Groblersdal-moord: 23-jarige vrou in hof  

Raymond Gregory Papapavlou en sy vrou. (Foto: Facebook)

ʼn 23-jarige vrou sal na verwagting vandag in die Groblersdal-landdroshof verskyn in verband met die moord op Raymond Gregory Papapavlou (28).

Die vrou is vroeër die week in Kempton Park in Gauteng in hegtenis geneem. Sy was glo na aan Raymond en sy vrou, Simone.

Bosveld-misdaadondersoeke het vroeër ʼn beloning van R15 000 uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en vervolging van die mens of mense verantwoordelik vir die moord op Papapavlou.

Polisiebeamptes is in die vroeë oggendure van Maandag 5 Oktober na die plaas Frischgewagt tussen Stofberg en Groblersdal ontbied waar Papapavlou se liggaam met verskeie skietwonde in een van die vertrekke in die plaashuis aangetref is.

Papapavlou se vrou en ander lede van die gemeenskap was by die polisie se aankoms op die toneel.

Lede van die gemeenskap het glo vroeër die nag ʼn veldbrand op die betrokke plaas gesien en Papapavlou se vrou het net voor middernag gebel en gesê dat haar man in die plaashuis doodgeskiet is.

Papapavlou se vrou het glo op die toneel verduidelik dat sy op ʼn rusbank saam met die egpaar se hond in die een vertrek gelê en slaap het en Papapavlou in ʼn ander.

Volgens haar het die aanvallers moontlik toegang tot die huis deur ʼn venster gekry waarna sy na bewering wakker geword het van vyf skote. Sy het toe glo self sewe skote met haar vuurwapen afgevuur om die aanvallers te verjaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
melaney

Spyt kom te laat ……

Blikke

Dink nie als is pluis nie….

Mimi

Ek is ook nou nie ‘n bobaas speurder nie maar ek stem saam Blikke…………….. something’s fishy

Marius

Volgende week word sy vrou ook gearresteer… Die vriendin sou nie uit haar eie opgetree het….

Punisher

So dan was sy mos op die plaas die aand van die moord hoekom het die SAPS nie almal vir geweerreste getoets om te bepaal wie het n wapen af gevuur die aand van die moord nie ?