Groen lig vir SOE om SAUK te ondersoek

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Pres. Jacob Zuma het die groen lig gegee vir die Spesiale Ondersoekeenheid (SO) om enige wangedrag by die SAUK te ondersoek, het sy kantoor Vrydag gesê.

Dit gee aan die SOE die magtiging om onreëlmatighede en misdrywe te ondersoek wat verband hou met die aanskaffing van “goedere, werk of dienste namens die SAUK van verskeie maatskappye of diensverskaffers en enige betaling wat gedoen is wat onregverdig, nie deursigtig, nie mededingend of kostedoeltreffend was nie”.

Die SO kan ook personeel ondersoek wat nie belange bekend gemaak het in maatskappye, wat dienste verskaf het aan die SAUK, nie.

Ernstige wanadministrasie, onwettige gedrag deur raadslede en werknemers, onwettige spandering en nalatige verliese van openbare geld sal ook onder die soeklig kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lida ·

Almal en alles word alewig ondersoek. Almal is skuldig word nie vervolg nie en stap as miljoeners by die deur uit. Wat n siek klug is dit nie.

Alida ·

Mens hoor nooit van die skuldig bevinding en die straf wat daarmee saamgaan nie. Hulle word net na n ander dept toe geskuif. SIEK SIEK.

Veritas ·

Werkskepping op sy beste . Amper almal baat daarby. Die oneerlike ou steel sy geld, die SOE’S word betaal vir die ondersoeke wat hulle moet doen. Die polisie, aanklaers en howe word besig gehou sodat hulle nie tyd mors met beuselagtighede soos plaasmoorde en verkeersoortredings nie. Joernaliste kry iets om oor te skryf, die opposisiepartye kry iets om oor te raas en die aandag word afgelei van die regering se onbevoegdheid. Daarby word meer geld in omloop geplaas en die ekonomie kry ‘n hupstoot. Op die einde verloor net die belastingbetaler maar dit maak mos nie eintlik saak nie want hy is maar te dankbaar om ‘n werk te kan hê.

Johanna Botha ·

Die een ondersoek na die ander en wat help dit tog….dit kos net geld en daar is GEEN gevolge ! Kyk maar oor die jare dit was nog net skande op skande en ondersoek na ondersoek. Hoe kan n skelm n ander skelm ondersoek vra ek jou. Oplossing is om kundige eerbare mense te kry wat WIL werk …bevrees dit is te veel gevra vir SA mense wat baie eerder strike en dwarstrek met hulle eie persoonlike agenda. Gevolg is ek betaal nie my lesensie nie en klaar

Jacques Venter ·

Stem heelhartig met almal hierbo saam.

Groot vraag. Hoekom nou eers ondersoek?

Waars die staatskaping ondersoek?

Johann Marx ·

Goed so. Hierdie behoort dan nou ook die deur oop te maak vir soortgelyke ondersoeke by Telkom, SAA, Eskom. PetroSA, Prasa, Sanral……en elke ander entiteit wat gekoppel kan word aan die staatskapers.

Tienie ·

Wanneer stel hulle ‘n ondersoek span saam om al sy dinge te ondersoek?

Hettie ·

Staan Hlaudi Motsoeneng aan die hoof van die ondersoekspan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.