Groen lig vir Delmas-water

water-kraan

Foto: Pixabay.com

AfriForum het vandeesweek Delmas se watergehalte as deel van die burgerregtewaghond se nasionale blou-en-groendruppelprojek getoets. Daar is bevind dat die drink- en rioolwater skoon is.

“Ons kon vasstel dat Delmas se drink- en rioolwater geen swaarmetale bevat nie, en dat bakterievlakke aan gestelde standaarde voldoen. AfriForum gaan egter die watergehalte deurlopend toets om te verseker dat inwoners van Delmas se grondwetlike reg op skoon drinkwater te alle tye beskerm word,” het Carel Botha, voorsitter van AfriForum se Delmas-tak, gesê.

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater (bloudruppel) en behandelde rioolwater (groendruppel) gelewer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Vra net. ·

Wil hulle nie tog maar Witbank se water ook gaan toets nie
Ons betaal ten duurste vir water

Boontjie ·

Ek vind dit moeilik om te glo met die stank wat so erg in die lug hang jy proe sommer die riool.

Johannes van Staden ·

Toets groot asb die Hennopsrevier …die reuk is ondraaglik en dit kannie goed wees nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.