Groen lig vir bevorderings in die SAPD

Dirk Groenewald, Renate Barnard, Dirk Hermann en Johan Kruger wat namens die Solidariteit-lede in die hof baklei het (Foto: Solidariteit)

Dirk Groenewald, Renate Barnard, Dirk Hermann en Johan Kruger wat namens die Solidariteit-lede in die hof baklei het (Foto: Solidariteit)

Solidariteit en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Vrydag ʼn geskiedkundige skikking bereik wat die bevordering van meer as 3 000 lede in die SAPD direk beïnvloed.

Die SAPD het ingevolge die skikking toegegee dat sy huidige regstellendeaksieplan gewysig moet word na aanleiding van die onlangse konstitusionele hofuitspraak in die vakbond se saak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD).

Dit volg nadat Solidariteit gedurende April 2016 ʼn dringende interdik in die arbeidshof bekom het om die bevordering van die 3 000 SAPD-lede te stuit totdat die konstitusionele hof uitspraak gelewer het oor die regmatigheid van die DKD se regstellendeaksieplan.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, bepaal die skikking voorts dat Solidariteit se meer as 30 individuele regstellendeaksiesake teen die SAPD ondersoek sal word met die oog op ʼn moontlike skikking.

“Die skikking is vir Solidariteit en sy lede ʼn yslike stap vorentoe aangesien dit ons lede, en ander lede van minderheidsgroepe, nou meer geleentheid bied om bevorder te word as wat die geval sou wees indien die teikens van die SAPD se huidige regstelplan as maatstaf vir die toekenning van bevorderings sou gedien het,” het Hermann gesê.

Die arbeidshof het reeds vroeër vanjaar bevind dat die SAPD se vorige regstelplan (2010-2014) onwettig en ongeldig is omdat dit kwotas daarstel. Volgens Hermann sou die huidige bevorderings aan die hand van ʼn soortgelyke plan geskied het.

“Dit was vir ons van kritieke belang om bevorderings wat geskoei is op ’n soortgelyke plan as die een wat reeds ongeldig verklaar is, te stuit totdat ʼn meer regverdige proses beding kon word. Die skikking ontneem ons egter nie van die reg om steeds dispute namens individue, wat gedurende die bevorderings onregverdig behandel is, aanhangig te maak nie,” het Hermann bygevoeg.

Kragtens die skikking sal meer as 300 individuele griewe oor niebevordering van Solidariteit-lede aan die hand van die vorige onwettige regstelplan ook nou hanteer word met die doel om ʼn moontlike skikking te bereik.

Ingevolge die skikking het die SAPD voorts onderneem om Solidariteit se kommentaar oor die huidige plan en voorstelle vir die wysiging daarvan in ag te neem wanneer die plan gewysig word. “Ons word ook as rolspeler in die implementering en monitering van die plan erken,” het Hermann afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anti DA ·

Soos die gewoonte en norm nou al is sê ons weereens dankie Afriforum/Solidariteit vir die feit dat julle alle rasse en geslag se regte beskerm en bevorder.

Johann Marx ·

Is dit nie tragies hoe alles in die Nuwe Suid Afrika gepaard gaan met diskriminasie, rassisme, beledigings, hofsaak op hofsaak op hofsaak, kommissies van ondersoek, agterdog, nepotisme, blatante verkragting van menseregte en swak besluitneming nie? Die Konstitusionele Hof het nou verander in ‘n “appél hof”….want dit voel omtrent of elke tweede hofsaak WEER getoets moet word in die Konstitusionele Hof….selfs al is dit duidelik dat die eerste beslissing korrek en wetlik korrek is. Hoekom het dit so verander?

Cherokee ·

Wat hier ‘n skikking genoem word laat dit klink na ‘n soort van vrywillge toegewing wat dit absoluut nie is nie. Die SAPD het dit gedwonge toegegee. Indien Solidariteit ‘n politieke party sou stig sal die liberale Afrikaanssprekendes steeds DA stem (deur die geskiedenis was hulle altyd daar) maar Solidariteit sal ‘n wenner wees met die stem van minderheidsgroepe.

ek weet ·

is julle in virn surprise! solidarity doen net groot medieval dekking sake

Bekommerd ·

Stem 100% saam met Johann Marx.Dankie Agriforum /Solidariteit.

Werner ·

Wat beteken dit nou vir iemand soos ek wat al 18 jaar in n rang sit met Unisa BA graad!?

Gert ·

Daarom is my stem by VF+ Jammer dat soveel blankes gaan stem vir die mindere slegte party om die slegste een te probeer pak gee maar nie dink dat hulle stem by i kleinere party ons nog krag gee in die parlement om te keer dat daar sommer net enige wet links en regs teen ons gemaak kan word nie.

Ronell Terblanche ·

Ek vra ook wat beteken dit vir enige lid wat so lank in een rang moet bly.

JD ·

Die skade is alreeds aangerig en lede is nie meer lojaal teenoor n werkgewer wat hul om elke hoek en draai verneder en misbruik nie. Bevorderings is net n enkele punt van n ysberg van misnoe en lae moraal wat staatsamptenare grief elke dag! En my groot vraag bly steeds wat gaan verander en hoe gaan die lede wat so lank moes kyk hoe poste gevul is deer jong junior lede sonder enige ondervinding omdat hulle vriende , familie of tradisionele stand in die werksplek hul toekoms help bou het? Ons wat jare ons lewe, gesinne, veiligheid en kennis opgeoffer het vir die moontlikheid van n beter toekoms word na al die bohaai nogsteeds nie raak gesien of bevorder nie! En solank die proses nie heeltemal deursigtig en onafhanklik is nie sal julle niks verander nie!!!

Izzy ·

Opregte dank aan Solidariteit vir al julle ure en harde werk wat julle insit om elkeen van ons te help.

zahn ·

En dan is die persepsie nog steeds daar dat dit ‘n instansie is wat net vir die blankes se behoud werk. Die DKD saak het die teendeel bewys, en ek voel Solidariteit moet dit uitbasuin, hulle verdien die volle erkenning vir wat hulle doen. Dankie manne en dames, julle gee ons klein outjies hoop.

Ahooy ·

Daan, SAPU bestaan nog. Hulle beteken absoluut NIKS vir polisiemanne nie. Sal graag wil weet wat met al die geld gebeur wat deur lede betaal word. Wonder wat die salarisse van bestuurslede is. Ons word mos Demokraties verplig om aan n vakbond te behoort!!!! Het al verskeie sake na hulle verwys vir hulp – nie eers n antwoord gekry nie. Patetiese vakbond!!

J ·

My man is al 30 jaar in SAPS. Daarvan is hy al 22 jaar ‘n Kaptein. Elke dag word hy net meer en meer pligte gegee en moet hy ander mense wat in hoër posisies help want hulle weet nie wat hulle doen nie of stel nie eers belang om hulle eie werk te doen nie! Ongelukkig sal bogenoemde saak hom niks help nie.

m ·

Mooi so Solidariteit. Baie mense gaan julle ewig dankbaar wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.