Griekwastad-moordsaak dalk weer heropen

Die jong man wat tans tronkstraf uitdien vir die moorde op Deon, Christel en Marthella Steenkamp tydens sy verhoor.

Die jong man wat tans tronkstraf uitdien vir die moorde op Deon, Christel en Marthella Steenkamp tydens sy verhoor.

Die jong man wat tans tronkstraf uitdien vir die moorde op Deon, Christel en Marthella Steenkamp, wat op hul plaas buite Griekwastad in die Noord-Kaap doodgeskiet is, sal binnekort ʼn hofaansoek indien om te versoek dat die saak heropen word.

Bennie Heckroodt, wat as voog aangestel is toe die 16-jarige in verband met die moorde in hegtenis geneem is, het Sondag aan Maroela Media gesê hulle sal hul aansoek direk aan die appèlhof rig. Die aansoek is gegrond op nuwe getuienis, maar hy het nie uitgebrei oor die aard daarvan nie.

“Ons wag nou nog vir sekere take wat die polisie moet afhandel voordat ons die aansoek kan indien en hulle is glad nie hulpvaardig in dié verband nie. Maar ons sal beslis teen die skuldigbevinding en die vonnisse appelleer en behoort binnekort die aansoek in te dien,” het Heckroodt gesê.

Die opspraakwekkende moorde in April 2012 op die Steenkamps se plaas, Naauwhoek, het destyds wyd opslae gemaak. Deon (44) is drie keer geskiet, Christel (43) twee keer en Marthella vier keer. Marthella is ook verkrag. Die seun is maande ná die moorde by die Hoërskool Grey Kollege in Bloemfontein in hegtenis geneem. Hy is in Augustus 2014 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Nadat die seun 18 jaar oud geword het, is sy naam aanvanklik in die media bekendgemaak. Dit word egter nou weer weerhou hangende ʼn hofaansoek waarin die man die hof vra om te beveel dat sy naam nie bekendgemaak mag word nie aangesien hy minderjarig was ten tyde van die oortreding.

Heckroodt het Sondag aan Maroela Media gesê die jong man voltooi tans sy matriekjaar in die gevangenis in Boksburg waar hy sy vonnis uitdien. Hy gaan gereeld by hom in die gevangenis kuier. “Dit is maar baie moeilik om in die gevangenis skool te gaan, maar ons hoop vir die beste,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Alta Schutte ·

Ag man, dis belaglik….iemand het seker nou nuwe getuies gekoop iewers…Geld PRAAT mos!

karin ·

Daar was mos genoeg geleentheid dat die aangeklaagde die ware gebeurtnis kon weergee. Hoe gebeur dit dat daar nou weer nuwe inligting is. Mense het weer tyd gehad om stories uit te dink. My opinie.

Rocky Bell ·

Skuldig soos gevonnis!! Vergeet mense al die teenstrydighede wat gedurende die hofsaak uitgekom het. Behoort nooit vrygelaat te word.

janie Nel ·

Wat van die DNS, die bloed en als wat in die hof uitgekom het? Wie sou die arme Martella verkrag het. Plaas Heckroodt leer die seun liewers jou dade het altyd gevolge, nou prent hy hom in hy kan dalk wegstap van alles af.

Ken ·

Ag asseblief tog….. Mannetjie koop nou weer tyd. SA – beste land om ‘n krimineel te wees!!

Delia ·

Ken, help my reg asb!
Koop tyd vir wat? Hy is klaar geoordeel, gevonnis en sit in die tronk…..wil hy tyd koop om langer daar te bly?

Linni ·

Ek stem saam met Dewald!!
Met tyd kom die toe gesmeerde stories uit

Vir die wat hul monde so uit was oor die jongman se straf moet liewer bid hulle kinders of familie kom nie in so n situasie nie

Columbiana ·

O wee alweer daai afgesaagde deuntjie…. wat as dit jou kind was. Asseblief kom tog op met berer argumente as dit

R ·

Ek stem saam wonder of hulle weet hoe dinge nou in die hof gebeer , dit wat julle sien is nie wat gebeer nie , hoop julle wat klippe gooi kom ok met die klomp te doen

R ·

Ek stem saam wonder of hulle weet hoe dinge nou in die hof gebeer , dit wat julle sien is nie wat gebeer nie , hoop julle wat klippe gooi kom ok met die klomp te doen, maklik om agter die deur te staan , gaan lees jou bybel en wie van julle gaan ooit vir iemand in die tronk dag se en onthou hy kom uit , wonder wat gaan jy dan doen in jou huis weg kryp , MOOI hoor . doen liewer nou iets om die man te help as om hom weg testoot

Bybel ·

Hoekom verwys julle mense so baie na die BYBEL en haal dan net selektief ‘n versie of twee aan – heeltemal uit konteks uit? Maar terwyl julle so na die BYBEL verwys, MOORD was nog altyd ‘n oortreding .. een van die tien gebooie ook .. dit gaan nie oor oordeel nie, dit gaan oor REG EN VERKEERD . en dit is wat verkeerd is in SA. Dit is omdat mense nie meer die VERKEERDE dinge wil veroordeel nie dat dit vir almal nou reg lyk. Natuurlik moet mens moordenaars en verkragters OORDEEL, anders kan ons mos maar die tronke se deure oopgooi of is dit omdat hy wit is?

MissDemeanor ·

Miskien is hyskuldig, miskien nie. Maar 16 is nie te jonk om moord te beplan nie. Moord is nie moeilik om uit te voer nie. Ek dink in my dae was Matriek moeiliker. Wat wel moeilik is, is mens se gewete. As jy nie n gewete het nie is moord maklik, selfs ‘n tiener kan dit doen.

Alida ·

Los hom waar hy is. Gedink hy gaan skatryk word. Bedorwe brok!

dewald ·

Dink net vir n slag verder as wat die koerante geskryf het. Haal die oogklappe af. Dink uit die boks. Dink aan ons “bekwame polisie” met die ondersoek.Dink net daaraan vir n slag sonder om beiinvloed te word. Gebruik jou eie gedagtes en nie iemand anders s’n nie. Dink aan die bebloede mat. Dink aan die skuld.

Dirk ·

As ek al die kommentaar lees dan wonder ek hoekom het julle wat weet wat gebeur het, nie gaan getuig nie!!

Loslip ·

Dit wat in die hof aangebied is en tot die skuldigbevinding gelei het, was voldoende getuienis om die kêreltjie se skuld te bewys.

Se maar net ·

As iemand wat hulle geken het, wil ek net dankie se vir daai statement. Almal weet wat regtig daar gebeur het. Almal weet hoekom waar en wanneer. Verbaas my dat almal nie in die hof sommer gaan getuig het nie. Onthou net asb. Feite en waarheid is NIE noodwendig altyd dieselfde ding nie. Ek voel maar net jammer vir mense wat hom n bedorwe brok noem. Ek neem aan jy ken hom persoonlik? Vreemd, want ons wat hom wel ken, dink nie vir n oomblik hy is bederf nie. Ek weet nie wat daar gebeur het nie. Ek was nie daar nie en anders as party mense eet ek nie alles wat die media se vir soetkoek op nie. Dalk is hy wel skuldig. Maar hou asb op om te oordeel mense. Dis n baie slegte eienskap.

Wenner ·

Ek wonder net by my sigself of die seun nie omgekoop is om al die skuld te dra nie. Dat hy aandadig was ja, DIT glo ek. Maar heeltyd al het ek gewonder of hy nie omgekoop is om al die blaam te vat nie. Dat daar wel iemand anders betrokke was, en diè hom omgekoop het. Dis bloot net n gedagte

Lize ·

Wenner ja, dis ‘n gedagte en sê nou jy is reg. Maar watse voordeel sal dit vir die jongman inhou om omgekoop te word? En waarmee sal iemand hom wil omkoop? Twintig jaar se sit – dit kon lewenslank ook wees, (hulle kon nie vooraf weet hoe lank tronkstraf hy sou kry nie) is lánk om te wag vir jou omkoop waarde/voordeel. En dis nou maar net my gedagte.

Petrus ·

Ek julle klomp wraaksutige vrouens het nie seuns nie. Oppas hulle kan ook moord pleeg. Die pa was blykbaar n tieran, miskien het hy sy dogter geskiet, omdat sy’ kamstig’ verkrag is, toe sy vrou, want sy wou hom keer. Die seun het hom moontlik geskiet uit selfverdediging en omdat hy vreesbevange vir die volwasse man was.

Dirk ·

Petrus… dis ‘n baie goeie argument daai. Ek het ook al gewonder of die seun en sy suster nie miskien ‘n verhouding gehad het nie en toe het die ouers daarvan uitgevind. Wat daarna gebeur het, sal net die seun weet.

Lekker ryk verbeelding ·

Lekker man, met jou ryk verbeelding kan jy jou hand aan die pen slaan, passop Deon Meyer jy kry kompetisie!

Mike ·

As al die asse hierbo waar sou wees hoekom het die beskuldigde dit nie in die hof getuig nie. Hoekom het hy homself dan telkens vasgepraat. Iemand wat die waarheid praat sal nie maklik soveel keer homself inkrimineer soos in hierdie geval nie.

As jy onskuldig is, is dit maklik om die waarheid te praat en behoort die getuienis dit te kan beaam en bevestig.

Ek dink ook hy is nie onskuldig nie. Ja miskien het hy hulp gehad dit is dalk moontlik. En nou dat hy moet sit het hy besluit om te praat en nie die blaam alleen te dra nie.

Sus ·

Ag dankie tog. Wys jou nou net. Ons het nie hofsake nodig om by die waarheid uit te jom nie. Ons kan dit sommer op die internet kry. Lol!

Lee ·

Dit is iets wat my ook nog heeltyd pla, hoekom is belangrike getuienis verbrand… iewers ‘n slang in die gras

jaco ·

Wat is die kans dat dit regtig n tipiese swart op wit plaasmoord was? Hou in gedagte dat niks gesteel is nie en die lyke is rondgeskuif om in sekere posisies te lê. Zulke plaasmoorde gebeur regtig. Dit word alles so gedoen om die voorvadergeeste tevrede te stel dat die wit “gif” wat die grond “gesteel” het, weg van die grond af is. Niks word gesteel nie want die hele moord is ‘n “reinigingsritueel”. Moenie my kruisig oor hierdie commentaar nie. Sulke goed gebeur regtig. Hierdie moord is egter nie so ondersoek nie, want dis nie in die huidige SA polities korrek om dit so te onderzoek nie. So die SAPD en die hof vat die maklike uitweg: blameer die kind wat die aanval oorleef het.

Tania ·

Ek glo steeds iemand het hom gehelp. Onskuldig is hy nie, maar so knap vir drie mense in dieselfde vertrek. Nee wat. Tyd dat sy hulp by hom aansluit in die tjoekie

Peet J ·

My vorige kommentaar is verwyder ek kan maar net sê, hoekom so lank wag indien daar enige merkwaardige getuienis nou van belang is wat die saak kan beëinvloed.

danie ·

Wat as dit nou net n manier is vir n paar mense om weer n paar rand in die sak te steek.

Nico K ·

Soos ek die hofsaak gevolg het was daar nie ‘n enkele bewys dat dit hy was nie. Slegs wat hul noem “omstandigheidsgetuienis”. Ek het nog altyd twyfel of die bewyse bo alle twyfel reg is. Die mense wat so tekere gaan dat hy langer moet sit. Julle was nie een daar en weet verseker dat hy skuldig is nie.

Getuie ·

Was jy daar? Hoekom wil jy hom dan onskuldig verklaar? Neewat vir ons was regsgeleerdes heeltemal gekwalifiseerd genoeg om die takie af te handel, al was hulle self ook nie daar nie. Hulle het hom skuldig bevind en gevonnis, nie ons nie. Ons lewer maar net kommentaar op sy skuldigbevinding en sy gevolglike vonnis.

Violet ·

Almal het baie te se maar ek wonder as dit hulle seun was of hulle nie ook na elke strooi halem sou gegryp het om sy onskuld te bewys nie! Gn die mense die kans om vir hom te veg!

Nico K ·

Nee Getuie, ek het nie gesê hy is onskuldig nie. Maar daar is altyd die moontlikheid. Talle mense is al in Magistraatshowe of selfs die Hooggeregshof skuldig bevind en die saak word dan uitgegooi by die Appelhof. ‘n Skuldigbevinding moet bo alle twyfel wees. Al glo ons hy is skuldig

Stella ·

Hoop nie hy dink daaraan om n universiteitsgraad te kry sou hy uitkom nie….

Andrea ·

Ek lees uit die kommentare hierbo dat daar mense is wat meer van die seun se agtergrond en van die familie se omstandige weet as die deursnee leser. Verduidelik julle dan vir die res van ons hoekom hy dalk NIE skuldig is nie. Want wat ek lees en hoor laat my dink hy is beslis skuldig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.