Griekwastad-moorde: Don wil appelleer

Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad

Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad

Don Steenkamp (18) wat tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is vir die moorde op sy gesin in Griekwastad, sal appèl aanteken teen sy uitspraak en vonnis.

“Hulle het die dokumente ingedien om te appelleer,” het Mashudu Malabi, streekswoordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag Dinsdag gesê.

Steenkamp is op 13 Augustus tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir elk van die drie moorde, 12 jaar vir verkragting en nog vier jaar vir dwarsboming van die gereg. Hy sal al die vonnisse gelyktydig uitdien.

Hy is skuldig bevind op die moord op sy pa, Deon Steenkamp (44), ʼn boer van Griekwastad, sy ma Christel (43) en sy suster Marthella (14). Hy het hulle op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Monica ·

Hoop dit tel as strafverswarend in sy geval, want hy het ‘n hopelose te ligte straf gekry vir die koelbloedige moorde en verkragting.

Dave ·

Wel, vind eers uit waarom hy wil appeleer – miskien dink hy ook dat die straf te lig is. Miskien wonder hy ook waarom al die vonnisse gelyklopend uitgedien moet word.

Ansie ·

20 Jaar vir 3 moorde?? Wat het sy suster aan hom gedoen? Gewen met perdry?? En sy pa en ma? Bring terug die doodstraf dit kos ons wat belasting betaal klaar geweldig baie om 1 moordenaar/verkragter te onderhou en ons betaal vir hul studies.

Theresa ·

Arrogante klein twit. Sy traf moet swaarder wees. Hy het nogsteeds net die plaas en al die geld wat hy erf op sy brein.

Hannelie ·

Ek kry hom nie jammer nie. Hy verdien nie 20 jaar nie, dis hopeloos te kort vir ‘n moordenaar, en dit nog jou eie bloed!! Maak nie saak hoeveel jaar hy sit nie, hy moet sy saak met God regkry. Baie sterkte aan die familie wat nie die antwoorde gekry het vir hul vrae nie.

anno ·

Kom ek vertel julle iets< Toe ek 14 was wou ek ook my mense doodmaak. Ek het nie wapen gehad nie, net n mes, en het my pa daarmee aangeval. Hy het my bewusteloos geslaan voor ek bedaar het. En die haat het nooit gaan le nie, self na hulle dood, kan ek net met wrewel aan hulle dink. En raai wat?????Die gemeenskap en kerk het ook almal gedink dis sulke wonderlike boere. Niemand weet wat op plase kan aangaan nie, daars nie bure, niemand nie. So hou op klippe gooi na die kind, ek glo nie hy weet eers self wat gebeur het nie. jou brein slaan net toe.

hermien ·

Onthou – vir nie een van ons kom die reg toe om te oordeel nie. Vee voor jou eie deur!

JOEY ·

EK DINK BID EERDER VIR HOM WANT JESUS HET HOM NET SO LIEF SOOS VIR ELKE MENS OP DIE AARDE NET MY KONING JESUS WEET WAT DAAI DAG GEBEUR HET ONS MOET MEKAAR LIEFHE WANT JESUS IS RYK AAN GEDULD EN LIEFDE

Willie Steenkamp ·

Wil ook maar net n seel druk. Wat my pla met die Oscar moord is Die deken in die kamer het op die vloer gele , nadat iemand skynbaar vinnig opgespring het , anders as iemand normaal uitgeskyf het sou die deken steeds op die bed wees. Die jean van die oorledene was naby of op die deken , iemand het hom uitgetrek en hy het ook op vl;oer geval met die opspring . Nou , en ek vra om verskoning as ek verkeerd is , wie se klere het oorledene aangehad toe sy geskiet is ? As Reeva die Oscar se klere net spontaan aangetrek het , glo ek sou sy haar belangrikste onderklere aangehad het . Is dit nie dat sy met n bietjie geluk klere aan n kapstok in die badkamer gekry het nie ? Ek se weer as ek die feite verkeerd het , asseblief help my reg , en ek bedoel geensins om hiermee in te meng , dit pla my egter Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.