Groen lig vir bekostigbare behuising naby V&A Waterfront

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap (Foto: ANA)

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het Dinsdag gesê sy verwelkom die groen lig vir bekostigbare behuising naby die V&A Waterfront in Kaapstad.

Dit volg ná hersoneringsgoedkeuring bekom is deur die provinsiale regering om bekostigbare behuising te ontwikkel op een van Suid-Afrika se waardevolste staatseiendom, die Somerset-distrik in die middestad.

“Die Stad Kaapstad se beplanningstribunaal het vandag die provinsie se aansoek goedgekeur,” het Zille in ʼn verklaring gesê. “Die plan is om meer as 300 bekostigbare behuisingseenhede op die Helen Bowden-tehuisperseel te ontwikkel. Dit is nog net die begin. Ons is ook van plan om bekostigbare behuising op die res van die distrik beskikbaar te maak. Dit was al van dag een af ons doelwit. Hierdie goedkeuring gee ons magtiging om dit te doen.”

Sy verwelkom ook die feit dat die tribunaal ʼn voorwaarde aanbeveel het dat die provinsie moet oorweeg om die getal residensiële eenhede te verhoog asook die getal maatskaplike behuisingsgeleenthede wat in elke fase behaal kan word. Volgens haar baan die provinsiale regering die weg vir die “Better Living Model”, wat bekostigbare behuising op ʼn groot skaal beskikbaar maak deur kruissubsidiëring. “Die provinsie is van voornemens om hierdie model by die Somerset-distrik toe te pas.”

Die Belhar-middestadontwikkeling is ook reeds in sy tweede fase.

“Ons bly besorg oor die onwettige besetting van Helen Bowden-tehuis. Dit bly ʼn bedreiging vir ons vermoë om met bekostigbare behuising voort te gaan,” het Zille bygevoeg. Sy het gesê onwettige bedrywighede by die perseel is ook baie kommerwekkend. Na bewering hou dit verband met bakleiery oor toegang deur faksies van die onwettige besetters.

Marcellino Martin, woordvoerder van die premier, het gesê sy het die provinsiale polisiekommissaris skriftelik versoek dat die bewerings dringend ondersoek word.

“Hopelik sal hulle seker maak dat die onwettige besetting nou vinnig tot ʼn einde kom en dat hulle alles in hul vermoë sal doen om verdere geweld te voorkom,” het Zille gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

John ·

Om tussen bestaande strukture gehuggies te bou trek bloot die waarde van die eiendomme af en skep die moontlikheid vir meer sulke eise. Later gaan stukkies grond en parke hersoneer word vir elkeen wat naby ‘n winkelsentrum of werk wil bly. Brazil is ‘n voorbeeld van die pad waarop ons nou beweeg. Oor 30 jaar al SA se bevolking na raming dubbel soveel wees tensy iets voorval en met die regering wat bederf sy wagwoord maak sal verval toeneem. Die huidige ANC se skynbaar sosialistiese bestuurswyse gaan die bevolking eerder laat verdriedubbel… en die land tot nesstatus verhef. Sodra nuwelingboere eienaarskap kry sal baie dorpies opspring weens erfvorming vir inkomste eerder as te boer wat uitlanders in duisende sal laat instroom en plak. Dorpstigting sal daagliks plaasvind… Hieha!

LB S ·

Shoe, soos jy dit stel is dit my grootste nagmerrie wat waar kom. Baie realisties ook.

Potlood ·

Hulle doen hierdie klaar hier in Pta en van daar af het ons nou al ook sker 5 tv stelle ook “geskenk”… Nie gepraat van die ander violent crime nie…
Ek vertaan net nie hierdie mense se manier van dink nie… Hulle WIL he mense moet meng en tog werk die lewe NERENS so nie.

Amanda ·

Nee maar hopelik het teen April het hulle goed gevorder! Sal amazing wees vir huishulpvroue wat hierdie aaklike treine moet waag om by die werk kan kom .

Margaret Matthew ·

That’s wonderful news! Now people who work in the area won’t have to commute from Khayelitsha etc. I hope that a lot of it is on the Gap Housing model where people with a monthly income between R3500 and R20000 can be assisted to buy a unit. People are more passionate about looking after property they own. Hopefully Tafelberg School site in Sea Point and Woodstock Hospital will soon follow.

Ruby ·

Nou weet ek waarheen om NIE te gaan nie.

Misdaad gaan hoogty vier.

Groenie ·

ONWETTIG! Ek was nog altyd onder die indruk dat die polisie teen enigiets wat onwettig is moet optree – sonder om eers beveel te word om dit te doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.