Griekwastad-moorde: Voog wil dalk appelleer

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens 'n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die vonnisoplegging van die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die moorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad, is tot aanstaande maand uitgestel in die Noord-Kaapse hooggeregshof, berig die Saturday Citizen.

Die Noord-Kaapse hooggeregshof het die week getuienis ter versagting en verswaring van die vonnis van die 17-jarige seun aangehoor. Die 17-jarige is skuldig bevind aan die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en hul dogter Marthella (14). Hy is ook daaraan skuldig bevind dat hy Marthella verkrag het en ʼn klag van dwarsboming van die gereg.

Regter Frans Kgomo het vonnisoplegging tot 3 Junie uitgestel. Die staat se advokaat Hannes Cloete het Vrydag die seun se voog ondervra en gesê hy het slegs nog ‘n paar vrae wat hy aan die getuie wil vra. Die verdediging sal na verwagting ook hul laaste twee getuies roep wanneer die verrigtinge hervat.

IOL berig intussen dat die voog in sy getuienis gesê het dat sy gesin hul eie private ondersoeker aangestel het en dat daar foute in die ondersoek gevind is. “Die teenstrydighede is later deur die polisie aangespreek.”

Volgens die berig glo die voog steeds dat die minderjarige seun nie die moorde gepleeg het nie. “Ek het nie sy onskuld onvoorwaardelik aanvaar nie. Ek aanvaar ook die uitspraak van die hof en ek oorweeg opsies om te appelleer.” Die voog het glo ook getuig dat iemand van die gevangenis in Upington die registrateur by die hof gekontak het en beweer het dat ‘n polisiebeampte die moorde gepleeg het.

“Hy het gesê dat ‘n bos sleutels uit die plaashuis vermis geraak het en in die besit van ‘n sekere persoon gevind is en dat die moordwapen wat deur die polisiebeampte gebruik is later by die plaaswerkers se huise gevind is.” Die voog sê hy het die ondersoekbeampte gevra om hierna te kyk maar dat daar niks van gekom het nie.

Die voog het ook getuig dat die sielkundige hulle aangeraai het om die seun te behandel soos iemand wat hartgebroke is aangesien party mense nie hulle seer wys nie. Hy sê die seun het soms alleen gaan perd ry om die situasie te hanteer.

Cloete, die staatsaanklaer, het daarop gewys dat alle moontlike leidrade deeglik deur die polisie ondersoek is. Cloete meen intussen dat indien die beskuldigde skuld erken het, hy gewaag het om sy liefdevolle en ondersteunende netwerk te verloor aangesien hulle klou aan die idee dat hy onskuldig is. Leer meer hier.

Bronne: SAPA en Diamond Fields Advertiser (IOL)

Lees ook:
Griekwastad-moorde: “Mans mag nie huil nie”
Vonnisoplegging begin vir Griekwastad-moordenaar
Geen borgtog vir Griekwastad-moordenaar
Griekwastad-moorde: Hier is die uitspraak
Griekwastad-moorde: “Die domste plaasaanvaller in Suid-Afrika”
Griekwastad-moorde: Uitspraak vandag verwag
Griekwastad-moorde: Staat sê seun is skuldig
Griekwastad-moorde: Verkragting en moorde hou nie verband nie
Griekwastad-verhoor hervat
Griekwastad-moorde: Seun se aansoek misluk
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat
Griekwastad-moordverhoor: Regter beslis oor uitstel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Tiener pos regspan
Staat: ‘Griekwastad-moorde was beplan’
Griekwastad-moorde: Dié vonnis as hy skuldig is
Griekwastad-moorde: Slotbetoë vandag verwag
Huisgenoot tereggewys oor Griekwastad-tiener
Griekwastad-moorde: Verhoor onverwags uitgestel
Video: Griekwastad-moorde: Verkragting was dalk die motief
Griekwastad-moorde, verkragting aan mekaar verbind; saak uitgestel
Griekwastad-moorde: Seun se getuienis “onmoontlik”
Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor
Video: Moeilike vrae aan Griekwastad-verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte se kruisverhoor hervat
Griekwastad-verdagte getuig
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.