Griekwastad-moorde kon nie voorspel word nie

Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad

Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad

Die Noord-Kaapse hooggeregshof het Donderdag gehoor die Griekwastad-plaasmoorde kon nie voorspel word nie.

“Niemand kon die misdade voorspel het nie,” het forensiese psigiater Larissa Panieri-Peter, tydens ondervraging deur Riaan Bode gesê.

Sy getuig tans tydens die vonnisverrigtinge van die 17-jarige seun wat op 27 Maart skuldig bevind is dat hy drie lede van die Steenkamp-gesin op hul plaas doodgeskiet het. Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en hul dogter Marthella (14) is op 6 April 2012 op die plaas Naauwhoek in Griekwastad doodgeskiet. Die seun is ook skuldig bevind dat hy Marthella verkrag en vir die polisie gejok het.

Panieri-Peter sê dit is selde dat só ʼn misdaad plaasvind. “Daar is ʼn tekort aan literatuur oor soortgelyke sake,” het sy gesê. Sy het gesê dit is skadelik indien iemand lang tronkstraf moet uitdien. “Wat met mense in tronke gebeur is skadelik,” het sy gesê.

Volgens Panieri-Peter moet die hof ʼn balans kry tussen die minderjarige se verdere verstandelike ontwikkeling en sy tronkstraf. “Dit is selde goed vir enige persoon om tronk toe te gaan,” het sy gesê. “Maar toegang tot maatskaplike werkers kan behulpsaam wees.”

Sy sê die seun het baie sielkundige hulp nodig.

Sy het onder kruisondervraging van die staatsaanklaer Hannes Cloete aan die hof gesê sy kon geen bewyse vind dat die seun genot geput het uit die moorde nie. Daar is geen bewyse dat hy ooit diere mishandel het nie.

Die saak duur voort. -SAPA

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Seun nooit gekonfronteer
Griekwastad-moorde: Seun het ‘pragtige persoonlikheid’
Griekwastad-moorde: Voog wil dalk appelleer
Griekwastad-moorde: “Mans mag nie huil nie”
Vonnisoplegging begin vir Griekwastad-moordenaar
Geen borgtog vir Griekwastad-moordenaar
Griekwastad-moorde: Hier is die uitspraak
Griekwastad-moorde: “Die domste plaasaanvaller in Suid-Afrika”
Griekwastad-moorde: Uitspraak vandag verwag
Griekwastad-moorde: Staat sê seun is skuldig
Griekwastad-moorde: Verkragting en moorde hou nie verband nie
Griekwastad-verhoor hervat
Griekwastad-moorde: Seun se aansoek misluk
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat
Griekwastad-moordverhoor: Regter beslis oor uitstel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Tiener pos regspan
Staat: ‘Griekwastad-moorde was beplan’
Griekwastad-moorde: Dié vonnis as hy skuldig is
Griekwastad-moorde: Slotbetoë vandag verwag
Huisgenoot tereggewys oor Griekwastad-tiener
Griekwastad-moorde: Verhoor onverwags uitgestel
Video: Griekwastad-moorde: Verkragting was dalk die motief
Griekwastad-moorde, verkragting aan mekaar verbind; saak uitgestel
Griekwastad-moorde: Seun se getuienis “onmoontlik”
Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor
Video: Moeilike vrae aan Griekwastad-verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte se kruisverhoor hervat
Griekwastad-verdagte getuig
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Trudie Erasmus ·

Die seun moet sielkundige behandeling kry! By wie? Waar is daar maatskaplike werskers wat dit kan doen? Vir jare al is daar ‘n tekort aan maatskaplike werksters/ers wat moet toe sien na sulke gevalle, maar dit word nie gedoen nie! Ek sê nie hy moet tronk toe gaan nie, maar uitkom ook nie,. Na plek van veilige bewaring vir ‘n goeie klompie jare en ek hoop van harte nie hy gaan enige gelde erf nie. Die lewe is te maklik vir oortreders.

Jasper ·

Panieri-Peter, wat het jy gedink moet n tronk wees, Hemel op aarde ?

E J Otto ·

Wat van die skade wat hy aan gerig het Wat wil hul regmaak Kan hul daardie mense terugbring Hy erken niks en toon geen berou soos n onding met geen hart nie.

charmaine ·

Dit is selde goed vir enige persoon om tronk toe te gaan? Asseblief! Praat die dame in haar slaap?
Niemand sit daar binne omdat hulle blommejies gepluk het nie.

Dit is ook nooit goed om mense wat jou ‘n goeie lewe gegee het en lewe aan jou geskenk het sommer net dood te maak. En die familie wat so om hom draai soos assvoels om n karkas, hoop seker hulle gaan deel in die miljoene. Spreek woord se, ‘n ander se dood is weer ‘n ander se brood. Ek sal nie so iemand in my huis toelaat nie. Die tronk sal hom goed doen, hy is n seun vars van die plaas (as julle weet wat bedoel). sy hele houding spreek van arrogansie.

Monica ·

Oeee spoel die spul klipchristene weer hul monde hier uit. Nie een weet wat REGTIG al die jare daar gebeur het nie – weet julle? Was julle elke dag daar? Weet julle hoe dinge regtig daar was – nie dit wat hul die wêreld gewys het nie? Hy is NIE ‘n onding nie, hy is nie ‘n monster nie, hy is ook nie arrogant nie – dalk moet julle bietjie sielkunde swot en sien hoeveel dinge so ‘n daad kan beinvloed. NIEMAND sal”iemand wat hom ‘n goeie lewe gegee het ” Hou maar op veroordeel – net God mag en glo my HY sal genade hê! Skaam julle almal. Kry iets om te doen eerder as om te sit en snedig wees voor ‘n rekenaar. ‘n Bietjie “charity” werk doen niemand skade en dan hou dit die lelike gedagtes op hok.

Monica ·

Peter Says – nee my ou en ek gee ook nie voor om een te wees nie MAAR let wel, nie een van die grootmonde hier weet wat regtig gebeur het nie. Mens hoef net bietjie oor sielkunde na te lees dan dink mens al klaar anders oor baie dinge.Every action has an opposite reaction – onthou dit gerus. Soos ek sê bly besig liewe mensies dan los mens ander uit en oordeel jy nie oor dinge waarvan jy nie alles weet nie.

Anne ·

Monica wie het jou as sielkundige aangestel? gaan lees eerder verder en hou jou snedige opmerkings oor klipchristene vir jouself

Belinda ·

Dan moes hy nie die moorde gepleeg het nie dit wat met hom gebeur kom hom natuurlik toe…………….sy Pa, Ma en suster het geen kans gekry nie mag hy nooit weer iewers inpas nie en almal hom so sleg behandel oor dit wat hy gedoen het om n persoon in die fleur van haar lewe dood te maak is n skande!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.