Groen lig vir duurder elektrisiteit in Nelson Mandelabaai

Argieffoto: GCIS

Eskom het die groen lig gekry om prysaanpassings te maak teen ʼn aantal privaat maatskappye binne die Nelson Mandelabaai metropolitaanse munisipaliteit.

Dit kom nadat die konstitusionele hof Dinsdag ʼn aansoek deur Borbet SA en ander van die hand gewys het toe hulle aansoek gedoen het om verlof tot appèl teen die besluit van die hoogste hof van appèl wat Nersa se besluit, om Eskom se aansoek goed te keur vir ʼn tariefwysiging, te bevestig.

Die konstitusionele hof het Borbet se aansoek verwerp op grond daarvan dat die aansoek “geen vooruitsig van sukses het nie”.

Ondernemings het die konstitusionele hof verlede maand genader in die saak wat dateer uit 2013 vir aansoek om verlof tot appèl teen die besluit van die hoogste hof van appèl om verhogings wat deur Nersa goedgekeur is, te bevestig.

Die hooggeregshof het in Februarie vanjaar beslis dat Eskom se wysigings “irrasioneel, onregverdig en onwettig” is.

Nersa het die tariefverhoging beperk tot 2.2%. Nersa en Eskom het daarna die hoogste hof van appèl genader en die uitspraak van die hooggeregshof gedaag.

Nersa het in Maart verlede jaar ʼn bykomende 1.4% elektrisiteitsverhoging goedgekeur, bo en behalwe ʼn vorige 8%-verhoging wat Eskom van sy kliënte kan verhaal vir die 2013/2014-boekjaar.

Die hoogste hof van appèl het bevestig dat die verhogings alle Suid-Afrikaners raak, en dat die sakewêreld en huishoudings hierdeur geraak word. Daar is dus ʼn statutêre raamwerk om regverdigheid te verseker sodat die tariefverhogings ruimte skep vir die elektrisiteitsinfrastruktuur om volhoubaar te bly, terwyl daar seker gemaak word dat verbruikers nie onregmatig hieronder ly nie.

Eskom sal hiervolgens in die finansiële jaar 1 April 2016 tot 31 Maart 2017 ʼn algehele verhoging van 9.4% kon instel vir sy verbruikers.

Dinsdag se uitspraak in die konstitusionele hof beteken dat die uitspraak van die hoogste hof van appèl die finale besluit is wat betref die oorspronklike aansoek deur Borbet om Nersa se besluit van 1 Maart 2016 te hersien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

Die biljoene rande wat gesteel is wat nou al uitgekom word dit net vergeet en die mense moet betaal daarvoor
Dis hkm alles stelselmatig af gebrand word want die ANC weier om te luister
Solank hulle en hulle kaders ryk word kan die land vegaan

Ester ·

Due arme boere wat nog probeer om te besproei!!!! Die melkboere !! Wat gaan nog gedoen word om hulle van plase af te kry! ! Moorde, diefstal van vee en nou wil hulle dit ekonomies onmoontlik maak.
In die stede is dit net so erg, afgesien daarvan die rekenings ñ grap is. Verlede maand was ons rekening R250, 545. 15 , nou gaan dit seker verdubbel.

Nico ·

Ag baie dankie kyk nou die bonusse wat die groot koppe gaan kry wat n vroeer kersgeskenk is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.