Griekwastad-moorde: Don het glo tronkreëls gebreek

Don Steenkamp wat sy ouers en sussie op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek in Griekwastad doodgeskiet het

Don Steenkamp wat sy ouers en sussie op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek in Griekwastad doodgeskiet het

Die departement sal bewerings ondersoek dat die veroordeelde moordenaar Don Steenkamp reëls by die Kimberley-gevangenis verontagsaam het.

“Indien daar ʼn ernstige bewering teen hom gemaak word, sal ons ondersoek instel en toepaslik optree,” het Grace Molatedi, adjunkkommissaris van die Vrystaat en Noord-Kaap, Saterdag gesê.

Steenkamp dien 20 jaar tronkstraf uit nadat hy sy ouers, Deon en Christel en suster Marthella op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek in Griekwastad doodgeskiet het. Hy het ook sy suster verkrag.

Beeld het Saterdag berig dat Steenkamp (18) meer telefoonoproepe gemaak het as waarop hy geregtig is en dat hy wegneemkos na sy sel geneem het. “Ons kan nie bevestig of die bewerings die waarheid is nie,” het Molatedi gesê. Sy het gesê die register dui aan dat Steenkamp vier oproepe na buite gemaak het. Dit is die toegelate aantal oproepe. “Ons is nie bewus van die ander nie, dit is nie gedokumenteer nie.”

Volgens Beeld het persone binne die tronk aangevoer dat Steenkamp familielede twee keer in die week gebel het. Gevangenes mag slegs oor naweke oproepe maak. Steenkamp het glo een van sy ondersteuners elke tweede dag gebel.

Daar is ook bewerings dat Steenkamp, met behulp van ʼn tronkbewaarder, ná ʼn familiedag in Oktober sakke vol kos na sy sel toe geneem het. Molatedi het gesê wegneemetes word nie in die tronk toegelaat nie.

Volgens haar sal die hoof van die gevangenis die bewerings ondersoek.

Lees alle vorige berigte oor die Griekwastad-moorde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

SNEL ·

(Seker van die punt af) Ek weet mens kan seker nie iemand peil op hoe hulle lyk nie, maar as ek so na sy gesig kyk slaan dit my nogsteeds dronk dat hy instaat was tot sulke wrede goed en dan sien ek die gewone gelukkige gesinnetjie en ouers wat net die beste vir hulle kinders wil hê en dan is dit juis een van daai kinders wat die ondenklike doen.
Ja, ek dink daai onskuldige gesiggie van hom draai nou die klomp in die tronk om sy pinkie, hy kry net wat hy wil hê. Dit is nie reg nie, reels bly reels (my deelteken werk nie), hy moet sy straf soos n man dra.

chris van Heerden ·

Wel dit is nou wat een of ander joernalis beweer ne. Dit sê nie dit is die waarheid nie. Ons het al gesien hoe kan joernaliste lieg om hul koerante verkoop te kry. Don kan ook seker nie help oor hoe sy gesig lyk nie.

Anon ·

Reels bly reels, maar duidelik worry niemand nie. Hy is beslis nie die enigste gevangende wat dit doen nie. En wat maak dit saak? Net omdat hy nou bekend is wil die media hom ook nie uitlos nie. Ek glo nogsteeds hy was nie alleen nie, maar dit nou daar gelaat. Wens die media wil vir hom en Oscar uitlos. Ons wil nie meer hoor wat hulle doen nie. Duidelik het die media niks anders om oor te skryf nie, Beeld is ook daarop uit om blankes te teiken!! Sal nooit weer Beeld lees nie.

chris van Heerden ·

Die joernaliste lieg en bedrieg om hulle koerante verkoop te kry. Die kind is nou in die tronk wat de hel het dit nou met hulle uit te waai hoeveel op roepe hy kry en wie hom besoek en watse kos hy eet?

Dave ·

Kind….! Vir mense soos jy sal hy ‘n kind bly al tree hy af.

chris van Heerden ·

Nou wat wil jy he moet ons hom noem Dave n oom? H is 18 jaar oud as jy vergeet het. Alles behalwe n volwasse mens.

Rudi ·

Chris: noem hom “moordenaar,” dan hou ons dinge ‘n bietjie binne perspektief.

Elfie ·

@Rudi… wat het wat JY ookal Don noem nou enigsins met die snert van die berig te doene?

netekke ·

SO WHAT!!!! Is dit nou wragtig nuuswaardig? Stel Beeld in alle gevangenis se onheilighede belang of gaan ons net vir diè wat se naam dalk ‘n koerant of twee sal verkoop! Tipies!

Elfie ·

Netekke – PRESIES nes jy sê. En die massas slurp die twak op…

Otto Skorzeny ·

Hoe het Die Skim-strokiesprent altyd begin? “Vir die wat laat gekom het…”

Op 18 jaar word mense vandag in die RSA volwassenes. Jy is dan nie meer ‘n kind nie, capice? Party hou natuurlik aan om soos kinders op te tree tot in hul veertigs, soms selfs later. Hierdie emosielose moordenaar is nie meer ‘n kind nie. Daar was geen getuienis dat hy deur enigiemand bygestaan is met die moorde of dat daar besoekers op die plaas was nie. Sy ma se laaste sms was om 18:34 en hy was reeds voor 19:00 in Griekwastad by die SAPD, aspekte wat glad nie strook met sy relaas in die hof nie. Niemand is egter so blind soos hy wat nie wil sien nie.

Zom Apo ·

Ons almal ken die standaard van die SA regstelsel – die “feit” dat hy skuldig bevind is, is geen aanduiding dat hy dit wel gedoen het nie, veral die “grappie” van verkragting sonder enige semen of bewyse.

Vetkopbaasspioen ·

Ek is seker hy is nie die uitsondering of die eerste gevangene wat dit al gedoen het nie? Hoekom is dit nuus? Dalk omdat hy wit is? Hoekom word van hom `n uitsondering of ophef gemaak oor die oortreding van tronkreels. `n Patroon begin vorm………….Oscar, Waterkloof 4………….al hierdie ouens se “doen en late” is grootnuus vir die media. Ek is seker ander gevangenes is nie engeltjies nie, maar daaroor word nie `n woord gerep nie.

Vetkopbaasspioen ·

Ek is seker hy is nie die uitsondering of die eerste gevangene wat dit al gedoen het nie? Hoekom is dit nuus? Dalk omdat hy wit is? Hoekom word van hom `n uitsondering of ophef gemaak oor die oortreding van tronkreels. `n Patroon begin vorm………….Oscar, Waterkloof 4………….al hierdie ouens se “doen en late” is grootnuus vir die media. Ek is seker ander gevangenes is nie engeltjies nie, maar daaroor word nie `n woord gerep nie.

Sollie ·

Vetkopbaasspioen, ja-nee, die Oskarretjie is nou al lam gery nou begin hulle met die Don-stories ugggggg. Daar is belangriker dinge wat nuuswaardig is, maar die tipe sensasie kry altyd die meeste aandag. O … voor iemand nou weer kêkkel dat ek dit nie HOEF te lees en bla-bla die gewone snert – ek het dit nie gelees want dis snert en ek leer niks daaruit, kry geen lekker daaruit en stel nie belang oor wie wat in watter tronk doen nie, maar ek wou beslis sê hoe ek voel oor die tipe van berig.

marianna ·

Snel is jy doodseker dit was so ‘n gewone gelukkige gesinnetjie?

At ·

Vandat Beeld Potchefstroom universiteit vernietig het lees ek daai koerant glad nie meer nie.
Dit lyk my hulle het niks meer om oor te skryf nie nou prober hulle met sulke snert stories die bladsye vol kry. Soos reeds gese deur ander, dit is geen nuuswaardige berig nie. Teiken hulle nou wit afrikaanssprekende mense?

pop ·

Kan iemand my bietjie help, eks maar dom oor die goed. Wat doen die media nou se dae????Hang hulle in die tronke se gange rond< veral daar waar die witmense is. En mag hulle daar wees.??? sjoe, want hulle weet darem baie mooi wat daar binne aan die gebeure is. Pleks hulle die koerante maar ophou uitgee, dan sal die tipe van twak nie gepubliseer word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.