Groen lig vir Eskom om nóg hernubare energie aan te koop

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings (Foto: ANA)

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het aan Eskom goedkeuring gegee om bykomende hernubare energie aan te koop van onafhanklike kragvoorsieners.

“Die krag-aankoop-ooreenkomste (PPA’s) is noodsaaklik vir die implementering van die nasionale energiebeleid volgens die Geïntegreerde Hulpbronplan van 2010,” het Brown in ʼn verklaring gesê.

Eskom het in Januarie aansoek gedoen by Brown om bykomende energie aan te koop. Brown het die aansoek Vrydag goedgekeur.

“Suid-Afrikaners kan trots wees op die vordering wat die land maak deur hernubare energie by te voeg. Daar is risiko’s vir Eskom se finansiële en operasionele stabiliteit in die medium termyn, en dit moet so veel as moontlik verlig word. Ons is toegewyd om ons koolstofvoetspoor te verminder.”

Sy het Eskom versoek om vinnig te werk te gaan om die besluit te implementeer en verdere vertragings te voorkom. “Ek het die minister van energie en van finansies skriftelik versoek dat ons ʼn gesprek moet hê hoe om Eskom se werklike kommer aan te roer deur ʼn hersiening van die regering se ondersteuningsraamwerk-ooreenkoms.”

Sy het gesê wysigings aan die Wet op Nasionale Energieregulasie stel Eskom en die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) in staat om doeltreffend kwessies rondom tariewe op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Basjan ·

‘n Groen lig vir die kaders om hul sakke wéér vol korrupsie-geld te te stop.

Cvh ·

Ja hoekom het sy so lank gevat om dit goed the keur? Daar is al jare mense gereed om te voorsien? Seker eers gewag dat Guptas hulself hier in wurm……..

jaco ·

hullle sal dit net aankoop van hernubare kragvoorsieners met die “regte” BEE en die “regte” regstellende aksie “credentials”.
Selfs die DA moet hierdie maatreels volg. Dis onlangs in die Kaap bewys toe die DA beheerde stadsraad ‘n groot seewaterontsoutingsplan wat nogal goedkoop sou wees en AL kaapstad se waterprobleme sou oplos, summier afgekeur het omdat die maatskappy wat die plan voorgestel het, se BEE en regstellende aksie nie reg is nie.
As die wit mense moet swaarkry met krag-en waterprobleme as gevolg van hierdie BEE vereistes, is dit seker maar ok; dis seker maar ons straf vir apartheid, maar wat ek nie kan verstaan nie, is dat die rasgenote van die ANC ook moet swaarkry. gee hulle dan so min vir hulle eie mense om?

PJC ·

Sy bak nou mooi broodjies maar baie van die verkeerde dinge by Escom het met haar medewete geskied.

Luister ·

Kan nie wag dat die klomp treurige ministers; hopelik, afgedank word wanner Zuma waai nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.