Griekwastad-moorde: Slotbetoë voor vonnisoplegging aangehoor

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens 'n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die saak van ʼn 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die moord op drie lede van die Steenkamp-gesin van Griekwastad, is tot Augustus uitgestel vir vonnisoplegging, berig die Volksblad.

Regterpresident Frans Kgomo het Dinsdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof die slotbetoë in die vonnisprosedure aangehoor. Die saak is tot 13 Augustus 2014 uitgestel vir vonnisoplegging.

Die hof het die seun op 27 Maart skuldig bevind aan die moord op Deon Steenkamp (44), ʼn boer van Griekwastad, en sy vrou Christel (43) en hul dogter Marthella (14). Hulle is op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek doodgeskiet. Die seun is ook skuldig bevind aan die verkragting van die meisie en dat hy vir die polisie gejok het.

Staatsaanklaer Hannes Cloete het gesê die seun is ʼn gevaar vir die samelewing weens sy vermoë om ander mense te manipuleer. Hy het die hof gemaan om die misdade en beserings te oorweeg. Die staat het ook die hof versoek om die meriete van die saak te oorweeg.

Riaan Bode, vir die seun, het die hof gevra om sy jong ouderdom in ag te neem. Bode het gesê elke kind is uniek en die seun kan steeds ʼn positiewe bydrae tot die samelewing lewer. Hy het Kgomo versoek dat die vonnisse gelyktydig uitgedien sal word. -SAPA

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Tiener se vonnisoplegging hervat
Griekwastad-moorde: Voog en ouma glo steeds in sy onskuld
Griekwastad-moorde kon nie voorspel word nie
Griekwastad-moorde: Seun nooit gekonfronteer
Griekwastad-moorde: Seun het ‘pragtige persoonlikheid’
Griekwastad-moorde: Voog wil dalk appelleer
Griekwastad-moorde: “Mans mag nie huil nie”
Vonnisoplegging begin vir Griekwastad-moordenaar
Geen borgtog vir Griekwastad-moordenaar
Griekwastad-moorde: Hier is die uitspraak
Griekwastad-moorde: “Die domste plaasaanvaller in Suid-Afrika”
Griekwastad-moorde: Uitspraak vandag verwag
Griekwastad-moorde: Staat sê seun is skuldig
Griekwastad-moorde: Verkragting en moorde hou nie verband nie
Griekwastad-verhoor hervat
Griekwastad-moorde: Seun se aansoek misluk
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat
Griekwastad-moordverhoor: Regter beslis oor uitstel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Tiener pos regspan
Staat: ‘Griekwastad-moorde was beplan’
Griekwastad-moorde: Dié vonnis as hy skuldig is
Griekwastad-moorde: Slotbetoë vandag verwag
Huisgenoot tereggewys oor Griekwastad-tiener
Griekwastad-moorde: Verhoor onverwags uitgestel
Video: Griekwastad-moorde: Verkragting was dalk die motief
Griekwastad-moorde, verkragting aan mekaar verbind; saak uitgestel
Griekwastad-moorde: Seun se getuienis “onmoontlik”
Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor
Video: Moeilike vrae aan Griekwastad-verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte se kruisverhoor hervat
Griekwastad-verdagte getuig
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie ·

Ek wonder wat maak die “seun” só uniek, en verder , watter noemenswaardige bydrae kan “hy” tot die samelewing lewer?

Canned Phantom ·

Die hof moenie hierdie kind teruglaat in die beskawing nie. Hy toon al die tekens van ‘n sosiopaat en hulle is die gevaarlikste. Hulle is die persone wat almal altyd na die tyd sê hulle kan dit nie van hom of haar glo nie. Hy/sy was dan so voorbeeldig. Het hy ooit enige emosie of berou getoon? Wees bang vir hom, baie bang.

estelle ·

my g.t se deksel! as hulle moor is hulle ‘n man, as hulle verkrag is hulle ‘n man! land in die hof dan is dit ‘n seun? die ouderdom van ‘n persoon wat so iets kan doen, moet geensins in ag geneem word nie, en behoort die prys vir sy dade te betaal!

Belinda ·

Ek sou wragtig as dit my familie was hom geen ondersteuning gegee het nie hy sal net nooit weer iewers inpas nie die is n baie siek mens want as hy die dade kon pleeg is hy beslis nie normaal nie en dan kry mens mense wat hom ondersteun SIES!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.