Griffith lê tuig neer by Amplats

Chris Griffith het na 30 jaar by die maatskappy bedank as uitvoerende hoof van Anglo American Platinum. (Foto: Anglo American)

Anglo American Platinum se uitvoerende hoof, Chris Griffith, het ná sewe jaar aan stuur van die maatskappy bedank om ander loopbaangeleenthede na te jaag, het die maatskappy Maandag gesê.

Amplats sê Griffith se laaste werksdag is op 16 April, ook die dag van die maatskappy se jaarvergadering. Sy opvolger gaan na verwagting ʼn interne kandidaat vanuit die Anglo American-groep wees en sal “in die nabye toekoms” aangewys word.

Norman Mbazima, Amplats-voorsitter, sê Griffith het ʼn uitsonderlike bydrae tot die verbetering van veiligheid gelewer, asook ʼn beduidende rol gespeel in die operasionele en finansiële omkeerplan by die onderneming.

“Die fokus op innovering en die ontwikkeling van uiteenlopende markte vir ons reeks metale het Anglo American Platinum goed gevestig om verder vanuit sy huidige magsposisie te groei,” het Mbazima gesê.

“Chris het verskeie noemenswaardige prestasies tydens sy 30 jaar lange loopbaan by Anglo American behaal.”

Amplats, ʼn filiaal van die internasionale mynreus American Platinum, het myne, smelterye en raffinaderye in Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Michael ·

Die magtige Amplats of Anglo platinum het 3 myne oor nadat hulle al hulle myne aan Sibanye stillwater verkoop het ,ek sou seker ook geloop het.

James ·

Ek het niks teen Chris nie – ek wens hom geluk met sy prestasies – hier in Suid Afrika – tot en met 2020.

Ek moet tog vra – en eintlik weet ek – waarom Chris NOU padvat? Hier aan die begin van Cyril se 2020?

Ek weet, vermoed ek : Anglo – is oppad. Hulle talent – ook oppad. Hoekom? Want hulle weet wat kom, en het finansiele besluite geneem.

Dit was goed hier vir Anglo, vir 100 jaar of so – maar ook hulle weet hoe om Persies te lees teen ‘n muur. Mene Mene, Tekel Peres.

Ek verkwalik hom en sy mpy nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.