Griekwastad-vonnis: “Gedra jou soos ‘n man”

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens 'n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Regterpresident Frans Kgomo het Woensdag die jong Griekwastad-moordenaar gemaan om hom soos ‘n man te gedra en die gevolge van sy dade te dra.

“Oor twee dae is jy ‘n man. Wees dan nou ‘n man,” het Kgomo aan die 17-jarige seun gesê voor hy hom tot effektiewelik 20 jaar tronkstraf gevonnis het.

Die seun, wat Vrydag sy 18de verjaardag vier, is gevonnis vir die moorde op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en hul dogter Marthella (14). Hulle is op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek doodgeskiet.

Kgomo sê hoewel die staat vir die maksimum vonnis gevra het, het hy besluit om ‘n ligter vonnis op te lê, aangesien die seun ‘n eerste oortreder is en ‘n kans staan om gerehabiliteer te word.

Die hof het egter saamgestem dat dit kommerwekkend is dat die seun tydens die verhoor volgehou het dat hy onskuldig is.

Kgomo sê die seun moet intensiewe terapie kry terwyl hy sy tronkstraf uitdien. Dit sluit onder meer programme in wat die seun sal help om emosie te wys.

Kgomo het die seun tot 20 jaar tronkstraf gevonnis op elk van die drie aanklagte van moord, 12 jaar vir verkragting en vier jaar omdat hy vir die polisie gelieg het. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Kgomo het ook gesê dat die seun nie berou getoon het vir sy dade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Marley ·

Ek hoop daar sal nou opgehou word om na die “seun” verwys te word en sy naam, wat alreeds alom bekend is, te gebruik.

Eerste oortredes se dinges, hy het soos ‘n maniak opgetree, en die feit dat hy steeds geen berou getoon het en steeds gesit en lieg het, is bewys genoeg, hy sal nie rehabiliteer nie.

Hou hom maar tussen daardie 4 mure.

Chris van Heerden ·

sy naam mag nie bekend gemaak word nie al word hy 40 jaar oud behalwe as die hof toestemming gee dat dit gedoen word.

John van Zyl ·

Stem nie saam met vonnis,heeltemal te lig!!!!!!!!!!!!!!!! Hy moes vir sy lewe lank gesit het, maar nou ja ek hoop hy kan gerehabileteer word, en hy kan slaap snags!!!!!!!!!!!

Belinda ·

Hy is n swakeling en sal een bly tot die dag van sy dood en die wat hom so ondersteun het in die wrede moord moet maar nou aanvaar hy is skuldig met n baie baie ligte vonnis maar ja hy sal nooit uit die tronk kom n beter persoon nie het bloed geruik en hy sal weer moor………………

"Huh!" ·

NET 20 jaar!!!! En na hoeveel jaar gaan hy uitkom vir “goeie gedrag” en weer moor? Jammer, ek kan nie hiermee saamstem nie.

Alida Müller ·

Ek noem sommer sy naam!!! Tronkstraf is te lig! Hy het ‘n tripple moord gepleeg. Doodstraf sou aan die orde van die dag gewees het.

diedre ·

Die seun is ‘n eerste oortreder, maar 3 moorde vir die 1ste keer wonder net hoeveel hy vir die 2de keer beplan.

Yolandi ·

Dis belaglik!!!! 20 jaar vir 3 moorde en ‘n verkragting!?! Hyt dit beplan en hy kom basically weg met dit! Watse voorbeeld is dit nou – moor maar jy sal net 20jr kry en dan nog vroeer uitkom op goeie gedrag! Waar gaan ons land heen

Andre ·

Hy sal binne 10 dae begin emosie wys daar tussen die ‘manne’

Adri Kuhn ·

Nee regtig, belastingbetaler betaal als, lekker lewe, opleiding, dak oor sy kop! Nee wat 1ste oortreding se dinges! 3 moorde sy eie suster verkrag, hy moet doodstraf kry! Hoe slaap hy in aande en sy emosies seker ook vermoor! Siek verby!!!

Chrisjolus ·

Die seun se O . Hy het goed geweet wat hy gedoen het .
Koebaai Ou seun en mag jy al jou hel op die aarde daar in die tronk kry .

Gert ·

Het een van julle die jong man geken dat julle so goed weet wat in sy kop aangaan. Wel ek het, maar ook ek weet nie wat hom tot die daad gedryf het nie. Verkragting, kan nie wees nie. Onthou net, hy was nog nie 16 nie. Hy sal wel eendag uitkom met hoekom. My innige simpatie met sy familie en veral Ouma Steenkamp. Persoonlik bid ek vanaand vir die moordenaar en sy familie en ek vra dat God in sy krag vir hulle sterk sal maak. Het Jesus nie self aan die moordenaar wat berou getoon het, gesê hy sal saam met Hom in die Hemel wees.Amen

EMK ·

@Gert en Lizelle. DANKIE. @Peter says Daar staan ook geskrywe dat mens moet vergewe en God self doen dit – tot 70 x7! Daar staan ook moenie oordeel nie sodat die oordeel wat jy gebruik nie teen jou gebruik word nie. Dit geld vir almal hier. Die feit dat die seun nog in ontkenning is van sy daad en geen emosie toon wys daar is iets radikaals verkeerd. Hy is nie ‘n reeksmoordenaar nie en ek glo en bid hy sal met terapie gehelp word. Niemand was in sy skoenie, niemand het in daardie huis gelewe elke liewe dag nie,dus MAG niemand so beterweterig en veroordelend wees nie. Skaam julle. En julle noem julself nou seker weer Christene – gaan lees weer julle Bybel BAIE mooi. Ek bid vir hom, sy familie en almal wat by hom staan.

Melissa ·

Aan die moordenaar wat berou getoon het ja. Maar hierdie moordenaar het nog geen berou getoon nie.

HFC ·

Gert waar lees jy dat dit ‘n moordernaar was””Het Jesus nie self aan die moordenaar wat berou getoon het”‘, sover ek weet was dit ‘n rower. Hulle(kerke/predikers) wil hê ons moet dink dit was ‘n moordernaar om soveel meer trefkrag te hê in die stuk.

Lizelle ·

Dankie Gert. Lees die kommentare op die nuus dan sien mens hoekom hou mense nie van Christene nie. Hou op oordeel dit is nie jou plek nie. Jesus het gesê hyt nie gekom vir die wat die Here ken nie, maar juis vir die sondaars. Spreek lewe oor mense en nie dood nie. Eks jonk en ek weet dit, julle oumense, skaam julle!

Peter Says ·

Mmmm, lizelle, daar is n Gebod wat lei…Jy Mag Nie Doodslaan Nie…

Anton ·

Mmmmmm Peter, en waar is die gebod wat sê ons as mense mag oordeel. Die mens is baie vinnig om te oordeel terwyl hulle self vol sonde is. Wat die seun gedoen het is nie reg nie maar dit gee my nie die reg om hom te oordeel nie, hy sal wel eendag voor die Groot Troon staan en dan sal God hom oordeel………tot dan laat ons eerder die familie opdra in ons gebede want hulle het dit beslis nie maklik nie.

Peter Says ·

Anton…Ek oordeel nie maat, maar verstaan een ding, ons is ook daarop ingestel om te kan onderskei tussen Reg en Verkeerd…is ons nie ???

Marlene ·

Lizelle daai knapie het goed geweet wat hy doen. Baie goed en ek se nou sy suster het hom gese sy gaan haar pa vertel wat hy aan ha gedoen het en dis wat hom laat moor het. Ja ek se ek is n ou mens maar weet jy jy word ook oud.Ek ken n pa wat sy 9 jarige dogter al vir 9 maande verkrag en ons het dit verlede week uitgevind. Weet jy wat doen dit aan daai mamma……glo my jy verstaan nie…Die seun het te n ligte vonnis gekry hy moes 100 jaar gekry het.

Estelle ·

Ons klap die sambok! Erg! ek wonder of ons enigsins sulke groot monde sou gehad het as ons die regters was in sulke sake? Wat sou ons gedoen het en watter vonnisse sou ons uitgespreek het? Baie gaan se maksimum, maar glo my “talk is cheap”, om voor in die hof te sit en ‘n vonnis te fel oor so ‘n jong persoon (maak nie saak wat hy aangevang het nie) glo ek nie is maklik nie! Regters is mense nie geprogrameerde robotte nie!

veronica ·

Dis lagwekkend!! Almal weet wie die klein moegoe is, maar niemand mag sy naam noem nie !!! Miskien ook maar goed, want as jy sy naam noem roep jy dalk die “Boogieman”?! Wat ‘n grap is sy vonnis!! Drie onskuldige mense (wat hom vertrou het?) is op ‘n gruwelike manier vermoor; hy wys geen berou nie; weier om te erken dat dit hy was,en kom weg met 20jaar (waarvan hy net ‘n gedeelte sal uitdien) ontvang sielkundige behandeling en gaan tien teen een met ‘n graad of iets eendag daar uitstap. Marthella sal nooit eendag met blink oë, aan haar pa se arm in die kerk afstap na haar bruidegom nie! En haar ma sal nooi ‘n traan van trots en vreugde wegpink op daardie dag nie!! Dis maar een voorbeeld! Julle wat so graag die Bybel aanhaal: wat het geword van ‘n oog vir n oog en ‘n tand vir ‘n tand? Mag God hom genadig wees want my hele wese wil gil: STENIG HOM!

EMK ·

@Veronica – STENIG HOM?? Skaam jou! Sies man en hom name te noem! WIE is jy – ekhoop Maroela verwyder jou swak kommentaar.

Leeutjie ·

Is daar rehabilitasie vir psigopate? Die ouma se vergifnis is groot, want dis immers o.a haar eie kind wat doodgeskiet is. Watter kant van die kind ken sy? Ek weet net as hy na 20 jaar uitkom hy nog steeds fyn dopgehou moet word. Daar is iets in sy kop wat nie reg werk nie en die woord PSIGOPAAT kom vir my baie sterk deur.

Belinda ·

Veronica Baie goeie komentaar hoe kan enige iemand wat tot so iets in staat is dink dis normaal……………Rian het vanoggend op 94.2 met die niggie gepraat en sy het gese hy het net geen skaamte gehad nie net gemaak asof die lewe normaal is gelag en gesels………………..en dit nadat jy geweet het daar is bloed op jou hande……………………..ek sou my kop sak in skaamte en nie my voete weer iewers sit nie……………………..jy is n laffaard en in my oe beslis n moegoe!!!!!!!!!!

Leeutjie ·

Belinda hy gaan sy voete vir ‘n lang tyd nie iewers kan sit nie. Ons sal nie weet wat in sy kop aangaan nie!

Belinda ·

Ek weet Leeutjie ek praat van toe hy uit was op borg ek sou nie waag om my gesig iewers te wys nie dis baie baie siek om te dink jy het bloed op jou hande…………………maar vandag se moordenaars en verkragters het geen skaamte nie………………………..en almal weet reg van verkeerd as jy voor n keuse staan weet jy as dit verkeerd is, is dit verkeerd………………

Lizelle ·

Condemn the sin, not the sinner. God het die moordenaar net so lief soos die 3 slagoffers. Kom ons bid eerder vir hom. As julle so seker is hy is verby rehabilitasie en dat hy ‘n Psigopaat is, besef net dat God nie mens in sy beeld sal skape, en hom ‘n psigopaat maak nie. Dis die duiwel wat dit doen, en ons weet dat die Bybel sê dat God kragtiger is as die een in die wêreld. So hoekom twyfel ons dat God hom kan verander?
*Marlene, ek is jammer dat jul moes uitvind van so klein ou dogtertjie se verkragting. Ek weet sekere seer is net te groot veral so onlangse seer, om weg te kan praat met Jesus se liefde. Mens wil dit nie hoor nie. Maar gee tyd, God bring genesing.

Leeutjie ·

EMK. Ek hoop jou sagte antwoord het die grimmigheid weggekeer. Jy is voorwaar ‘n baie goeie forum spreker. Baie positief en sonder oordeel!

Ralda ·

Gooi jy wat sonder sonde is, die eerste steen …….. mag ons Hemelse Vader se genade vir ons almal genoeg wees – kyk na julle self wat so die oordeel so genadeloos fel ………….kan jy vlekloos voor God staan……. sonder sonde ?

JACKIE JACOBS ·

Goed om te sien daar is soveel persone sonder sonde in hul huise en families!!!

anti griekwastad ·

Hy het geen berou getoon nie!!!!!!………. Wat die kwaad doener aan die kruis we’ll gedoen het!!!!!!!! Tot nou toon hy geen berou…..hkm die ding jammer kry…….ga!

Leeutjie ·

@anti griekwastad. Ons is almal kwaad vir die kind. As jy net “die ding” en “ga” uitlatings gelos het sou jou skrywe meer aanvaarbaar gewees het.

Leeutjie ·

Sjoe Karel. Jou skrywe het my geskok! Voor jy so iets weer skryf dink aan WWGD (what would God do) en skryf dan……..

Irma ·

Iewers maak 2 en 2 nie 4 nie. As ek reg gehoor het, het die regter gedurende die uitspraak melding gemaak van die feit dat die moordenaar nie berou toon vir sy dade nie, en die optrede van ‘n sigopaat openbaar, maar NOU gee hy hom ‘n ligter vonnis om hom geleentheid te gee om te rehabiliteer. Genade, is daar nie genoeg bewyse dat die mense nie rehabiliteerbaar is nie? Daar sal waarskynlik iewers ‘n uitsondering opgediep kan word, maar dit is definitief nie die reel nie.

Leeutjie ·

Irma ek het ook baie nagelees oor psigopate en ja…. ek weet nie of rehabilitasie gaan werk vir hom as hy ‘n psigopaat is nie. Skisofrene en depressielyers kan met die regte medikasie gehelp word maar ek weet nie van psigopate nie. Ek hoop iemand op die forum kan ons meer insette gee oor psigopate en of daar suksesvolle rehabilitasie is. Ek twyfel maar hoop iemand kan die teendeel bevestig!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.