Groen lig gegee vir kragtarief in Tshwane-metro

Argieffoto

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het die week die verhoogde elektrisiteitstarief wat die Tshwane-metro mag implementeer, aangekondig.

Die verhoogde tarief sluit ’n verhoging van 13,07% in op die 2018/’19-tarief vir die 2019/’20-termyn.

Die Tshwane-metro se elektrisiteitstariewe was sedert Junie in omstredenheid gehul nadat drie verskillende vaste heffings vir elektrisiteitpunte in die stad bekendgemaak is. Die aanvanklike heffing van R200 per maand vir huiseienaars sou meebring dat verbruikers met laer elektrisiteitsgebruik ʼn verhoging van meer as 40% kon verwag.

Die Tshwane-metro het in Julie aangekondig dat hy nie met die implementering van die ongeldige verhoogde tarief vir die 2019/’20-termyn sal voortgaan nie. Dit het gevolg ná volgehoue druk en ’n hofsaak wat die burgerregte-organisasie AfriForum teen die metro aanhangig gemaak het om die proses te stop.

AfriForum en die Tshwane-metro het hierna konsensus oor die tariefverhoging bereik en Nersa het openbare verhore oor die metro se aansoek om ʼn elektrisiteitstariefverhoging van 13,07% en vir die herstrukturering van sy kragtariewe in Pretoria gehou.

Nersa het op 8 Augustus die groen lig vir die tariefverhoging gegee.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, verwelkom die burgerregte-organisasie dié aankondiging.

“Ons is gelukkig met die tarief wat Nersa goedgekeur het en aanvaar dat die verhoging baie meer realisties is as die vorige voorgestelde verhoging wat die metro tydelik geïmplementeer het. Die feit dat die regte prosesse nou vóór die aankondiging gevolg is, is ook vir ons positief.”

Grobbelaar voeg by dat AfriForum die uitslag van die begin af op die tafel geplaas het en die organisasie is bly dat daar aan die gemeenskap se insette gehoor gegee word.

“AfriForum het van die begin af voorgestel dat slegs ’n 13,07%-verhoging op die 2018/’19-tarief geïmplementeer word, waarna ’n struktuurverandering vir die 2020/’21 finansiële jaar goedgekeur word. AfriForum sal ook aan daardie proses deelneem en seker maak dat die inwoners van Pretoria se stem gehoor word.”

Nersa se besluit beteken nou dat geen basiese heffing vir die huidige boekjaar op elektrisiteitsverbruikers van toepassing gemaak sal word nie.

Inwoners wat koopkragmeters het, sal met bykomende eenhede deur die metro vergoed word vir die verhoogde tarief wat hulle tot dusver vir eenhede betaal het.

Inwoners wat koopkragmeters het en die verhoogde tarief betaal het, kan ook hierdie skakel volg om ’n dispuut met die metro te verklaar sodat hulle vergoed word vir die koste wat aangegaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

John ·

Waarom verskil die kragtariewe in die land so baie? Party plekke, bv in Bloemfontein, betaal mense glo meer omdat dit daar kouer in die winter is as elders. Gaan hulle in die somers minder betaal omdat dit warmer is? 13.05% is nie grappies nie. Indien werkers nou soveel verhoging eis, moet die munisipaliteit nie weer hande-in-die-lug gooi nie (Oppas vir aardverwarming.). Ons gaan sekerlik nou oupie Mogabe se kragrekening skoon maak en die nuwe tarriewe betaal want, aai, die oudste het sy land so mooi opgebou tot… niks. Wat van Mosambiek, Mandela se weduwee se moederland? Sorg ons ook vir hulle? En vir Swaziland en vir Lesotho en vir ons koning in Zoeloeland en sy onderdane en vir die 47 000 Eskom-werkers se kragtariewe en bonusse-vir-droogmaak-op-grootskaal?

Hans ·

Ons getroue belastingbetalers gaan weereens betaal vir al die mense wat “gratis” krag en ander dienste ontvang. Dan sal ‘n deel gebruik word om die verwoesters/ bemorsers ens se bonusse en verhoogde salarisse te betaal.

Joe Olivier ·

En net om dankie te sê dat ek “recycle” en my asblik nou halfvol is verhoog Tshwane my koste om die asblik leeg te maak vanaf verlede maand met 112%. Dankie Tshwane,

Zoom Zoom ·

Nou kan my DA wykslid sekerlik weer smile oor Sy 18% verhoging en seal dienslewering

Johanna Botha ·

Wel Centurion vak letterlik uitmekaar …vuil , onveilig , sluipslapers oral lands die Hennops , revier stink , straatligte brand 24/7 !

George in Bloem. ·

Die groen lig wat ons almal eintlik nodig het,is die een om die duisende onbevoegde onnodige “werkers” wat Eksdom het te fire,en die res se salarisse met ten minste 10% te sny en al hierdie belaglike bonusse te staak. DAN sal die res van ons weer bietjie kan asemhaal. Maar nou ja,mens mag seker maar bietjie droom ook ne?

Kallie ·

Pretoria val uitmekaar. Afriforum moet ‘n nuwe ankerdorp identifiseer.

sweis ·

Die Moot veral Rietfontein lyk soos n vullishoop, onwettige advertensies word aan die bome vasgespyker ,sypaadjies word op elke hoek met boomstompe toegegooi deur die “tree fellers” en niemand weet of die DA raadslid nog bestaan nie want daar is geen optrede van die metro nie.Ek dink ons moet met die volgende munisipale verkiesing die VF+ n kans gee want waaragtig dit kan nie slegter gaan nie.

Gert van Wierdapark ·

Die Pretoria wat ons geken het, bestaan mos al lank nie meer nie! Tshwane is die plek waar daar so gesukkel word! Die nuwe krag-geldjies sal seker moet help betaal vir die DA se foutjie met die 18% pasella verhogingtjie, wat die Tshwane Raad glo met die protesteerders se beware, R300 miljoen uit die sak GEJAAG het. PLUS die R500 miljoen wat met die week-langeprotes/stakings verlore gegaan het, aldus die Raad se woordvoerder. So R800 miljoen later en die belasting-betalers byt maar weer die spit af!!!Eish! M/Media MOET asb ook die storie van die voormalige Stadsbestuurder se GOUE hand-(geld)-rukkie (R7 miljoen?) opvolg. Skynbaar wou die ANC dit nie goedkeur nie, maar dis deurgedruk!??

SjN ·

Trek Soweto toe, alles is daar verniet soos belowe met verkiesing werwings vroeër na 1994

Pieter ·

Stem saam ons begin maak soos hulle betaal vir niks die land is om van op te gooi

Sonja ·

Gister oggend sit ek in die motor in East Lynn terwyl my man gou staal pryse kry en kyk die strate, vuil en vullis oral en dan betaal ek n bedrag maandeliks op my rekening om strate skoon te hou, ek verstaan dit net nie?

Danie ·

Om nie eers te praat van die alewige “adjustment” op die rekening nie. En om te probeer uitvind waarvoor dit is. Is n onbegaane taak. Ons word geboelie

anton ·

Ek is so moeg vir die korrupsie, swak bestuur en diefstal van die belasting betalers se geld dat ek dit nie kan oorvertel nie!!!

Maljan ·

Dit is wragtig belaglik hoe die minderheid moet … En betaal om die freeloaders te akkomodeer. As politieke partye gratis wil uitdeel, moet die anc self betaal nie van verbruikers verwag om te subsidieer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.