Groenkloof-aanval: Twee vas

Taschia het die foto na die aanval op Facebook gedeel.

Taschia het die foto na die aanval op Facebook gedeel.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die naweek se aanval op twee vroue in die Groenkloof-natuurreservaat in Pretoria.

Die Tshwane-metropolisie het in ʼn verklaring gesê een verdagte is Saterdag in hegtenis geneem, kort nadat die twee vroue in die reservaat aangeval is. “Reservaatpersoneel op patrollie het die vroue se hulpkrete gehoor en het die aanvallers agternagesit.”

Taschia Slabbert en haar ma, Melissa, is omstreeks 08:00 aangeval en van ʼn kamera, selfone en hul skoene beroof. Hulle is ook erg aangerand. Volgens die verklaring is die verdagte in ʼn informele nedersetting naby die reservaat in hegtenis geneem. “Die vroue het hom positief geïdentifiseer en hy word van gewapende roof aangekla.” Die tweede verdagte is Sondag in hegtenis geneem.

“Dit is jammer dat ons pragtige reservaat berug is vir gewelddadige aanvalle op stappers. Die reservaat se bestuur het aan die begin van die jaar veiligheid opgeskerp en metropolisiebeamptes is ook ontplooi.”

Volgens die verklaring sal ʼn hoëvlak veiligheidsvergadering op 10 Mei gehou word wat spesifiek sal fokus op die reservaat se uitdagings. Intussen sal nog metropolisiebeamptes in die gebied rondom die reservaat ontplooi word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

lynette ·

Die plek is gereeld in die nuus oor die aanvalle. Waarom sal mense dus steeds daar gaan stap? Veral twee dames alleen?

Willie ·

Wiskunde- plakkers + onwettige nedersetting = misdaat. Hierdie lae bekostigbare behuising van die raad, onder bome, bosse en plasiek werk nie… Bitter sleg dat niemand meer veilig is, in enige plek… Net dankbaar hulle is nie verkarg nie….

Hendrik ·

Plakkerskamp – groot getalle wat registreer vir komende verkiesing > teenoor huidige inwoners van morelatta – min getalle wat geregistreer is vir komende verkiesing = Stem gaan vir daardie wyk na die meerderheid. Meerderheid word verteenwoordig deur EFF. Lekker demokrasie vir die belastingbetalers.

Willie ·

Wiskunde- plakkers=misdaat. Net bly hulle is nie verkrag nie…..

Xa ·

Dra ten minste pepper spray as julle gaan stap, draf, veral as dit naby oop stukke veld, bos, verlate areas ens is, anders is moord julle voorland in die wanfunksionele land.

neelsie ·

Waarom dames nie die gevare besef nie is vir my duister.
Stig n stapklub en beweeg in groepe.
Die owerhede is nie in staat om ons te beskerm nie ,… so doen dit self!!

cr ·

Dis alles die regering se skuld wat die doodstraf weggevat om sodoende hulleself te beskerm. Bring asb. die doodstraf terug!

Kas Smit ·

Ek bly nie meer in Pretoria nie, maar dit lyk my dit moet die ou Austen Roberts voelpark wees. Hoe kom ‘n “informele nedersetting” in so ‘n area tot stand?

Niel ·

Dit is nie die Austin Roberts voëlpark nie, die reservaat is tussen die fonteine sirkel en Monumentpark

hans brits ·

Dis tyd dat daar n referendum vir die doodstraf moet plaasvind.Sal nuuskierig wees om te sien wat die uitslag is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.