Groen lig dat bordeel gesloop kan word

‘n Kamer in die bordeel. Foto: Verskaf / Die Valke

ʼn Bordeel in Klerksdorp in Noordwes waar altesaam 60 vroue en meisies vroeër deur die Valke gered is, gaan eersdaags gesloop word.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het gesê voorbereidings om die bordeel te laat sloop is onderweg nadat die Valke ʼn hofbevel van die Noord-Gautengse hooggeregshof verkry het.

Die Valke het die hooggeregshof genader om die perseel te sloop nadat genoegsame bewyse verkry is om te bewys dat dié eiendom in Viljoenstraat in Pienaarsdorp uitsluitlik vir strafregtelike aktiwiteite gebruik is.

“Die Valke het op 16 Desember 2016 altesaam 26 vroue en kinders van verskillende dele van die land uit die bordeel gered. Die Valke het weer in 2017 ʼn klopjag by die perseel uitgevoer en altesaam 34 vroue gered,” het Rikhotso gesê.

“Tydens die klopjagte is twee Nigeriërs in hegtenis geneem vir mensehandel en die Valke het op dwelms en geld beslag gelê.”

Genl.maj. Linda Mbana, provinsiale hoof van die Valke, het Maandag die nuus dat die bordeel binnekort gesloop gaan word, verwelkom. “Ons hoop die sloping van die perseel bring nuwe hoop vir die gemeenskap van Pienaarsdorp,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

SWE ·

Hulle is sommer welkom om by Bethal Kleynhans straat 74a draai te maak. Dis walglik om dit te aanskou wat daar aan gaan. Dit lyk my dis aanvaarbaar om nou sulke goed te begin.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Hoe laat ‘n regering toe dat sulke plekke ontstaan ? Kyk wie is verantwoordelik vir dwelms mensehandel en nog meer , ons buurstate se burgers wat net eenvoudig die land binnekom en hul misdade pleeg sonder dat die regering/polisie iets daaraan doen.

Annelize ·

Dis omrede die regering van die dag mos SA se grense oopgegooi het vir elke liewe terroris, kommunis en krimineel, ongeag. Dis omrede belastingbetalende wetsgehoorsame burgers minder regte het as die misdadigers. Misdadigers mag maak en breek soos hulle wil, maar as jy ‘n vinger verroer om jou reg tot lewe en veiligheid uit te oefen, dan is JY die krimineel en die krimineel word die arme ou slagoffertjie.

Willie ·

Maklik- die SAPD draai n blinde oog, doen nie hulle werk nie… Drank offfisiere beteken niks in n gebied.. Dink net hulle is heeldag in die gebied of voorstad, jy as publiek gaan werk toe..let wel werk toe… hulle ry rond en het die mag om letterlik oral in te gaan… Maar sien niks, moet my nie vertel hulle is blind? Hulle is op die boewe se betaal staat…

Casper Labuschagne ·

Nigerieërs. Daar lê die probleem, nie by die gebou nie. Die bedryf van die Nigerieërs om vrouens van dwelms afhanklik te maak en dan as prostitute te laat werk is die kern van die probleem. My vraag is nog altyd, hoe is dit moontlik dat die plaaslike polisie siende blind is vir wat om hulle aangaan, ten minste tot die dag wat die valke betrokke raak?

Pieter ·

Die Nigeriers is besig om die land oor te vat net soos die Guptas gedoen het die verskil is een maak gebruik van korupsie en die ander van prostitusie en dwelms.Die twee speelgoed handwapens is nogal snaaks.

ontevrede leser ·

baie van die wat “gered” is, werk voltyds, vrywillig daar. polisie weet van sulke “huise” maar wil liefs niks daaraan doen nie want dis deel van hul voordele

cor ·

Nee wat NDZ het haar mos beywer vir die weg val van grense want Afrika behoort aan almal. Nou sit SA met die dwelm en prostitusie probleem van die Nigeriese koppelaars. In sommige gevalle doen die polisie niks want hulle kry omkoopgeld wat al hoeveel keer in die pers genoem is en daar word niks daaraan gedoen nie. Nou is die regering ook nog besig om die oudste beroep te wettig.

andre ·

ag vader …die mense adverteer dan openlik in die koerante…maar lyk my ons polisie mag kan nie lees nie…..o ja dit is baie van hulle se kuier plekke….

Coen ·

Andre ,die meeste saps lede kan nie lees of skryf nie dit was glo n groot skok vir die komesaris as hulle kon sou die prosteborste nie in die koerant geadverteer het nie.

CAROL ·

Die wat nie in S.A. gebore is nie – hoekom word hulle nie gedeport terug na hul eie land toe nie??? Meeste van ons crime sal beslis minder word!!

Vermeende ·

Dit is hardseer, want die word nou voorgehou as n sukses en dis hardseer want daar is duisende bordele in hierdie land.
Wette word jaarliks verskerp teenoor rook wat die staat baie geld kos vir kanker behandeling maar tog los die staat boerdele uit wat die hele populasie afhanklik maak van ARV’s wat baie meer jaarliks kos as kanker behandeling.

Amelia ·

Hoekom die plek sloop vir wat die mens daar gedoen het? Is geld so maklik beskikbaar dat iets sommer net gesloop kan word? Hoekom dit nie eerder netjies maak en die omgewing oplig met n goeie instansie nie. Bv. kinderhuis, nasorgdiens, kleuterskool, n opleidingsplek vir werk of selfs n tipe sopkombuis. Nee man, n gebou is n duur ding.

Cobus ·

Dit is baie hartseer. Dit is n bewys van n land wat se weermag en poliesiediens nie werksaam is nie. Ek weet vir n feit dat daar van die poliesie lede omkoopgeld by dwelm smouse en bordele ontvang, om maandeliks stil te bly. Lyk my net dat die ander goeie poliesie lede bang is vir die skelm poliesie lede om iets te doen of iets te se.

rtburger ·

…die publiek in rustenburg het sommer gereg oorgeneem en al die bordeel huise afgebrand.

Emaa ·

Sies!!! Om te dink hulle gebruik iemand se liggaam om geld te maak. Ons liggaam is n tempel van God.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.