Groen Skerpioene tree op oor bloed, riool in Nylrivier

Die foto wys hoe bloed van die abattoir af in die rivier in vloei. Foto: Facebook

Die Groen Skerpioene gaan erge besoedeling van die Nylrivier deur onder meer riool-inlating, en bloed en fetusse afkomstig van die munisipale abattoir op Modimolle (Nylstroom), as ʼn prioriteit ondersoek.

Die VF Plus het gesê dit volg skaars ʼn week ná die party ʼn klag by die Groen Skerpioene ingedien het.

“Die ondersoekbeampte van die Groen Skerpioene in dié saak, Yolanda Meissenheimer, het aan die VF Plus gesê sy het ook opdrag gegee dat die abattoir summier enige verdere storting van bloed of afval in die rivier moet stopsit,” het Marcelle Maritz, provinsiale leier van die VF Plus in Limpopo, in ʼn verklaring gesê.

Die party sal Maandag die situasie by die abattoir monitor om seker te maak daar word gehoor gegee aan die Groen Skerpioene se opdrag.

“Die aangeleentheid het Vrydag ʼn wrang nadraai gekry deurdat die DA, ʼn koalisievennoot van die VF Plus in die Modimolle-Mookgopong- plaaslike munisipaliteit (onder die Waterberg-distriksmunisipaliteit) deur ʼn opportunistiese verklaring in die media die indruk probeer wek het dat die DA self die klag ingedien het. Die VF Plus is teleurgesteld in hierdie onetiese optrede van die DA en sal die saak gewis met dié party opneem. Dit is onverantwoordelik om wrywing te veroorsaak in ʼn koalisie wat goed saamwerk tot die voordeel van al die gebied se inwoners.”

Maritz het bygevoeg die VF Plus wil die Groen Skerpioene bedank vir hul vinnige optrede. “Dit dien as bewys dat die VF Plus optree en terugslaan om munisipaliteite tot verantwoording te roep.

“Die huidige situasie is onaanvaarbaar en skep ʼn daadwerklike gesondheidsrisiko vir mens en dier. Dit is ook ʼn blatante oortreding van die Nasionale Waterwet en verskeie ander omgewingswette.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Arina ·

Dankie VF+, tipies DA probeer kort voor die verkiesing die VF se deurlopende konstruktiewe kaap as hul eie. Hul het bewys hul kan nie regeer nie , soos in Pta Noord waar ons sukkel met slaggate vir maande, water wat uit gebarste pyoe stroom en verkeerde rekeninge en patetieses onbevoegde amptenare in diens , en alles net Engels. Die DA raadslid praar maar doen niks self konstuktief nie, sorg dat DA lid met tafeltjie sit naby stem lokaal en almalnoortuig om DA te stem. Wat van beskerming van minderheidsregte, Swartekonomiese bemagtiging, en aanstel vannonbevoegdes solank hul net die regte kleur is al is hul buitelanders. Nee wat DA verloor my stem,

Afrikaan ·

Dis raak tog duidelik watter party enige regdenkende mens se stem moet en beslis ook wie nie.

Cornelia ·

Dankie VF+ Die inisiatief en erns waarmee u die ramp onder die publiek se aandag gebring het en die nodige ingrypende stappe van stapel gestuur het, het nie by ons verbygegaan nie. Mag u ander rolspelers oorhaal om met dieselfde ingesteldheid hul gesag en kennis aan te bied om die gang van “bloedige” ongeërgdheid te stuit.

Frik Lotz ·

Goed gedoen VF Plus! Enigste party wat werklik mense se belange op die hart dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.