Griekwastad-moorde: Don Steenkamp direk na appèlhof

Don Steenkamp tydens sy verhoor.

Don Steenkamp tydens sy verhoor.

Die appèl van Don Steenkamp (18), die seun van Griekwastad wat skuldig bevind is aan moord en verkragting, gaan nie meer soos beplan volgende week in die Noord-Kaapse hooggeregshof aangehoor word nie, het Beeld Maandag berig.

Die saak gaan na die hoogste hof van appèl in Bloemfontein verwys word, waarvan die datum nog vasgestel moet word.

Steenkamp se verhoor sou aanvanklik op 9 Maart voor ’n volbank regters aangehoor word.

Hy is verlede jaar daaraan skuldig bevind dat hy op 6 April 2012 sy ouers, Deon (44) en Christel Steenkamp (43), en sy suster, Marthella (14), op hul plaas vermoor het. Marthella is ook verkrag.

Hy is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Die besluit om die verhoor te verwys volg glo op samesprekings tussen die Nasionale Vervolgingsgesag en Steenkamp se regspan. Ingevolge die Wet op Kindergeregtigheid het ’n minderjarige ’n outomatiese reg tot appèl. Hy was ten tyde van die uitspraak en vonnisoplegging nog ʼn minderjarige.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Snaaks – hulle weet genoeg om te kan moor en te kan verkrag, maar as hulle gevang word dan word die verskoning gebruik dat hulle minderjariges is. Wat bemoei ‘n minderjarige hom dan met moord en verkragting?

Dave ·

Hy sal 20 jaar tronkstraf uitdien en daarna sal julle hom steeds ‘n ‘seun’ noem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.