Griekwastad-moorde: “Mans mag nie huil nie”

Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad

Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad

Die Noord-Kaapse hooggeregshof hoor tans getuienis aan ter versagting en verswaring van die vonnis van die 17-jarige wat skuldig bevind is aan die moord op drie lede van die Steenkamp-gesin op 6 April 2012.

ʼn Maatskaplike werker het Woensdag aan die hof gesê die minderjarige is grootgemaak om nie enige emosie te wys of voor ander mense te huil nie. “Dit is waarskynlik waarom hy nie enige emosie in die hof gewys het nie,” het Catharina Klaaste, ʼn maatskaplike werker van die departement van korrektiewe dienste, gesê, berig IOL.

Die 17-jarige is skuldig bevind aan die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en hul dogter Marthella (14). Hy is ook skuldig bevind dat hy Marthella verkrag het en ʼn klag van dwarsboming van die gereg.

IOL berig Klaaste het by die Kimberley korrektiewe sentrum met die tiener konsulteer en hy het glo aan haar gesê daar is geen rede om vir hom bang te wees nie. Hy het gesê hy kan nie verstaan waarom mense vir hom bang is nie,” het sy getuig. Sy sê sy het nooit die idee gekry dat hy sy emosies of trane terughou nie. “Hy het gesê hy het nie die misdade gepleeg nie en kan dus nie verantwoordelikheid aanvaar nie.”

Klaaste glo tronkstraf sal die beskuldigde die geleentheid bied om oor sy dade na te dink, aangesien hy nog nie verantwoordelikheid aanvaar het nie, en geregtigheid laat geskied aan die erns van die oortredings, aangesien hy nog nie enige berou getoon het nie.

Karen van Wyk, ʼn maatskaplike werker van die departement van maatskaplike ontwikkeling, het gesê die beskuldigde het vir haar gesê hy is van ʼn jong ouderdom af geleer dat mans nie mag huil nie. Hy het glo ook vir haar gesê sy regsadviseur het hom aangeraai om nie besonderhede oor die moorde te verskaf nie, aangesien dit moontlik sy appèlaansoek kan beïnvloed. “Hy ontken enige betrokkenheid en toon geen berou nie,” het van Wyk getuig, berig IOL verder.

Riaan Bode, vir die beskuldigde, het aangedui dat sy kliënt wel gehuil het, ondanks die feit dat hy daarvan beskuldig word dat hy nie enige emosie toon nie.

IOL berig verder slagofferimpakstudies is Dinsdag in die hof gedoen. Heidrun Buhrow van die departement van maatskaplike ontwikkeling in Gauteng, het gesê Deon se suster, Elizabeth Vermaak kan nie die beskuldigde vergewe nie. Die hof het ook gehoor talle familielede ly steeds aan erge depressie en angs.

John Henry Dykman, onderwyser aan Greys College in Bloemfontein waar die 17-jarige skoolgegaan het voordat hy vir die moorde in hegtenis geneem het, het gesê die tiener het onaanvaarbare gedrag getoon ná sy inhegtenisname, berig IOL. Dykman sê die seun, wat gewoonlik teruggetrokke en stil was, was skielik vol selfvertroue en arrogant. Hy het glo gereeld ook sonder toestemming uit die klas gestap om in die son te gaan staan wanneer hy koud gekry het.

Brian du Plessis, die Afrikaans-taalonderwyser aan die skool, het gesê die beskuldigde het kort ná die moorde weer normaal funksioneer. “Ons wou nie glo hy is skuldig nie,” het Du Plessis gesê. “Die skool, onderwysers en medeskoliere het hul emosionele ondersteuning en simpatie aangebied, maar dit was nie nodig nie. Hy het tydens pouses en tussen klasse grappe gemaak en met sy vriende gespeel.”

Bode het gesê die beskuldigde ontken dat hy ooit onaanvaarbare gedrag by die skool getoon het.

Die hofverrigtinge duur voort.

Lees ook:
Vonnisoplegging begin vir Griekwastad-moordenaar
Geen borgtog vir Griekwastad-moordenaar
Griekwastad-moorde: Hier is die uitspraak
Griekwastad-moorde: “Die domste plaasaanvaller in Suid-Afrika”
Griekwastad-moorde: Uitspraak vandag verwag
Griekwastad-moorde: Staat sê seun is skuldig
Griekwastad-moorde: Verkragting en moorde hou nie verband nie
Griekwastad-verhoor hervat
Griekwastad-moorde: Seun se aansoek misluk
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat
Griekwastad-moordverhoor: Regter beslis oor uitstel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Tiener pos regspan
Staat: ‘Griekwastad-moorde was beplan’
Griekwastad-moorde: Dié vonnis as hy skuldig is
Griekwastad-moorde: Slotbetoë vandag verwag
Huisgenoot tereggewys oor Griekwastad-tiener
Griekwastad-moorde: Verhoor onverwags uitgestel
Video: Griekwastad-moorde: Verkragting was dalk die motief
Griekwastad-moorde, verkragting aan mekaar verbind; saak uitgestel
Griekwastad-moorde: Seun se getuienis “onmoontlik”
Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor
Video: Moeilike vrae aan Griekwastad-verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte se kruisverhoor hervat
Griekwastad-verdagte getuig
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.