Groblersdal-moord: Weduwee, minnares beplan glo moord op WhatsApp

Raymond Gregory Papapavlou en sy vrou Simone. (Foto: Facebook)

Raymond Gregory Papapavlou (28) se vrou, Simone, sal in hegtenis geneem word sodra sy opgespoor word.

Só het die ondersoekbeampte, sers. Tshepo Mogano, Maandag in die Groblersdal-landdroshof in Limpopo getuig. ’n Ander polisiebeampte wat by die saak betrokke is, het egter glo aangedui dat daar nie genoeg bewyse is om haar in hegtenis te neem nie.

Luidens die klagstaat het Simone glo met haar vriendin Patricia Ray Lee Smith saamgesweer om haar man te vermoor. Smith is reeds verlede maand in hegtenis geneem in verband met die moord en haar borgtogaansoek word vandag aangehoor. Sy staan tereg op aanklagte van moord en sameswering tot moord.

Verskeie oënskynlike teenstrydighede in die ondersoek na die moord het egter in die hof aan die lig gekom.

Dit sluit in teenstrydige stellings van lt.kol. Jan de Lange wat vroeër by die ondersoek betrokke was en sers. Mogano wat die dossier ná Smith se inhegtenisneming ontvang het.

Patricia Ray Lee Smith in die hof. (Foto: Tania Heyns)

Mogano het vanoggend in die getuiebank gesê ’n staatsgetuie het aangedui dat Smith en Simone in ’n romantiese verhouding betrokke is. Raymond het glo in die pad van die verhouding gestaan.

Daar is volgens Mogano genoeg gronde vir Simone se inhegtenisneming. De Lange het glo verlede maand gekeer dat Simone haar aan die polisie oorgee omdat hy van mening is dat daar nie genoeg bewyse is om haar in hegtenis te neem nie.

Mogano hou egter vol Simone is nog nie agter tralies nie aangesien sy glo nie opgespoor kan word nie.

Albei vroue se selfoonrekords is nagegaan en dit het glo aan die lig gekom dat hulle die moord ’n geruime tyd lank op WhatsApp beplan en bespreek het. Die selfoonrekords plaas glo ook vir Smith in die omgewing van die plaas enkele ure voor Papapavlou op 4 Oktober vermoor is.

Die verdediging het egter ’n strokie aan die hof voorgelê wat toon dat Smith die betrokke aand ’n wegneemete bestel het om by haar huis in Johannesburg afgelewer te word. Die bestelling is 18:56 geplaas – ongeveer dieselfde tyd wat die selfoonrekords wys dat Smith in die omgewing van die plaas was.

Patricia Ray Lee Smith in die hof. (Foto: Tania Heyns)

“Ek stel dit aan jou meneer, dit is bevestiging dat die beskuldigde die aand van die moord in Johannesburg-Suid was, nie naby die plaas soos jy getuig het nie,” het Ocker Botha, Smith se regsverteenwoordiger, aan Mogano gesê.

Smith en een van die staatsgetuies is boonop nie op goeie voet nie. Smith se selfoon het vyf dae voor haar inhegtenisneming by die werk weggeraak en die enigste persoon met toegang tot die kantoor was glo die staatsgetuie en dié se vrou.

“Die enigste bewyse wat my kliënt aan die moord verbind, behalwe vir die beweerde WhatsApp-boodskappe, is deur dié staatsgetuie verskaf.

“De Lange het hierdie saak ondersoek. Hulle het die dossier op jou tafel gegooi die dag voor die saak vir die eerste keer in die hof aangehoor moes word,” het Botha aan Mogano gesê.

Uitspraak rakende Smith se borgtogaansoek sal vanmiddag gelewer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Misky ·

Hoop hulle kry Simone vinnig en sy moet boet vir die gruwelike daad. Sies man en hoe doen jy dit aan jou man en skei eerder as jy nie gelukkig was nie.

Wat op dees Aarde ·

Maklik. Laat sy polisse eers uitbetaal en vlug dan land uit met die derde wiel.

AH ·

Nie so maklik nie……Almal in die SAPD en speurdiens is nie aan die slaap nie…..baie moordenaars met beter “planne” het dit al agter gekom….Oscar, Henry, Don, Rhode, om maar net ‘n paar te noem…

Mimi ·

Misky, die oorledene is seker meer werd dood as lewendig daarom wou sy seker nie skei nie. Wie weet, die wêreld is vol snaakse gebeurtenisse.

Blikke ·

Nou ja, daar het julle dit….ek kon net sowel die storie geskryf het. Ek hoop hulle vind haar gou om n paar antwoorde te verskaf.

Dries ·

En toe is dit inderdaad soos wat baie mense gedink het reg van die begin af.

Trotse Boervrou ·

Wat my totaal stomslaan is hoe hulle gedink het. Almal het van die begin af geweet iets skort met hierdie ‘plaasmoord’… Waarom die arme man vermoor? Nou ja, gelukkig wag daar ‘n baie “gerieflike” lewe vir hulle. Mens kan nie laer daal as hierdie nie. Om in vandag se lewe te “stage” dat dit ‘n plaasmoord was, is wragtig so laag. Mag hul daar binne kry wat hul toekom en genoeg kry van wat hulle so gepla het. Sterkte aan die familie.

Riaana ·

Net so laag daal die mense wat haar reeds oordeel glo my as daar enige bewyse was was sy klaar vas, mense teur op slegte nuus en om te oordeel… Kom ons kry eers die feite… Dan oordeel jy verder, God het ons verseker nie die reg gegee om liks en regs te oordeel nie… So moenie God speel nie!!!!

Wonder net ·

Ek het ook al kos op my naam bestel en by die huis laat aflewer vir die kids…. dit is nie te se ek is ook by die huis nie…. mmm… van die begin af het almal vermoed hier is ‘n slag in die gras. En hoekom die polisieman haar aanraai om nie haarself oor te gee nie, dit is mos nie vir hom om te besluit nie. “Smith se selfoon het vyf dae voor haar inhegtenisneming by die werk weggeraak” en, is die selfoon as vermis aangemeld die dag wat dit vermis geraak het, of is dit nou net ‘n gerieflike verskoning om weg te kom met alles?

Mimi ·

Ag nee kyk, dit was ‘n “no brainer”. Watter normale vrou slaap met ‘n geweer by haar net om skote wild en wakker in die lig rond te skiet. :):) Hierdie was inderdaad ‘n goeie vermaaklikheids verhaal. Ek is wel jammer vir die man se noodlot en glo al die skuldige partye sal aan die pen ry.

Plaaskind ·

Hoekom in die eerste plek met ‘n man trou as jy eintlik eerder ‘n ander “vrou” sou verkies.

ES ·

Gedink dis ‘n slim plan om ‘n wegneemete na jou huis te stuur – maar jy het nie gedink hul gaan jou selfoon sein naspoor nie. Ek het van die begin af gedink iets in hierdie storie is nie pluis nie.

Lekker gerieflik dat die foon 5 dae voor die tyd by die werk weggeraak het – maar hoe toevallig dit dit in die omgewing van die plaas is die aand van die moord?

Terloops is jou regspan se poging baie flou om die strokie as bewyse te probeer lewer. Enigiemand met jou PIN kon met jou kaart betaal het.

Gelukkig is daar baie gate in julle storie en dit is nie baie slim beplan nie. Ek hoop julle vrot albei in die tronk.

JM ·

Die mensdom is SIEK!! Dié wat sulke dinge doen, vergeet dat daar ‘n dag van afrekening kom.

Niklaas ·

Soveel van ons het daardie spreekwoordelike rot geruik binne ‘n dag of twee. Die twee minnaresse was nie die slimste in hierdie verhaal nie nie. Hul verhouding was moontlik al geruime tyd op die lappe en hul raak toe seker desperaat. Dan dink hul dat hul kon wegkom met moord. En watter boervrou skiet haar rewolwer leeg in die plafon of mure instede van op die “plaasaanvallers” . Mag hul kry wat hul toekom.

Kerneels ·

Ja nee kyk, toe ek daai “crew cut” sien het ek geweet…

Casper ·

Ek het ook aan die begin vermoed Simone was betrokke.Die kos bestselling is nie noodwendig ‘n waterdigte alibi nie.Sy kon gereël het dat iemand die kos daar moet ontvang.Terwyl Smith die dead gepleeg het kon Simone die kos ontvang het en die stroke vir Smith gegee het.Hier is teenstrydighede wat eers opgeklaar moet word.Bo redelike twyfel moet deur die staat bewys word.Hoekom is Simone nou skielik soek.Daai selfoon het nooit weggeraak nie tensy Sith dit gereëlhet.Dinge raak nou warm en toe praat die getuies.

johanf ·

Op Whatsapp beplan, hoe dom……
Simpatie aan die oorledene se familie en naasbestaandes……

Hercules ·

wat gaan met die SAP se ondersoeke aan?? selfs ‘n lt-kol kan nie die werk reg doen nie, regtig swak!!

Marlene ·

Siek! Ons weet net wat ons lees, maar …
Hoekom nie net skei nie?

Casper ·

Iemand slaap.Simone het in die ander kamer geslaap saam met een van die honde toe hoor sy 5 skote maar die hond het nie die inbraak gehoor nie.Die tweede weergawe sy het TV gekyk toe sien sy ‘n skaduwee en ‘n skoot in haar man se kamer afgegaan.Sy vuur ‘n skoot op die skaduwee maar sy tref nie nie.Hoekom nie want die skaduwee was Smith.Toe sy die 5 skote gehoor het vuur sy self 7 skote af.Watse doppies is op die toneel gevind.Simone daar is ‘n mooi beskrywing vir jou soort maar as ek dit styf sal die berig nie geplaas word nie.

Onnie ·

As hulle so aanhou gaan die saak in elk geval geen water hou in die hof nie – of is dit juis die rede?

Leana ·

Het gewag dat daai waarheid gaan uitkom. Te veel het nie sin gemaak van die moord op die arme man nie.

Suzette ·

Hoekom skei die moordernares nie die man nie – nie nodig om hom te vermoor nie.

Wat op dees Aarde ·

Want sy polisse kan uitbetaal en sy kan dan moontlik miljoene kry en ‘n nuwe lewe begin in ‘n ander land.

AH ·

Pleks dat Simoné eerder besluit het om haar man lewend te verloor maak sy toe die grootste fout van haar lewe! Dit is beslis baie swak beplan en duidelik dat hulle almal se inteligensie onderskat het. Hopelik pluk hulle nou die wrang vrugte van hul walglike daad en word vir die res van hul lewens toegesluit. Die verhouding wat hulle gedryf het om te moor dryf hulle juis nou uitmekaar. Hoe dom kan party mense wees…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.