Groen lig vir nuwe lodge in wildtuin

Foto: Skermskoot/Google Maps

Foto: Skermskoot/Google Maps

Die bou van ʼn nuwe luukse lodge met 240 beddens in die Krugerwildtuin is finaal goedgekeur.

SANParke het gesê die lodge sal gebou word om in die toenemende vraag van opkomende markte te voorsien en dat die departement van omgewingsake finaal die jawoord gegee het. “Ons is tevrede met die omgewingsimpakstudie en die proses wat van die begin daarvan tot die einde gevolg is,” het Glenn Phillips, bestuurshoof van die wildtuin, gesê.

Phillips het gesê al die toepaslike omgewingsondersoeke is onafhanklik gedoen en bevestig die ekologiese haalbaarheid van die ontwikkeling. “Die impak daarvan sal beslis baie minder wees as die uitgestrekte stede van Skukuza en Satara. Die algehele ontwikkelingsvoetspoor in die wildtuin is steeds minder as 4%. Dit beteken die wildtuin het die kleinste ontwikkelingsvoetspoor van alle nasionale parke in die wêreld.”

Volgens Phillips sal die nuwe lodge fokus op toeriste wat bedien wil word aangesien selfsorgeenhede volop in die wildtuin is. “Die lodge sal op die grens van die wildtuin naby die Malelane-hek opgerig word. Die ligging van die lodge beteken dit sal 24 uur per dag toeganklik wees en skakel ongewenste risiko’s uit.”

Phillips het gesê die lodge gaan nie ’n hoë gebou wees nie, maar ʼn “ontwikkeling wat in ooreenstemming is met die kenmerkende SANParke-omgewingsatmosfeer wat die omgewing aanvul”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Connie ·

Is die Guptas dalk weer betrokke? Eish dis erg om so wantrouig te wees.

Liza ·

Alles goed en wel, werkskepping, hopelik vir die plaaslike gemeenskap…. Dit lyk tans baie sleg in dele van KNP as gevolg van die droogte, bid elke dag vir reen….

ISSABELLA ·

Wildtuin nou al so duur is dit gefokus op buitelandse toeriste kan nnie glo dat chalet van 5 al oor R2000 per dag is in Berg en Dal gedurende Julie nie ons pragtige wildtuin word so duur sal ons plaaslikes dit kan bekostig in toekoms hoekom maak ons land nie so oorsese lande nie plaaslike het ander tarief as toeriste

Johan 2 ·

Totsiens wildtuin…sal moet vertoë rig (nie dat hul sal luister nie).

Christien ·

Die oprigting van ‘n oord gaan definitief in die behoefte voorsien en is ‘n wonderlike geleentheid vir werkskepping in die omgewing in alle opsigte. Dit gaan duur verblyf wees maar die buitelandse toeriste kan dit bekostig. Die plasing vd oord is ook goed aan die buitenste grens vd park, minder impak agv verkeer na binne. Sal goed wees vd safari besigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.