albei punte gelyk gegee asook ʼn kostebevel teen die beheerliggaam vir Scheepers se regskoste, asook die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) se regskoste uitgereik.

Volgens Peyper behoort die koste van die twee sake saam sowat R2 miljoen te beloop.

Die SAOU het aansoek gedoen om tot die saak toe te tree en die aansoek is toe Donderdag in die hof toegestaan.

Maroela Media het vroeër berig Paul Sauer, voorsitter van die SAOU in die Vrystaat, het gesê hy wil dit onomwonde stel dat die SAOU nie kant kies nie en dat sy aansoek om tot die saak toe te tree vir dié unie bloot oor die wettigheid van die beheerliggaam se besluit gaan. “Dit is vir ons ʼn beginselbesluit. Ons wil die howe net inlig sodat daar uitsluitsel kan kom aangesien dit ook ʼn invloed op ander skole, ander hoofde en ander beheerliggame en lede kan hê,” het Sauer gesê.

Die hof het gelas dat dit duidelik is dat Scheepers op 15 Mei as’t ware “in ʼn lokval” gelei is. “Ten spyte van protes en dat hy gevra het vir tyd om voor te berei teen al die aanklagtes wat [in die vergadering] aan hom voorgehou is, is hy letterlik deur die beheerliggaam gestoomroller om met die verrigtinge voort te gaan.”

Die uitspraak stel dit verder dat dit “duidelik” is dat die beheerliggaam nie by magte was om die besluit om Scheepers van sy beheerliggaamspligte te onthef te neem nie.

Die uitspraak meld ook dat die hele proses waarskynlik weggevreet het aan die respek wat die leerders vir Scheepers het. “Die gebrek aan respek wat aan hom bewys is, is voor die leerders gewys.”

Van Zyl en Musi het ook gesê dit is belangrik om kennis te neem van die feit dat baie van die lede van die beheerliggaam nie eens bewus was van die klagte teen Scheepers nie aangesien dit alles klagte is wat gelê is voor die verkiesing van die huidige beheerliggaam op 16 Maart 2018. Nogtans moes hulle stem oor die kwessie.

Musi het ook beveel dat die besluit om Jurie Geldenhuys, skoolhoof van Grey Kollege Primêre Skool, as tussentydse skoolbestuurder aan te stel ter syde gestel word.

Henry Büchner, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het Vrydagoggend aan Maroela Media gesê hy wil nie nou oor die uitspraak kommentaar lewer nie. Hy het gesê die beheerliggaam sal volgende week oor die aangeleentheid vergader om die uitspraak te bespreek en die pad vorentoe te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Klaar gepraat ·

Ek hoop nie die beheerligaam is klaar met die aangeleentheid nie. Hulle moet begin om die R500 000 per jaar weg te vat wat die beheerligaam aan Scheepers gee. Wat my verstand te bowe gaan. Kom Scheepers nie meer agter hy is nie meer welkom by Grey nie?

Klaar gepraat ·

@Se maar net. Dit gaan nie hier oor wie beter of slegter is nie en nee ek is nie op die beheerraad nie maar ‘n ou Grey ouer. Dit gaan oor al die Grey seuns wat geboelie word deur ‘n taktator. Hierdie Grey seuns is ons toekomstige leiers van more en verdien beslis ‘n beter skoolhoof wat hulle kan vertrou en leiding kan gee. Grey is in die nuus vir al die verkeerde redes en dis alles vandat Scheepers hoof is. Dis tyd vir ‘n verandering.

Grey ouer ·

Ek stem 100% saam. Hy is onwelkom by Grey. Ek is seker hy klou net vas omdat geen ander skool se beheerliggaam hom so jaarlikse ‘bonussie’ sal gee

ACJ ·

Julle soek hom nie daar nie so berus daar in,gee die man n kans hou op so afdrukkerig te wees hy is ook maar mens en gesin om aan die lewe te hou

Ja ne ·

Wel gedaan. Die skoolhoof het opgestaan en die siek boetie boetie reputasie vd skool n lekker hou gegee. Niks is so siek en so pateties soos die boetie boetie streep in afrikaner geledere nie.

Br ·

So hy kan nou maar voortgaan om almal te boelie. Hy weet ni eers wat in sy skool aan gaan nie, want hy is te ingestel op sy eie EK

Netta ·

Klaar gepraat, gee die Beheerliggaam net eers tyd om die eier van hulle gesigte af te was. Soos ek die berig lees, het die BL reeds hulle regte oorskry. Gee Scheepers kans om menswaardig behandel te word.

Br ·

Hoeveel mense moet hy nog boelie, hy is sy pos nie waardig nie

Klaar gepraat ·

@Netta—Jy praat net volgens die een berig. Scheepers se ou gewoonte is om mede onderwysers en leerlinge te boelie. Hy dink nie aan hulle menswaardigheid nie. Grey en die Grey naam het baie agteruit geboer onder sy leiding as skoolhoof. Mede Grey onderwysers, BL en leerlinge gaan beslis nog meer in opstand teen hom kom.

Br ·

Nee Scheepers is die woord hoof nie waardig nie. Hy is uit en uit n groot boelie. Hoop die beheerraad kry dit reg om van die man ontslae te raak. Hy hoort glad nie daar nie.

Love it ·

LAG MY DOOD, ek het geweet die howe gaan TEEN die beheerliggaam ‘n besluit maak, die beheerliggame deesdae dink mos hulle BEHEER die skool, en ondermyn die onderwysers en skoolhoofde want hulle weet alles en gee hulle VRYE TYD Vir die skool (sodat hulle kinders leiers moet word) ek hou hiervan .. EET HULLE!

Francois le Cochon ·

Twee jaar terug het ons skool ook ‘n BL voorsitter gehad wat groot meneer was. Op vergaderings was hy net die man. Hom nie gestuur aan die Skolewet nie. Het vir die onderwyser wat hokkie afrig gese^ dat sy seun in die 1ste hokkie span moet speel, anders verloor hy sy werk. Daar is toe so gemaak. Toe word die seun betrap met dagga verkoop en die Polisie kom haal die seun by die skool. Seun geskors, voorsitter (pa) bedank.

Ek lag lekker ·

LMGA Francois dit is presies waarvan ek praat. AS ‘n SKOOLHOOF hom laat beheer deur ‘n grootmeneer BEHEERLIGGAAM lid is die arme kinders wat werklik presteer en verdien om leiers te wees ge’doom’. My eie kind by die laerskool was so ingedoen deur BEHEERLIGGAAM lede wat hulle kinders oral ingedruk het met sport en in leierskapsrolle. Die kinders het FLOREER in die laerskool en my arme kind was NIKS .. Tot hy in die hoërskool kom. Nie alleen het my kind akademies met hulle die vloer gevee nie, maar ook ‘n sport gekry waarin hy briljant was (wat nie rugby is nie), daarna het die outjie wat geoormerk was vir hoofseun die onderwyser met ‘n koekbordjie gegooi en is geskors van die leerlingraad, die kinders wat met al die bekers by die laerskool weggestap het en altyd in alle sporte se eerste spanne was wat saam met die pa’s gekuier het uit die COOLBOX op die klap van die bakkie het vandag nie eers ‘n kwalifikasie nie … ONDERWYSERS moenie hulle toegee aan BEHEERLIGGAAMLEDE se eise nie .. hulle dink hulle is beter as ander mense !

Grey Ouer ·

Daar is darem niks erger as ‘n suur ouer nie. Die pappies wat die meeste kla is gewoonlik die wie nie op die beheerliggaam gekies is nie. Sportspanne by Grey word op meriete gekies, gaan kyk maar na die Paul Roos en Grey uitslae en dan sal jy sien dat die beheerliggaam en gatkruip ouers se kinders beslis nie in die span was nie anders sou hulle verloor het. Die beheerliggaam word deur die skool se ouers gekies en ek staan by die beheerliggaam se besluit. Ek wil ook hê Scheepers moet waai want hy is nie ‘n goeie skoolhoof nie. Hy het dit al oor en oor bewys aan die Grey skoliere en ouers. Onderwysers wat sleg behandel word deur n skoolhoof MOET beheerliggaam toe gaan. Hoe lank sal dit vat voor die Dept van Onderwys hulle sal verwerdig om aandag te gee aan ‘n klagte van ‘n onderwyser?!

Francois le Cochon ·

Wie gaan die regskostes nou betaal. Die SA Skolewet maak nie daarvoor voorsiening dat die beheerliggaam hierdie regskostes uit die skoolgeld mag betaal word nie. Die les, jy kan nie iemand “afdank” wie nie vir jou werk nie. In hierdie geval die skoolhoof wat pligte moet uitvoer in terme van sy posbeskrywing (PAM) deur die Dept van Onderwys, en vergoed word vir daardie pligte deur die DvO.

Daan Erasmus ·

Kyk na die geval. Lees die syfers. As jy ‘n werker, enige werker op enige plek is. Sluit by ‘n vakbond aan. By ‘n goeie vakbond.

Leonard van der Dussen ·

Hierdie uitspraak is belangrik vir die besef dat skoolhoofde van openbare skole in diens van die staat staan, en so hoof het net een werkgewer, ongeag hoeveel ander vergoeding betaal word deur die beheerliggaam, en die daaglikse praktyk waar die skoolhoof de facto wel aan die beheerliggaam rapporteer. Die betekenis van die uitspraak is dat dit onderstreep word dat jy ‘n keuse maak: jy is of ‘n staatskool (selfs al onderskei Fedsas tussen staatskole en openbare skole) en uiteindelik het die staat die laaste sê, en die beheerliggaam het soveel vryheid en gesag as wat die staat opsetlik of deur ondoeltreffendheid toelaat of nie, of jy is ‘n privaatskool waar jy AL die salarisse en rekeninge self betaal en dan is die hoof en al jou personeel in die plaaslike skool se diens en kan dinge daarvolgens bestuur word. Grey Kollege loop soos Affies en andere gevaar om al die privaatinsette van baie jare te verbeur aan die staat, want regtens behoort die skool aan die staat en dis dit. Daar lê harde keuses voor vir mense wat erns het met ordentlike onderwys wat akademiese vryheid beoefen en dus by die res van die wêreld kan bybly – in die populistiese staatsbestel is jou belegging (skenkings, bestuursinsette, self bou) in enige staatskool die eiendom van die staat en het jy nie seggenskap daaroor nie. Belê in privaatskoolwese. Dringend!

Rupert Ashford ·

Baie goeie kommentaar. En dit was altyd die gevaar vir hierdie instellings in veral die nuwe bedeling.

Johann ·

O gats? Lyk my die “old boys club” het toe NIE al die mag en pag in hande om te maak en breek soos HULLE voel nie? Om te dink dat die skool se “magte” die skool se grootste vyand is… SHAME ON YOU!

Br ·

Johann, alles gaan in die belang van die kinders, hulle reg op gesonde en basiese onderwys, maar glo my onder hierdie man is dit nie moontlik nie. Hy stel geensins belang om te luister nie want die Mnr is mos aan bewind. Hy het nie die vaagste benul hoe om probleme in sy skool te hanteer nie. Hy is te vol van sy eie ek. Ek hoop regtig terwille van daardie seuns dat hy spoedig vervang kan word.

Grey ouer ·

Dit wil voorkom of almal wat lekkerkry oor die uitspraak, het geen benul waaroor dit gaan nie. Scheepers is ongewild, by die beheerliggaam , die onderwysers en die skoliere en die ouers. Die wat wel wil hê hy moet aanbly, is oningelig. Daar is talle onopgeloste griewe en klagtes by die skool. Scheepers groet nie eens iemand met Grey klere aan in die dorp nie en is selde te sien by Grey aangeleenthede. Die beheerliggaam kan Scheepers se onverdiende jaarlikse “bonussie’ gebruik vir hul regskostes. Ek wonder hoekom klou hy soos ‘n neet as hy duidelik nie welkom is nie. Enige persoon met selfrespek en trots sou lankal geloop het onder dieselfde omstandighede. Nee wat, die wat so lekkerkry oor die sage, het seker kinders in skole wat al pakgekry het op die sportveld deur Grey.

Grootoog ·

As hy so onwelkom is, waarom het die beheeriggaam hom by die departement aanbeveel vir sy aanstelling as hoof?

HPV ·

Grey ouer, indien die man dan so ongewild is soos sommige mense beweer vervang hom dan, maar op ‘n WETTIGE manier deur die regte WETTIGE KANALE. So maklik soos dit!

Vrystaat ·

Vrystaters Grey Ouers bla bla bla
Goed so. Betaal nou die rekening slimkoppe.

Ek hoor maar so onderlangs..... ·

Ek is nou nie n ryk Grey ouer nie.
Ook nie n diknek BL nie….
Net n eenvoudige ouer van die omgewing… 1. ekt gehoor (by Grey ouers) dat Grey se akademie baie agteruit gegaan het – daar word glo meer gefokus op sport en akademie suig maar aan die agter speen.
2. Almal het n bekvol oor die BL wat diknek skiet, maar word die BL nie deur die skool SE OUERS gekies nie?!
Dis wil vir my lyk of die BL maar n tjomie tjomie storie is en nie Die Beste Persoon Vir Die Pos nie!

Grootoog ·

Ek het nou al die kommentare gelees. Wat ek nie verstaan nie is, as Mnr Scheepers so sleg en onwelkom is as wat oënskynlik ingeligte Grey-ouers hom maak, waarom is hy ooit deur die Beheerliggaam by die departement aanbeveel vir sy aanstelling? Het die Beheerliggaam die skool gefaal?

Grootoog ·

As ‘n Beheerliggaam op daardie vlak deur ‘n individu mislei word, het hulle mossie hulle huiswerk gedoen nie?

Grey Ouer ·

Met die beheerliggaam verkiesing word elke kandidaat (daar is baie) se CV en vraelys wat hy moet beantwoord aan die ouers bekendgestel. Die lede wat verkies is, is hoogs opgeleide mense met goeie reputasies in Bloemfontein. Kan almal op die beheerraad, baie onderwysers en leerders en ‘n groot aantal ouers almal verkeerd wees? Deon Scheepers moet dalk die koerante bel en vertel hoeveel ernstige kwessies by die skool hy net ignoreer. As enige iemand anders in enige ander beroep nie sy werk doen nie, word hulle afgedank. Dit moet geld vir skoolhoofde ook.

Mossie ·

Grootoog
Daar bestaan so iets soos misleiding. Hoe weet mens dat Mnr Scheepers nie dalk homself voorgedoen het as die wonderlike persoon en die BL in goedertrou hom aanbeveel het nie. Mnr Scheepers het dalk later eers sy werklike kleure gewys nadat hy goed ingeburger was.
Ek weet van nog n laerskool waar die hoof selde betrokke is, wanneer vergaderings bygewoon moet word dan stuur hy ALTYD n afgevaardigde om waar te neem en dan aan hom te rapporteer. Wanner daar besoek afgelê word by die skool kan hy selde self antwoorde gee en word die afgevaardigdes ingeroep om antwoorde te gee. By sportgeleenthede sien jy die hoof NOOIT en hy het geen simpatie met junior-fase probleme nie. Hy staan sy personeel nooit by nie en kies ALTYD die ouers se kant, en indien daar n probleem ontstaan tussen ouers dan sal die ouer wat die meeste geld in die skool instoot se kant gekies word. Wanneer jy die hoof sien en hy gewillig is om met jou te praat dan moet jy weet dit gaan jou kos, indien jy egter nie kan bydra soos hy verkies nie dan kan hy jou ongelukkig nie te woord staan nie en moet sy personeel die lastige probleempie gou uitpluis. Geen ander skool wil hierdie hoof hê nie en daar is nog n paar jaar voor aftrede, dus hou die personeel maar uit met die vooruitsig dat dit binnekort sal end, net om te wonder watter tipe mens die nuwe hoof gaas wees.

John ·

Skynbaar, en dit is tweedehandse inligting, is iemand anders destyds aanbeveel as nuwe skoolhoof, maar toe was daar groot onenigheid oor die aanstelling en is daar toe op die huidige hoof besluit. Grey het ook blykbaar ‘n lang geskiedenis van doen-en-nie-doen nie ‘s soos alle groot skole met ‘n sterk kultuur en natuurlik ‘n goeie bankbalans wat nou op ander maniere as waaraan gewoond is, gehanteer word. Die baba is nou saam met die badwater uitgegooi en die water en die baba is nou onder deur die brug. Die vraag is net: Wie gaan die ‘baba’ uithaal sonder om self te verdrink.

Adam ·

Inderdaad. Indien ek so na die kommentare kyk, blyk dit nog steeds asof Grey alumni van oordeel is dat Grey so klein bietjie beter as Harvard is.

Kortkop Agter ·

Klink of die Beheerliggam bietjie kort is aan beheer.

HPV ·

Eerstens moet Grey sy Beheerliggaam asook regspan vervang, dan die regte kanale volg om die skoolhoof te vervang. Dit kan die skool miljoene bespaar in die toekoms. Mens hoop net ander beheerliggame leer iets hieruit! Dit is waarskynlik die duurste skoolgeld wat ‘n skool betaal het om self iets te leer.

Christo ·

Ek is ‘n onderwyser wat destyds in 1994 ‘n Afrikaanse skool verlaat het en na ‘n Engelse skool ‘n verplasing aangevra het. Die hoofrede is die alewige Afrikaner skoolpolitiek wat verhewe is bo die skolewet. Die skoolhoofde word geboelie om dit wat ‘goed’ is vir die BL se kinders te doen, maak nie saak hoe korrup dit is en nie strook met die skolewet nie. Ek mis nie ‘n skool van my moedertaal nie. In Engels is daar ‘n uitdrukking: ‘ ‘As crooked as a corkscrew ‘. Die Afrikaner se houding gaan lei tot sy eie ondergang. LW: Ek was nie ‘n hoof toe ek Afrikaanse skool verlaat het nie.,

Gerhard ·

Ek dink nie ‘n ou moet te erg negatief veralgemeen nie. Ek dien op ‘n beheerliggaam waar al die lede werklik daar is om die skool, die gemeenskap en die kinders te dien. Niemand is daar vir eie gewin nie. Al word daar sterk leiding geneem, is dit as ‘n span met die skoolhoof en die ander leerkragte. Niemand gooi hulle lywe rond nie. Ek dink nie ons beheerliggaam is die uitsondering nie. Ek dink dit is eerder die reël.
(Net vir die rekord, dit is ook ‘n “spog” skool met “hoogsopgeleide” beheerliggaamlede met “goeie reputasies” soos een van die Grey-ouers hierbo opgemerk het. Ons vat dit net nie kop toe nie.)

Gert ·

Ryk ouers beheer die skool vir eie aansien. As hulle nie hul sin kry moet iemand afgedank word. Onbind die raad. Gooi alle ouers se naam in hoed en trek tien name.

Oud Grey ·

Eerstens, wel gedaan aan ons regstelsel, die onskuldige party het geseëvier.
Tweedens, beheerligame moet besef, die hoof is in beheer, dis hoekom hy aangestel is…..julle het hom gekies en nou dat hulle nie hul sin kry nie, word tantrums gegooi….sies tog.
Oor skoolhoofde wat diktators en boelies is, kan jul my van niks vertel nie, Volsteedt het dit jare lank aan my pa gedoen…een van sy personeel.
So, staan sterk Scheepers, tyd dat Grey besef, reëls is reëls, maak nie saak hoeveel geld jy het nie…..

Adam ·

Oud-Grey, jy klink na die tipe mens wie gerespekteer moet word. Dit is hoog tyd dat ons Afrikaners wegbeweeg van die era van “gehoorsame ouers en streng kinders”, Skoolhoofde moet hulle man kan staan en aangesien kinders se rigtingwysers hoofsaaklik uit 3 rigtings kom nl, die huis, die skool en die kerk, sal dit wonderlik wees as daardie boodskappe meer gesinschroniseer word. Dit was immers jare gelede so en die resulate daarvan was duidelik sigbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.