Griekwastad-moorde: Seun hoor vandag sy lot

Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad. Foto: eNuus

Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad. Foto: eNuus

ʼn 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die moord op drie lede van die Steenkamp-gesin van Griekwastad, sal na verwagting Woensdag in die Noord-Kaapse hooggereghof gevonnis word.

Die hof het die seun op 27 Maart skuldig bevind aan die moord op Deon Steenkamp (44), ʼn boer van Griekwastad, en sy vrou Christel (43) en hul dogter Marthella (14). Hulle is op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek doodgeskiet. Die seun is ook skuldig bevind aan die verkragting van die meisie en dat hy vir die polisie gejok het.

Staatsaanklaer Hannes Cloete het vroeër ter verswaring van vonnis gesê die seun is ʼn gevaar vir die samelewing weens sy vermoë om ander mense te manipuleer. Hy het die hof gemaan om die misdade en beserings te oorweeg. Die staat het ook die hof versoek om die meriete van die saak te oorweeg.

Riaan Bode, vir die seun, het ter versagting die hof gevra om sy jong ouderdom in ag te neem. Bode het gesê elke kind is uniek en die seun kan steeds ʼn positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Hy het regterpresident Frans Kgomo versoek dat die vonnisse gelyktydig uitgedien sal word.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Slotbetoë voor vonnisoplegging aangehoor
Griekwastad-moorde: Tiener se vonnisoplegging hervat
Griekwastad-moorde: Voog en ouma glo steeds in sy onskuld
Griekwastad-moorde kon nie voorspel word nie
Griekwastad-moorde: Seun nooit gekonfronteer
Griekwastad-moorde: Seun het ‘pragtige persoonlikheid’
Griekwastad-moorde: Voog wil dalk appelleer
Griekwastad-moorde: “Mans mag nie huil nie”
Vonnisoplegging begin vir Griekwastad-moordenaar
Geen borgtog vir Griekwastad-moordenaar
Griekwastad-moorde: Hier is die uitspraak
Griekwastad-moorde: “Die domste plaasaanvaller in Suid-Afrika”
Griekwastad-moorde: Uitspraak vandag verwag
Griekwastad-moorde: Staat sê seun is skuldig
Griekwastad-moorde: Verkragting en moorde hou nie verband nie
Griekwastad-verhoor hervat
Griekwastad-moorde: Seun se aansoek misluk
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat
Griekwastad-moordverhoor: Regter beslis oor uitstel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Tiener pos regspan
Staat: ‘Griekwastad-moorde was beplan’
Griekwastad-moorde: Dié vonnis as hy skuldig is
Griekwastad-moorde: Slotbetoë vandag verwag
Huisgenoot tereggewys oor Griekwastad-tiener
Griekwastad-moorde: Verhoor onverwags uitgestel
Video: Griekwastad-moorde: Verkragting was dalk die motief
Griekwastad-moorde, verkragting aan mekaar verbind; saak uitgestel
Griekwastad-moorde: Seun se getuienis “onmoontlik”
Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor
Video: Moeilike vrae aan Griekwastad-verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte se kruisverhoor hervat
Griekwastad-verdagte getuig
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marley ·

Hy was nie te jonk om te verkrag of moord te pleeg nie. Dus, mag sy vonnis voldoende wees ten einde reg en geregtigheid te laat geskied.

MartinLJ ·

Hy het GEEN berou vir wat hy gedoen het nie. 25 jaar is steeds te kort.

Peter Says ·

Ouderdom…jonk…het niks hiermee te doen nie, Boosheid Wel. So jammer die doodstraf bestaan nie meer nie….

Eben ·

Aanvanklik het ek in die begin van die saak geskaar by die seun, en na mate het ek agtergekom die seun is absoluut skuldig. Mens kan net jou oge toe maak en n oomblik dink waardeur is die mense. Die pa en ma wat natuurlik agterkom seun is besig om hulle uit te moor. Die suster wat verkrag is, waar deur is sy en hoe moes sy nie probeer keer en wat het die seun haar nie toegesnou en dan vermoor. Net die idee, as ek reg verstaan het, het die seun n ander vuurwapen geneem en elkeen n verdere skoot toegedien om seker te maak hulle is dood. Dis so jammer hy het nie van die begin die waarheid gepraat en om vergisnis gesmeek en so doende sou sy tronk straf minder gewees het. Nie te min …. hy moet maar sy staf soos n man neem, soos hy ook opgetree het as n ‘man’.

Me V.Greeff ·

Hy was nie te jonk om 3 mense na aan hom dood te maak,wat hom bitter lief gehad het nie!!!!(SY OUERS EN SUSTER) n kind van sy ouderdom wat sulke goed kan doen het presies geweet wat hy doen,so ek hoop hy gaan in die gewone tronk sit,hy toon geen emosie eers nie,nie eers toe hulle die fotos vir hom gewys het van sy ouers en suster wat daar weerloos gele het nie!!Mag hy sy lewe lank in die tronk gaan sit!!!!

SNEL ·

Sy ouers en suster lyk na dierbare mense. Sy ouers lyk asof hulle alles vir hul kinders sal doen en gee. Wat de hoenders het die kind besiel om sy gesin so iets aan te doen. Sal dit ooit help om net te praat van die doodstraf wat moet terugkom? Vuilgoed moet verwyder word uit die samelewing. Hy was wel jonk, maar kon 3 moorde pleeg en sy eie sus verkrag. Dis siek!!! Aangesien die doodstraf nie bestaan nie, hoop ek hy kry die hoogste straf moontlik.

sarie ·

sy vonnis is te lig vir dit wat hy gedoen het,hoop hulle wag vir hom in die tronk sonder enige smeermiddel,twintig jaar vir elke moord,dit word gesamelik uitgedien,veertien jaar vir verkragting en nog ‘n verdere twee jaar.Nee wat hy hy verdien om oupa te word in die tronk.Leer hom maniere!

pop ·

Ek dink baie dae aan daai seun as ek sien hoe gaan dit hier langs my. Kindertjies is nog klein, maar die arme seuntjie is sy sussie se oppasser, speelmaat, slaansak ens ens. En sys nou maar eers 7, maar weet baie goed om almal om haar pinkie te draai. Ek was al so lus en klim oor die draad en loop klap haar.Die arme seun kry dit so erg op sy senuwees as sy net val en begin huil dat hy begin hakkel. Niemand weet wat op daai plaas aangegaan het om hom so oor die rand te stoot nie. Hy moet maar gestraf word maar ek wonder ook net.

Ebeth ·

Net jammer jy klim nie oor die draad en vertel ouers wat jy ELKE dag sien nie. Niemand weet wat daardie dag op plaas gebeur het nie, maar polisie fotos lieg nie. Hy het hulle koelbloedig dood geskiet en weer geskiet in die kop om seker te maar hulle is dood. O ja en sy suster verkrag en vermoor. Klim jy asb oor die draad want jy weet wat daar gebeur!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.