Griekwastad-bejaarde vasgebind en verkrag

Foto: Verskaf.

Foto: Verskaf.

Twee mans het Woensdag in die Griekwastad-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn in verband met die verkragting en roof van ’n 71-jarige vrou ná sy die naweek aangeval is.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie het omstreeks 17:30 Sondag  ʼn wenk van ʼn lid van die publiek gekry dat ʼn rooftog aan die gang is by die bejaarde vrou se huis.

“Die polisie het onmiddellik reageer en twee verdagtes, 21 en 18 jaar oud, op pad om te vlug van die toneel gevind, met ʼn skootrekenaar en televisie in hul besit,” het Kock gesê.

Die polisie het die bejaarde vrou gevind waar sy met toue aan haar bed vasgemaak is. Die polisie het haar onmiddellik vir mediese behandeling geneem. “Ons kan nie sover al die besonderhede van die voorval bekendmaak nie, omdat die ondersoek voortduur,” het Kock gesê.

Die verdagtes se saak is tot 28 Maart uitgestel, wanneer hulle na verwagting om regshulp aansoek sal doen.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Irene ·

Mooi so SAPD hoop hul word nie weer gelos nie gevaar vir samelewing

Sonica ·

Danksy die wenk wat aan die polisie gegee is hy moet n betaling ontvang well done vir die polisie se vinnige optrede

w ·

Well done en thanx SAPS. Wanneer word die eintlike skuldige by name Malema in hegtenis geneem. Dis mis hy wat di gruweldade gedoen wil he

Anneke ·

En die hele land gaan tekere oor n woordewisseling in spur maar ons oumense word mishandel en vermoor. Ek bid vir die tannie ?

Lor ·

Dis omdat ons nie genoeg lawaai maak nie. Met elke insident behoort ons in ons massas te betoog.

Jannie ·

Ja ek stem wat van malema almal wat hulle self verdeedig word mos nou die skuld gegee en vir moord aangekla wavoor kan hul hom aankla nou Lei ons oumense da order

Jules ·

Nou word daar gese die aanvallers is nie ‘n spesifieke kleur nie, dit is MISDAAD onder alle rasse? Ek sou graag statistiek wou sien van watter etniese groep die AANVALLERS 90% van die tyd is of word die twee wit boere nou uitgesonder wat per ongeluk die BETREDERS en mieliediewe in die donker geskiet het, en geargumenteer dat die aanvallers WIT ook kan wees? Wel wel .. kyk na die SYFERS asb.

Wessie ·

Dis ‘n baie maklike raaiskoot Jules….in 90% van die gevalle sal dit beslis swart wees!
Ek vermoed selfs nader aan 99% sal ons dieselfde antwoord kry…

Christel ·

N ou tannie! Wat kan sy doen teen 2 jong mans wat baie sterker is as sy. Hoekom moet hulle altyd verkrag word? Lyk my dis so lekker vir hulle om daai vrou so te sien smeek. Help jouself as jy so lus is of kry iemand om dit vir jou te doen wat graag wil. Los onskuldige mense uit.

jaco ·

En toe Deon Steenkamp, sy vrou en dogter n paar jaar terug op sy plaas vermoor is, het die SAPD en die hele regstelsel vinnig gesê plaasmoorde kom nie in Griekwastad voor nie; die moordenaar moet die familie se oorlewende seun wees. Net oor hulle te lui en onbevoeg en anti-wit is, moet n arme wit jong man nou krepeer in die tronk.

Alta Grobbelaar ·

Dit was ondersoek en dit is bewys dat hy skuldig is. Het niks met die wrede geval te doen nie.

Alida ·

Jaco “daai arme jong wit man” is skuldig bevind. Hoop hy krepeer in die tronk.

Aanvallers ·

Die “aanvallers” het seker nou weer in hulle reg opgetree? Moet jy eers bewys he van verkrag en moord voor jy jouself kan verdedig? En as jy jouself verdedig deur n “aanvaller” dood skiet,dan is die hel los. Weereens swart met wit

Asjas ·

Die woorde swart en wit skitter in hul afwesigheid maar in die Spur berigte word dit in elke liewe sin gebruik.

Sies ·

Ek stem, massas moet by daai hof opdaag en hierdie onmenslike rassistiese hate crime betoog, ongelukkig nie moontlik as mens moet werk om by te kan bly met al die crime nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.