Griekwastad-vonnis: ‘Hy het nie berou getoon nie’

Lees ook:
Griekwastad vonnis: ‘Gedra jou soos ‘n man’

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens 'n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die moord op drie lede van die Steenkamp-gesin van Griekwastad, is Woensdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof tot effektiewelik 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Regterpresident Frans Kgomo het die seun tot 20 jaar tronkstraf gevonnis op elk van die drie aanklagte van moord, 12 jaar vir verkragting en vier jaar omdat hy vir die polisie gelieg het. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Die hof het die seun op 27 Maart skuldig bevind aan die moord op Deon Steenkamp (44), ʼn boer van Griekwastad, en sy vrou Christel (43) en hul dogter Marthella (14). Hulle is op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek doodgeskiet.

Kgomo het onder andere Woensdag tydens vonnisoplegging gesê dat die seun nie deur iemand anders gebruik of beïnvloed is om die Steenkamps te vermoor nie.

“Ek is tevrede dat hy nie deur enigiemand anders beïnvloed is om die misdade te pleeg nie.”

Kgomo sê die seun het valslik ander mense betrek tydens sy verduideliking van die moontlike redes vir wat die aand van die moorde op die Steenkamp-plaas gebeur het.

Kgomo het ook gesê dat die seun nie berou getoon het vir sy dade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

swannie ·

Die vraag is net of hy en Oscar gaan maatjies maak? Pis(torius) gaan beide van hulle want nie een toon berou nie EN beide van hulle het vir die SAPD gelieg!!!

Willie ·

Lekkerrrr!!! Kierinkies braai nou lekker. Sit jou niksnut, dit kom jou toe!

MartinLJ ·

20 jaar – Meer as wat ek gedink het, ver minder as wat ek gehoop het. 75 jaar sou gepas gewees het.

sarie ·

Hy gan nie emosies wys nie ,as sy tyd om is het hy baie geld.Sy vonnis is te lig ,hoop hulle leer hom mooi en maniere in die tronk ,hy sal voel hoe ht sy sister gevoel,dis verseker.

Naal de Koker ·

Hy kry nie ‘n sent nie – “den bloedige hand neemt geen erft” Deon se twee susters erf nou alles

swannie ·

Arme ouma Betsie, die uitspraak moes as ‘n skok vir haar gekom het, of het dit regtig???

Marley ·

20 Jaar te min, die klein wetter moes lewenslank in die tronk deurbring.

swannie ·

En hy wil appeleer?????? Voorwaar arogant!!!!! Hoop hy kry swaarder straf! Kan na 10 jaar op parool uitkom! SIES!!!!! Hy hoort NOOIT weer terug in die samelewing nie!!!!

pop ·

As n mens skuldig gevind word aan moord mag jy niks van daai persone erf nie. Ek dink buitendien nie hy het dit gedoen oor geld nie< hyt hulle gehaat, dis duidelik. Maar niemand vra hoekom die haat nie.Ons gaan geskok wees as hy eendag begin praat daaroor.

charmaine ·

Arrogansie is elke mens se grootste vyand en kan jou in hierdie tipe moeilikheid bring. Hy sal geen sent kry behalwe die belasting betaler se geld wat vir hom gaan sorg. Seker daarvan daar is alreeds mense in die tronk wat hulle tande vir hom sluip…mmmmm! Fresh Meat.

Leah ·

Volgens vorige berigte wat ek gelees het,het van sy familielede vir hom polisse uitgeneem.D.w.s as hy uit die tronk kom,betaal daai polisse uit en val hy weer in die spreekwoordelike botter. Intussen maak hy matriek klaar,swot ‘n kursus en ons,die belastingbetalers betaal daarvoor.Wonderlik!Absoluut wonderlik!

Elize ·

Ek kan nie glo dat die mannetjie geen emosies wys,wat hy gedoen het nie.Maar is dit nie,as so iemand skuldig bevind word,erf hy niks.Wat gaan nou van die Steenkamps se plaas word.
So tragies
Swannie,.En nou word Oscar ook alweer hier ingesluit.Ai mense,hou tog op oordeel.
Niemand weet wat daar gebeur het nie.Wens liewer dat dit nooit met n kind of familie van jou gebeur nie.

Knollie ·

Soos ek die storie verstaan kry hy altesaam 76 jaar. 20 jaar op elk van die 3 aanklagte van moord = 60 jaar, 12 jaar vir verkragting en 4 jaar omdat hy vir die polisie gelieg het. Of is ek verkeerd?

Leah ·

Knollie,die vonnisse sal ongelukkig gelyklopend uitgedien word. Ek voel hy was met die 1ste skoot ‘n eerste oortreder,met die 2de ‘n 2de oortreder en met die 3de ‘n 3de oortreder.

rika ·

Hoekom ou Swannie nou weer vir Oscar ook betrek sal net hy weet. Oscar het deurentyd berou getoon en was selfs in die hof aangevat omdat hy die Steenkamps omverskoning gevra het. Dit is jammer van die Griekwastad moorde, kry die familie baie jammer, veral die ouma

Jeanette ·

Ek glo hy is net n kind wat n verskriklike ding gedoen het. Hy was vasgekeer tussen aanspeeklikheid en ontkenning. Kinders verdoesel maklik n storie en maak dikwels die mense wat hulle die liefste het die seerste. Hy is onvolwasse en het ook so opgetree. Hy gaan tereg boete doen vir sy oortreding . Sy straf is realisties en gee almal n kans om die groot onreg te vewerk. Dit gee ook geleentheid vir rehabilitasie. Hy sal gelouter wees as as hy kan kwalifiseer vir parool na die verpligte jare wat hy moet uitdien. Sy straf sal altyd met hom wees en hy sal nooit sy gesin kan he nie want hy het hulle vernietig en hy sal moet leer om daarmee te kan leef.

franci bruwer ·

20 jaar tronkstraf gevonnis op ELK van die drie aanklagte van moord, …. Beteken dit ni dan 60 jaar ni? Of is ek verkeert

Katrina ·

Franci, die vonisse sal gelyklopend uitgedien word. Dus van sy totale vonnis van 76 jaar, sal hy net 20 (maksimum…) uitdien.

Julie ·

Hulle sê stilbly is ook , antwoord. Ek is stom geslaan!!! Lewenslank sou te min wees vir hom!!!!

Desm8nd ·

Ja hy is besis te lig gestraf hoe kan jy jou eie bloed familie vermoor en Dan is daar not sense wat simpatiseer met die klein duiwel.eke stem saam dat 100 jaar te ling gewees het.die regter het seker .sy ouma jammer gekry. Hy het nie net sy ma en pa wat om in die lewe gebring het en hom swaar groom gemaak het om die lewe gebring nie maar sy suster se lewe geneem nadat hy haar verneder en vekrag het.JUSTICE .IS SWEET.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.